Music & Lyrics


(Hierdie post is eintlik vir Freddy homself. Then again: is daar enige skrywer wat nie vir homself skryf nie?)

Van al die Drew Barrymore-rolle, hou ek slegs van haar rol wat sy in ET gespeel het. Dis die enigste ene waarvan ek weet dat sy nie praat asof ‘n beechie aan haar verhemelte vassit nie, en sy word nie so erg histeries en handgebaar-gemeen nie.

Ek kan nou nie juis dieselfde vertel van Hugh Grant nie. Hy het immers nie in ET gespeel nie.

Maar nou, ‘n paar weke sedert ek hierdie fliek gesien het (en myself slap gelag het vir Pet Shop Boys en Wham! wat ek in die gespot herken), raak ek verbouereerd oor die fliek.

Want daardie gesukkel van Alex Fletcher ego in my eie dagboek.

Hy was ‘n hit op sy tyd. Jy sien kort-kort skares juig by sy optredes, maar dis klein groepies mense wat maar net vaskleef aan wat verby is. Dan kry hy die geleentheid om ‘n lied te skryf en saam te sing met ‘n pop-diva’tjie. Sy is die hit van die oomblik, en maak orgasmiese musiek (no pun intended, dit verwys eksplisiet slegs na seks). Alex Fletcher (aldus Jessica met selle van) het nou egter ‘n raaisel om op te los: Hoe maak jy ‘n nuwe hit met jou eie “tradisie”, maar dit val in die smaak van die Popmeisie van die Oomblik?

Want sien, ek het ook ‘n jubelende skare voor my. Maar daar is ‘n gap tussen hierdie skare en die res van die “huidige wereld”. Alex Fletcher het besef sy styl moet aanpas. Maar hoe?

Dis waar Drew Barrymore toe inkom met haar plantwassery. Al blaarvrywende poets sy sommer gou-gou nuwe lirieke uit. (Hoewel dit seer klink uit haar mond.) Onpretensieus. Eerlik. Plain.

In die connection tussen die twee mense trou die musiek en die lirieke met mekaar. ‘n Nuwe song word hieruit gebore, en Popmeisie van die Oomblik is in ekstase hieroor. Vir die eerste keer in 20 jaar luister die mense weer na Alex Fletcher wanneer hy sing. Dis nie meer 80’s nie. Dis wel steeds Alex Fletcher se musiek. (As dit ‘n Oprah-show was, was dit die moment waar almal in die gehoor uitroep: Aaawwwwwww! In die kerk sit jy dan net die “-men” by.)

Alles te danke aan daardie eerlike connection.

Ek weet nou nie of Alex Fletcher se fans so opgewonde was oor sy versaking van die ou weg nie. Maar die musiek in sy bloed het nie verander nie. Wel die mate van eerlikheid en “realness” van die lied.

Uittreksel:

Since I met you, my whole life has changed
It’s not just my furniture you’ve rearranged
I was living in the past, but somehow you’ve brought me back
And I haven’t felt like this since before Frankie said, relax

And though I know
Based on my track record
I might not seem like the safest bet
All I’m asking you is
Don’t write me off just yet

Moontlike saamgesels-teks: 1 Kor. 9:19-23.

Dis nie die lamp se lig wat verander nie, maar wel die dinge waarop dit skyn.

Ns.: As jy nou nog nie weet wie is Jessica Fletcher nie, dink aan Maandae-aande 20 jaar gelede 19:00, Murder She Wrote.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Oktober 10, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 21 Kommentaar.

  1. Hie-hie. “asof ‘n beechie aan haar verhemelte vassit” beskryf dit presies reg.

  2. Nou ja, ek weet nie of die fliek jou ode werd was nie, maar ek het wel lekker gelees!

    Dis nie ‘n mainstream fliek nie, maar probeer om “My date with Drew” te sien. Ek kan niks verder sê, sonder om dit te spoil nie.

  3. My date with Drew? Het nie geweet daarvan nie. WithDrew, dalk? Sal gaan uitsnuffel.

  4. Yay! Welkom op WordPress. Nice look.

    Ek weet nie so mooi van die fliek nie – is nie mal oor Drew of Hugh nie.

  5. Ja, welkom op WordPress.

  6. Ek soek inligting: het jy al oor “As it is in heaven” geblog? (Wil kyk of ek dalk ietsie daarmee kan maak n.a.v Tutu en die Dalai Lama wat so saamsaam in die jimmel kuier…).

  7. Wonderlik, wonderlik, maranata! Welkom op WordPress!!

  8. Hey, dis nogal great om so verwelkom te word! Thanx, almal.

    RMB, nee, ek het nog niks gedoen nie. Het verstaan hier is so dvd en toe ‘n hele skare opgekommandeer om saam met my te kyk, en vind toe te laat uit dit is nog nie hier nie.

    Maar dis NOU hier. Watch this space. Hou eers vlg. week bietjie sindode.

  9. uiteindelik kom jy ook by. Welkom!

  10. ai, ek wil so graag “as it is in heaven” sien, maar kan jy glo dis nog nie in Amerika vrygestel nie! gmf…kannibale!

  11. Mmmm… ja ek weet nou nie so mooi nie. Ek het gedink die movie is oulik, heel lig en liefdevol. Plus Drew speel oorwegend altyd sulke sweet girls, jammer jy kan nie verby haar stem kom nie…

    Anyways, hoe gemaak met die ego van jou eie dagboek? Dit klink of jy ook fans het wat vasklou aan ‘n oeroue boodskap en asof jy ook opsoek is na ‘n nuwe verpakking van dieselfde ou storie, sodat jy kan aanklank vind by ‘n nuwe generasie?
    Miskien is dit nie die verpakking wat die probleem is nie, miskien is dit die boodskap?

    Then again, maybe it’s just me… 🙄

  12. Amanda, jy bedoel As it is in heaven het nog nie eers in die teaters gedraai in die VSA nie?

    Ek kan seker nie vinger wys nie, in SA het dit in slegs twee teaters gewys.

    Da Mario
    Inderdaad. Die “fans” is grootliks gewoond aan die ou verpakking, en verwar die boodskap en die boks met mekaar. My spanning le by die moerse groot kloof tussen generasies.

    Aan die ander kant is jy dalk nie ver uit nie. Volgens Pierre Babin: “The medium IS the message”.

  13. Ewenwel, sterkte met die spanning! Ek is seker jy sal aan ‘n aanvaarbare en oorspronklike idee kom om die situasie te beredder.

  14. Ag, flip. Nou moet ek seker ook die skuif maak.

  15. Carien, jy sal maar moet!

  16. As it is in heaven dateer uit 2004. Mense wat dus wag dat dit in die VSA uitgereik word, gaan lank wag. Die DVD is op import beskikbaar in VSA. Die fliek se regte naam is “Så som i himmelen”. Dit het in 2005 in Seattle gewys. Sorry, Amanda.

    Vir die res: moenie iets té groots verwag nie, want dan gaan jy teleurgesteld wees in die film, dit word veels te veel opgeblaas deur die media.

  17. Is WordPress beter of nie…?

  18. yup. beter support. user driven community. meer afrikaanse bloggers as blogger.

    i rest my case.

  19. Freddels….nee dis nog geensins hier vrygestel nie!

  20. Hoe is dit moontlik? *sluk* En wat van As it is in Heaven?

  21. Ek is mal oor Drew en Hugh, maar behalwe vir die komiese ‘Wham’ nabootsings, het die fliek my verveel.

Lewer kommentaar