Evan Almighty


Ek verstaan nie aldag hoe resensente se koppe werk nie.

As ek by McDonalds gaan eet, en ek moet daaroor ‘n resensie neerpen, gaan ek bietjie onnosel wees om dit op dieselfde manier te beoordeel as Le Ballon Rouge in Franschhoek.

Gaan kyk gerus hierdie fliek. Jy weet mos dit is in dieselfde kategorie as Bruce Almighty, en beslis nie ‘n opvolg van American Beauty of die vierde fliek van Kieslowsky se Four Colours nie. Hoekom op aarde moet ‘n duif met ‘n takkie in die bek in hierdie genre “subtiel” wees?

Nee, vandag het ek geen teks nie, jy kan mos sien ek wou net kla.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Augustus 28, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 9 Kommentaar.

  1. Sorry, ek dink ek sal nog steeds hierdie een ‘n skip gee.

  2. Ek gaan dit beslis kyk. Party resensente is so pretentious, ek kyk net flieks waarvan hulle nie hou nie.

  3. jy moet moet MOET eenvoudig “as it is in heaven” doen. as jy dit nog nie gesien het nie, versit berge.

  4. Bertus die vrye denker!

    Ek gaan nie As It is in Heaven kyk nie, net omdat ALMAL daaroor faf en al die dominees daaroor preek.

  5. ek het nog nie een preek oor as it is in heaven gehoor nie (nie oor die fliek nie, elkgeval).
    ag bertus!, gee sommer nou al in. jy weet tog jy gaan.

  6. Ek verhuis sommer. Die naaste teater aan my waar dit wys, is 400 km weg.

    Hulle wys darem Simpsons hier, al is dit kunstig geteken.

  7. Oja: En sal ek dan maar afsien van “Russian” en ‘n ander gepaste troetelnaampie uitdink, soos, hmm, “Vryer”, byvoorbeeld?

  8. Nee wat. Tong in die kies of nie, sommige goed spot ‘n mens net nie mee nie.

Lewer kommentaar op Bertus! Kanselleer antwoord