Awake

Wat ‘n horribale ervaring! Goed gedoen, met dalk net ‘n bietjie te veel toevallighede in een fliek om sonder verdowing afgesluk te kry.

(Spoiler alert!)

Wat ‘n ontsettende aaklige ervaring moet dit nie wees nie: om op ‘n hospitaalbed te lê sonder enige beheer oor jou liggaam.  Nie eers jou asemhaling is binne jou willekeurige bereik nie.

En dan word jou borskas oopgesaag en -gespalk om jou hart uit te haal.

Hy verloor egter twee harte.  Die ander een is die vrou wat hy getrou het.

Terwyl die ligte in sy lewenskamers een vir een afgesit word, sien jy hom sterf.  Hy hoor sy lewe voor hom afspeel, maar hy het geen seggenskap daaroor nie.

En dan gee sy ma haar eie hart, sodat hy kan lewe.  Hierdie hart kry nie eers kans om koud te word op ‘n hopie ys nie, maar word sommer so warm in sy borskas geplaas.

En die slotsin van die fliek verkondig die mag van die vrou se self-opofferende liefde vir haar kind.  “Al that matters, is that he is awake.”

Ek wil nie net sien en hoor hoe my lewe verbyglip nie.  Ek wil wakker wees.  Met ‘n warm hart wat binne my klop.  Wanneer my eie te swak is, is daar ‘n Skenker.  Maar dit gebeur soms met erge pyn.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on September 15, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 2 Kommentaar.

  1. Ek kan jou nie se^ hoe het daai klein tert my ontstel nie! Op ‘n ander punt, ek kan net nie verstaan hoekom hy deure moes oop maak nie…dis mos sy gees. Hy moet mos kan deur vlieg.

  2. Ek het ook gewonder oor hoe lank ‘n mens blind bly vir dinge wat reg onder jou neus aangaan, of wat jy kan doen as jy in so ‘n magtelose posisie is soos daai arme ou (goeie werk deur Hayden Christiansen, by the way!). Dan leer jy regtig wat dit beteken om jou lewe in Iemand Anders se hande te plaas…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: