Freddy is…

Nou moet ek in ‘n paar sinne verduidelik wie ek is, en meeste mense vind nooit uit wie hulle is nie.

Ek is ‘n aktiewe kyker.  Dit beteken ek bekyk die lewe as een groot storie, maar ek besef ek is ook ‘n deelnemer.  Flieks is gemaak om gekyk en geluister te word deur IEMAND.  Dis mos groot pret om te sien wat doen verskillende iemande met dit.  Net soos in die res van die lewe.

Ek is ‘n predikant.  Maar net omdat ek betaal word om een te wees (want, as mens mooi daaroor dink, is die woord ‘n verbuiging van “preek”, en dis beslis nie al wat my doen en late behels nie).  Ek beskou myself eerder as iemand wat die lewe saam met ander mense bereis.  Die grootste opwinding in my lewe is om te sien hoe iemand ontluik of iets great van hom/haarself ontdek, of van iemand anders.

Ek is gaande oor openhartige verhoudings, Cabernet, fantasie-verhale, verbeelding, drama, mimiek, musiek, die wisseling van vier seisoene en verkleurmannetjies.  Laasgenoemde, wel, nie om te eet nie.

  1. Hi

    Was jy al hier?

    Die boom May 8, 2007
    Posted by vygie in Christenskap, Wennertjie, Cerebral Palsy. 10 comments

    Beide Dirk (Standvastige)en ek kan getuig hoe ons klein Wennertjie, Loren, se lewe van die begin af omring is met genade en tekens en wonderwerke. Dirk was nog altyd spyt dat hy die gebeurtenisse nie opgeteken het soos wat hulle gebeur het nie.
    Ek glo in ‘n Plan. Maar nie net sommer ‘n ruwe skets nie. ‘n Plan wat haarfyn uitgewerk word deur God en wat alles in die natuur en selfs dit wat nie deur menslike sintuie waargeneem kan word nie, insluit.
    Ons as mense neig tog so om te dink ons is in beheer. Intussen breek ons meer as wat ons regmaak, ons verontagsaam blatant natuurwette en verkrag alles wat mooi is. Nie noodwendig deur kwaadwilligheid nie, maar deur onbegrip van hoe fyn alles in mekaar pas. En dan roem ons op tegnologie en wetenskap en klop onsself op die skouers oor hoe slim ons kammakastig is. Terwyl ons nie alleen die wêreld om ons vernietig nie, maar ook ons wonderbaarlik-geskape liggame en ons en ons kinders se brose siele.
    Loren se graffie is aan die anderkant van die stad waar ons bly. In ons woonbuurt is die klimaat sub-tropies met ruie plantegroei en ‘n hoë reënval. Aan die kant van die begraafplaas, is dit meer soos bosveld of grasveld. Doringbome, grasvlaktes en ‘n veel laer reënval maak die landskap meer herkenbaar as Afrika. Ons het nou al ‘n paar keer in skemerdonker by die graffie besoek gaan aflê. En dis merkwaardig hoe rustig dit my stem. Die flikkerende sterre, die maan en die reuk van die veld om ons. Op die dag van Loren se begrafnis en op die oomblik wat die klein kissie in die graf getel is deur Dirk, het ‘n visarend geroep. Ek moet bieg dat dit by my verbygegaan het, maar iemand het my dit gelukkig agterna vertel.
    Loren (Loo-rin) is ‘n Germaanse naam wat Oorwinnaar beteken. Dis ‘n naam wat ons al met ons eerste kind, Marco, se geboorte oorweeg het. Hy het egter, heel gepas, Vegter geword. Maar daar in die hospitaal, terwyl ons gewag het om te hoor wat sy kans was in mediese terme om te oorleef, het ek en Dirk besluit om ons tweede seuntjie Loren te noem. Dit was die versugting van ons harte.
    My gebed vir Loren was nog altyd dat sy lewe ‘n verskil sou maak. Ek het gehoop en geglo dat dit wonderbaarlike genesing sou insluit en ‘n lewe wat gewy word aan getuienis. Ek het ook inderdaad bevestiging in die Bybel hiervoor gekry. Telkens.
    My motivering was natuurlik nie altyd suiwer nie. Dit het my skokkend gou opgeval dat almal – dokters, verpleegpersoneel, vriende en selfs naby familie Loren se breinbesering gesien het as ‘n verskoning om hom te sien as ‘n minderwaardige wese. Een wat te veel tyd en plek sou opneem. ‘n Gestremde persoon word amper altyd misken. En dit het seer gemaak. Daarom wou ek graag die dag beleef het wat hierdie klein seuntjie sy volle potensiaal kon uitleef in die oë van die wêreld. Die potensiaal wat ek en ander mense wat die moeite gedoen het om hom te leer ken in sy ogies kon sien elke dag.
    Een van die goed wat die seerste gemaak het is dat mense sou sê: “Ek is seker hy is bewus van jou”. Maar wat hulle verkies het om nie raak te sien nie is dat hy HULLE herken het na die eerste of tweede keer wat hy met hulle te doene gekry het. En dat sy ogies uitgereik het na hulle op soek na ‘n woordjie of net ‘n glimlag. ‘n Klein bietjie erkenning.
    “Dis beter so. Hy sou net gely het.” “Hy is verlos uit sy lyding”. Of selfs: “Ons het gebid dat hy gou moet doodgaan, “ is maar net sommige van die opmerkings wat my eers verpletter het en nou woedend maak. Dit eggo verligting. Asof ons pyn minder behoort te wees om ‘n kind te verloor as om ‘n gestremde kind groot te maak. ‘n Gestremde kind wat elke dag verbeter het – as dit hoegenaamd ter sake is. Want maak nie saak hoe beperk ‘n kind se funksie of vermoë is nie, hy bly steeds jou kind en geliefd. ‘n Wyse vrou (dankie Kim) het hierdie reaksie voorspel en my daarop gewys dat dit darem die ander persoon laat beter voel. Ek is bly as dit die geval is, want vir my stuit dit bloot teen die bors.
    Sy dood was dus ‘n aanpassing in die substansie van ons hoop en verwagtinge. Nie alleen mis ons hom so erg dat dit fisiek seermaak nie, maar ons treur ook oor ‘n toekoms wat ons nie saam hier op aarde sal beleef nie. Ek het so uitgesien na sy reaksie op sy nuwe boetie of sussie. Dirk wou met Loren op sy rug die Amfiteater gaan uitklim. Marco vra steeds vir die stories waar hy en Loren saam agterop Oupa se bakkie ry en lyk hoopvol wanneer ons die graffie gaan besoek: “Gaan ons hom nou haal, Mamma?” Elke voëltjie wat ek sien, elke vliegtuig wat oor die huis dreun en elke blom se geur word verlies – ‘n ondervinding wat ek nie met hom kan deel nie.
    Dan is daar nog die gevoel dat ek my kind gefaal het. Hy was nie eers siek nie, hoe kon hy sommer net so onder my neus wegglip? Die stryd wat ek verwag het, het toe nooit gebeur nie. En ek staan hier, totaal oorbluf, en krap my kop.
    Maar bokant al hierdie gevoelens wat so eie is aan rou, staan dankbaarheid uit soos ‘n baken. Vir amper 18 maande is ons liefgehê en kon ons op ons beurt ‘n klein seuntjie liefhê wat ons maar te goed geweet het reeds met sy geboorte vir ons op ‘n wonderbaarlike wyse teruggegee is en ek het geen berou oor ‘n enkele oomblik wat ek saam met hom was nie.
    Ek is dankbaar dat daar geen lyding of stryd was met sy dood nie. Hy is dood in die huis waar hy gebore is met ons stemme in die agtergrond. Daar was geen pype of naalde of vreemde stemme of reuke nie. Ek is dankbaar dat ek Donderdag middagete met hom op my skoot kon sit en dat hy rustig en gelukkig en geintereseerd was in die dieetkundige wat ons kom besoek het. Ek weet sonder twyfel dat hy geweet het ons het hom oneindig lief.
    Ons het besluit op wit en roomkleurige blomme gemeng met oranje vir die ruiker wat op sy kissie gerus het. Wit en roomkleur vir suiwerheid en onskuld. Oranje vir die helder vlam en vitaliteit van ‘n besondere lewe. En gisteroggend kon ek net hulpeloos giggel toe die soveelste ruiker oranje blomme opdaag. Dis asof almal – selfs die wat hom skaars geken het – sy persoonlikheid en sy gees aangevoel het.
    My pa het ‘n paar dae voor sy geboorte ‘n droom gehad waarin hy Loren aan die voete van iemand sien sit het. Hy het opgespring en oor die vloer gehardloop, sy armpies in die lug gegooi – duidelik aan’t aandag trek. En ek weet dat dit sy werklike persoonlikheid was – spelerig, astrant en mensliewend – al kon sy liggaam hom dit nooit toelaat nie. Dis net nog ‘n bevestiging dat hy gelukkig en gesond is waar hy nou is.
    ‘n Vriendin het vir ons ‘n kremetartboom present gegee om of naby die graffie of in ons tuin te plant. Aangesien die reënval aan ons huis se kant van die stad miskien bietjie te hoog is en daar nie ‘n groot genoeg sonkol in ons tuin is nie, het ons besluit dat die boom gelukkiger sal wees in die begraafplaas. Die opsigter verwelkom dit en het beloof om die boom mooi te versorg.
    ‘n Kremetartboom is ‘n besondere boom. Inheems aan Madagaskar, Afrika en Australie is die boom se vrugte, blare en bas gebruik vir kos en medisyne. ‘n Groot kremetartboom kan ‘n geweldige hoeveelheid water in sy stam stoor en duisende jare oud word. Dis een boom wat nie maklik deur vuur vernietig kan word nie.
    Vanoggend ontvang ek ‘n e-pos wat ek hoop die outeur nie sal omgee dat ek deel nie.
    Terwyl ek vanoggend gaan draf, dink ek aan Dirk en Nelba, en hulle seuntjie wat oorlede is. Dit gebeur nie juis baie met my nie, maar die volgende gebeur toe. Ek probeer dit weergee soos ek dit beleef het.
    “Ek sien skielik wit, gelyk grondpad. Langs die kante is die sand ook wit, maar baie fyn. Die pad raak baie breed, totdat dit so groot is soos ‘n hele woestyn. Die wit gruis en sand is kurkdroog. Maar daar is skielik ‘n groot afgesnyde boomstomp in die middel van die woestyn. Dit is grof afgekap. Wat egter vreemd is, is dat die boomstomp ‘n baie donkerbruin is, asof dit sopnat is. Dis asof al die water wat in die woestyn kon wees, die boomstomp deurdrenk.
    Dan groei daar ‘n blommetjie uit die stomp. Dit bly vir n rukkie so. Meteens, ongevraagd en sonder verklaring, groei die boom sterk, groot lote en takke vol groen blare. Dit word ‘n volwaardige boom, vol voels. In ‘n mik tussen die sterk takke is daar n mooi boomhuis. Die hout van die boomhuis is dieselfde kleur as wat die stomp voorheen was. En ek sien skielik dat die hele woestyn groen word. Die woestyn is nog nie wat dit moet wees nie, maar die boom is vol lewe en vreugde. Dis amper asof die gras in die woestyn uit die boom uit kom. Onder die boomhuis hang ‘n lieflike lang swaai. Ek verstom my oor die prentjie en wonder waaroor dit gaan. En meteens hoor ek die mooiste fluitmusiek. Iemand speel blokfluit in die boomhuis. Rustig, maar baie mooi.”
    Dit voel bietjie snaaks om dit aan te stuur. Dalk was dit net ek. Maar ek het net gaan draf en dit het gebeur.
    Verre sy dit van my om ‘n verklaring vir hierdie visioen te probeer bied. Maar die implikasie – in my verwysingswêreld en lewensfilosofie – is dat ons nie durf ophou getuig van God se genade en Jesus se oorwinning oor die dood nie. In ‘n wêreld wat grootliks woestyn geword het deur verwaarlosing en arrogansie en siele wat verdor wag op water, IS daar hoop. En ons, deur ons getuienis, is daardie hoop. Loren kon nie eers praat nie en hy het en sal bly getuig. Wat is ons verskoning?
    Die nag van Loren se dood het ek tot in die vroeë oggendure in die huis rondgedwaal. Ek het bly uitstel om die Bybel oop te slaan. Maar uiteindelik het ek en die versugting was: “Here, moenie nou met my speel nie. Ek moet weet.”
    1 Kor 15 was waar ek die Bybel oopgeslaan het en, glo my, hoewel ek die skrifgedeelte ken het ek nie geweet dat dit is waar dit staan nie. In 1 Kor 15 word die opstandingsliggaam bespreek, maar wat my aangegryp het is die teksvers “Dood waar is jou oorwinning. Dood waar is jou angel.”
    Ons klein Loren is Oorwinnaar oor die dood in Jesus se naam.
    Dirk

  2. So waar kry mens hierdie diepsinnige predikant se werklike identiteit in die hande. Dis nou as dit moontlik is. Ek is ‘n medestryder en kom sopas na ‘n preek tuis besig om nog een voor te berei. Nou is ek begeesterd – wat ook al dit beteken deur die geskarrel deur die blog. Om so geheimsinnig, naamloos te skryf het seker waarde, maar ek sou tog met die persoon agter freddy wou gesels… dalk is ‘n e-pos adres iewers verskuil en is ek net te tegnologies gestremd om dit te vind. help my asb uit my benoudheid
    llec

    • Kan n kremertartboom medisyne gee indien wat sal dit gennees? Dis vir n skooltaak.
      mabette

      • Ek weet ongelukkig glad nie, Mabette. Jammer dat ek jou nie kan help nie. En nou sien ek Ilec se versoek ook hierbo, en ek kan glad nie onthou, Ilec, of ek jou ooit geantwoord het nie?

  3. Hallo

    Wil jy nie vir my ‘n comment gaan los op hierdie inskrywing (http://ekkedink.wordpress.com/2009/05/12/bloggerol-of-nie-moet-werkgewer-blogs-stop/
    ) nie asb. Ek is besig met “wel effense navorsing”.

    Dankie
    btw, ook predikant.

  4. What are the hours of work? street price topamax Master with Double Bed and Chui

  5. Health cheap viagra online problem solver.

Lewer kommentaar