Kung Fu Panda

Nee genade, my bestaan op WordPress is aan’t disintegreer. Hier’s ek weer, hier’s ek weer (sonder ‘n rooi rok).

Ek worstel vanoggend ‘n bietjie.

Ek kon iets doen, maar ek het nie.  Het jy al ooit so gevoel?  Vertel asseblief.  Imagine nou net Panda het sy kans laat verbyglip…

Dan wonder ek oor nog twee goete wat in hierdie fliek gesê word:

1.  One often meets your destiny on the road to avoid it.  (Klink so bietjie soos Jona, Jo-o-o-ona, gaan na Nineve)

Is dit waar vir jou?

2.  Daai wyse ou mannetjie wat gecopy is van die karakter uit Star Wars (regtig nou: Wat presies is die verskil tussen Shifu en yoda?) reken hy was te trots op sy “aangenome seun”.  Is so iets dan moontlik?  Kan jy iemand te lief hê?  Liefde is mos nie dieselfde as bederf nie?

Wie weet: Ek kon iets, maar ek het nie.  As punt 1 hierbo waar is, it will still be coming…

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Augustus 21, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 3 Kommentaar.

  1. “Shifu” is die titel vir… uh, “master” of “father”, dink ek. Sjineese “martial arts” titels is familie name. “Shir-boh” of so iets beteken “ouer broer”, as ek dit reg onthou. Ons het onder Shirboh getrain, Shifu was in die Kaap iewers.

    Is daai Shifu ‘n copy van Yoda, of is Shifu en Yoda albei dalk net ‘n copy van ‘n ouer idee? Natuurlik het Yoda die idee bietjie ge”shape”, en Kung Fu Panda het sekerlik inspirasie getrek van Yoda af, doelbewus of nie.

    Te trots, versus te lief, versus verskillende soorte liefde. Dit klink of hy voel hy moes nie die aangenome seun ge”train” het nie. Ek is seker liefde is partykeer van so ‘n aard dat jy weet jy sekere dinge *nie* vir jou kind kan gee nie, omdat dit nie goed sal wees vir hom nie. Maar die “trots” keer dan om dit te besef?

    Destiny… With regards to the path I’ve currently landed on, I wasn’t trying to avoid it, but I wasn’t actively seeking it. It just sort of happened. Wel, dis nou omtrent die volgene stappie in my padjie, ek’t natuurlik geen idee wat my “destiny” verder vir my inhou nie.

    Tensy jy dink my soeke na die pad uit “religion” uit is ‘n voorbeeld van ‘n poging om ‘n “destiny” te vermy, en die dat ek dan moontlik lewenslank gaan “die bediening” betree op my ou “heretical” maniertjie (wat’s “heresy” nou weer in Afrikaans? Dwaalleer, dalk, maar daar’s ‘n mooier woord vir “heretic” is daar nie?), kan in daardie lig gesien word. Maar ek was nou eerder aan die dink oor Switzerland.

  2. Bleh, jammer, ek moes regtig maar eers proeflees voor ek “submit” gedruk het.

  3. Mooi woord vir “heretic”: Ketter! Heresy: Kettery!
    Maar dis net ‘n kantaantekening.
    Destiny…oeee. Moet ons almal so ‘n een enkele bergspitsie hê om uit te klim? Ek bedoel, wat as jy op 25-jarige ouderdom die held van die dorpie geword het deur ‘n ou se pinkie te gryp en te sê: “Skedoosh!” Ek bedoel, wat daarna?
    Okay, ek weet dis probably wat Kung-Fu Pande 2 vir ons sal sê, maar dit werk nie altyd so lekker nie. Ek vra maar net: is daar nie meer as een destiny wat ‘n mens kan/moet volg nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: