Generasie X en verhouding burnout

Wil iemand my nie bietjie help nie, asb?

 

Ek dink Graeme Codrington help ons vandag nogal baie om vorentoe te kyk en te dink.  In Suid-Afrika was hy een van die baanbrekers om die verskillende generasies effens beter te verstaan.  (En net so interessant is sy blog oor die emerging church).

 

Ek het nou net ‘n vragie oor generasie X.  Volgens die generational teorie is die X’ers gewoonlik mense wat nie juis opgewonde raak oor ‘n instansie of lojaliteit aan ‘n maatskappy nie.  Hoofsaak is eerder verhoudings met mense en hoe dit op die langer pad gaan werk.

 

Dit lyk nou egter vir my asof die Generasie Xers huidiglik besig is om verhoudingvoos te raak.  My subjektiewe ervaring is dat die Boomers huidiglik besig is om te ontwaak in hulle verhoudings met ander mense, en probeer om in te haal op wat hulle uitgemis het.  Maar die Lost Generation is besig om dit te verloor.  Ek dink Generasie X is besig om hulle “Last Stand” (verhoudings) ook af te staan.

Praat ek nonsens?

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Oktober 3, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 7 Kommentaar.

  1. Oor die X-ers kan ek nie praat nie, die ken ek nie. Maar as jy, of enigiemand, inligting het, ek my eie worsteling rondom die generasies, en dit gaan oor die Y’s. Maar nie sommer enige Y’s nie, spesifiek die wat hier van 1992 af gebore is (ek weet nog nie vir hoe lank nie). Hulle verskil hemelsbreed van die wat hier rondom 1990 gebore en vroeë gebore is, deurdat hulle baie baie ernstig daaroor is dat niks regtig saakmaak nie! Dit is iets meer as die whatever-generasie, wat ek dink ek redelik goed verstaan. Hulle voel regtig sterk daaroor dat hulle niks wil doen, en artikuleer dit ook so! Kan iemand help?

  2. ai freddddels. as jy ‘n drukkie kort, sal ek vir jou gee.

    ek dink die antwoord lê op verskeie vlakke. eerstens generasies. hoewel verhoudings vir xers belangrik is, is hulle ook fundamenteel f*ed up – onthou, die xers is die sg “latch key kids” of selfs “busters”. hoewel ons verhoudings met ons hele wese crave, is dit die een ding waarmee ons erg sukkel.

    that said, dink ek ook dat xers in staat is tot baie eerlike verhoudings. ons weet dat die lewe – en verhoudings – f*ed up is. ons weet dat verhoudings dikwels nie lekker is nie. dat verhoudings beteken ek hou aan om die pad met jou te stap (ek dink nou aan daai sanger wie se naam ek nie nou op kan kom nie, se liedjie “Karen’s Song”: You give and give and give and still it’s never enough, ens. En Alanis se “Not the doctor”)

    en natuurlik moet mens altyd onthou dat dit die xers was wat vir die wêreld reality tv gebring het. ons soek so hard na ware, egte verhoudings, dat ons die valse soort bemark.

    lank lank gelede het ‘n vriend genaamd jp vir my ‘n wonderlike boek geleen wat ek nie toe kon verstaan nie: the fisher king and the handless maiden. jungianse besigheid. sê dat meeste mense ‘n “broken feeling function” het. en dat dit ons so seermaak, dat ons diegene (veral mans) wie se feeling function nie stukkend is nie, geweld aandoen.

    laastens (diep asem) is die hele kwessie van persoonlikheid – F en T. wat sommige as ‘n diep verhouding beskou, beskou ander as oppervlakkig. wat sommige as ‘n diep verhouding beskou, versmoor ander met ‘n oordaad intimiteit.

    en regtig laastens: liefdestale. my manier van verhoudings in stand hou, verskil dalk van ander.

    die boomers raak oud en besef nou wat belangrik is.

    is my kort, beskeie opinie.

  3. Yo!, ‘n braai saam met freddy en maeree sal my kop laat spin.

  4. ag kom nou. dis nie rocket science nie.

  5. Hahaha Maeree jy sê nogal ‘n mondvol. Ek weet net ek is ‘n X-er/Y-er cussper (check hoe Codrington die goed verduidelik in Mind The Gap!) en ek is skytbang vir commitment omdat dit dalk kan misluk. Verhoudings is fine, ja, maar commitment is ‘n ander ding…

  6. Maar is ons (Suid Afrikaanse) “generasies” dieselfde as dié in Amerika? Of wat van min of meer, maar ‘n paar jaar agter? I dunno, ken nie veel van die dinge nie, kan slegs myself bietjie vind relatief tot daai beskrywings (maar nie in ‘n spesifieke beskrywing/kategorie nie), en kan dit ook sien as nuttige idees om te help besef hoe mense oor die wêreld dink…

  1. Pingback: Afrikaanse blogs « die ander kant

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: