Benjamin Button, Avatar en District 9

Ek is baie agter.  Baie.  So ons hanteer gou drie flieks met een inskrywing.  Ek vermoed iets is iewers aan die gebeur in die psige van fliekmakers.  Kyk gerus:

En:

In Suid-Afrika neem ons dit sommer nog ‘n trappie verder:

Die verband tussen Avatar en District 9 is vir my baie meer OOGLOPEND as met Benjamin Button.  Maar tog is dit óók daar.  Om te word soos iemand anders, al behels dit dan net om ouer te word.

Wat ek glad nie begryp nie, is dat die algemene publiek opgewonde is oor al drie hierdie flieks (dalk met uitsondering van Bennie Knoop).  Jy hoor lofsange oor die perspektief wat oopgemaak word, en hoe mens jouself in ‘n ander se situasie moet plaas voor jy oordeel.

En dan lees jy die algemene publiek se kommentaar op News24 of op ander se blogs.  En dit lyk regtig nie of enigiemand onthou het waaroor hulle in die flieks opgewonde was nie.

Miskien is dit dan net ek wat aanneem dat die mense wat kommentaar lewer, ook die mense is wat opgewonde is oor bogenoemde drie flieks.

Dis nou lydenstyd.  Ek weet darem van Een Iemand wat nog ‘n oog bygekry het.  En die ervaring onthou.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Februarie 25, 2010, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 4 Kommentaar.

  1. Jipee, ‘n post. So hier is nog lewe. My blog is amptelik dood dink ek.

    So ek neem aan jy het Avatar in 3D gekyk? Dit was vir my goed, maar dit gaan nie my lewe verander nie. Maar ek kan wel sien dat ek in die toekoms flieks in 3D sal geniet. Voor Avatar was ek van mening dis net ‘n gimmick, maar nou dink ek dit bring iets na die hele ondervinding van fliek toe. ‘n Stuk andersheid, soos ‘n dominee dit sou sê🙂

  2. Lol! Ek is nie daai dominee nie… Verseker het ek dit in 3D gekyk. En ek stem saam. Dit was great. Vorige 3D flieks het my kopseer gegee… Die hele skerm is 2D met een of twee mal cartoon karakters wat lang nekke uitsteek tot voor my neus. Maar Avatar het ‘n nuwe maatstaf gestel. Ek moet nog ‘n aparte post oor Avatar doen, of dalk sommer ‘n reeks vir pinkster.

  3. Ooooh, ‘n Avatar reeks vir Pinkster! Ek mag dalk net elke aand kerk toe gaan.

  4. ja, ‘n reeks vir pinkster! ons sal elke dag jou blog besoek.

    ek het nie 3D gekyk nie, want daar was nêrens naby om dit te doen nie.

    ek’t van district 9 gehou want daar’s ALIANS! In SUID-AFRIKA!

    nice post.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: