Ice Age 3

ice-age-3Ek loer gou in.  Ja, inderdaad staan daar ‘n vreemde taal op hierdie prentjie.  Maar ek het besluit dis sommer ‘n goeie Afrikaanse dubbelsinnigheid wat pas by onderstaande geselsie.

Daar is natuurlik min dinge so ysingwekkend soos om agter te kom jy is baie kleiner as wat jy gedink het.

Dit is presies wat met ons bekende Ice Age familietjie gebeur.  Die vreemde kudde, gewoond aan ‘n wêreld van koue en ys waar mammoete die swaargewigte is, bevind hulle skielik in ‘n ander wêreld.  ‘n Wreder, warmer en wilder ene…

Ons word vroeg reeds herinner dat hierdie kudde ‘n saamgestelde familie is: ‘n paar “weirdos” bymekaar, wat nie regtig veronderstel is om saam te kan funksioneer nie.  En dit is hierdie einste vreemdheid wat maak dat sommige van die familielede die pad wil of moet vat.

Maar dit is juis die hunkering na familie en “belonging” van een van die lede wat veroorsaak dat die hele kudde eensklaps in ‘n ander wêreld beland, gevul met reuse reptiele en grillerige karnivoriese plante met te veel maagsappe.

Ek vermoed dit is soms waar ons onsself vandag bevind.  (Nee, nie binne-in ‘n groot Venus “Flytrap” nie.  Gee kans!) Ons families is uiteenlopend.  Dit voel of ons nie regtig meer almal by mekaar pas nie.  En dan kom ons nog boonop agter dat die wêreld waarin ons leef, baie vinnig verander.  Ons sukkel om aan te pas in nuwe omstandighede, waar die reuse reptiele van resessie, te min tyd en te veel verantwoordelikhede dreig om ons familielede in te sluk.

Ons sien selfs hoe ‘n mammoet babatjie gebore word in hierdie eienaardige vyandiggesinde omgewing van Ice Age 3.

Hierdie geboorte is egter ‘n gebeurtenis wat die hele kudde tot stilstand bring.  Die besef kom deur: “Ons het net mekaar”.  Al is elkeen anders en al het elkeen sy / haar eie geite en grille – dit is wat ons het.

Die ondergrondse reptielwêreld het die potensiaal gehad om die familie uitmekaar te skeur en te verslind.  Maar uiteindelik is dit binne-in hierdie gevaarlike omgewing waar die familielede mekaar weer ontdek en waardeer.

Ons sien die saamgeflansde familie uiteindelik weer tuiskom in die lig en die ys waar hulle hoort.  Maar ons weet hulle is gelukkig nie meer dieselfde nie.

En ek dink sommer aan die brief van 1 Petrus, wat geskryf is aan die “vreemdelinge en bywoners in die wêreld”. In 2:10 word geskryf oor die familie (volk) wat nie voorheen ‘n familie was nie, maar wel een geword het.  Eintlik maar ‘n vreemde uiteenlopende spulletjie.  Ons word selfs in 5:2 ‘n kudde genoem!

Met hierdie teks in gedagte, sien ek uit na die geboortes wat op pad is, al is ons wêreld dikwels anders as wat ons wou hê.  Ons het mekaar.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Julie 24, 2009, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 11 Kommentaar.

  1. Ek was hierdie jaar nog net 2 keer bioskoop toe, beide kere saam met Bertus!. Hy het beide kere hardop gelag vir Ice Age 3 se voorskou. Was dit toe so snaaks soos dit gelyk het?

    Whoohoo, Freddy blog weer.

  2. 🙂

    dit was ‘n oulike fliek, ek het dit twee keer gaan kyk.

  3. Oral vertel almal my dis regtig oulik…. sal maar plan maak!

  4. Het jy geweet hoekom seerowers oogklappe dra?

  5. Ek vermoed die oogklap sit gewoonlik aan dieselfde kant as daai “hook”?

  6. Antwoord is op my blog (wat weer aan die gang is).

  7. “Ons het mekaar.” Dis ‘n mooi slot😉

  8. Hehe ek het gedink dis hiper funny. Het dit middel van die nag stoksielalleen gaan kyk in 3D in Brooklyn nadat ek uit Transformers 2 uitgestap het (what a loed of bullcrap!). Was goed vir my siel, maar dalk het ek ‘n paar jokes gemis omdat dit so laat was.
    Mag ek maar hierdie blog gebruik as basis vir ‘n preek? Thanx Freddy!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: