flieks wat ek nooit gaan kyk nie

Saw

Saw II

Saw III

Saw IV

Saw V

Saw VI

(Wat is die versamelnaam hiervan?  Chainsaw!)

Hostel

Hotel Rwanda

Nooit weer Passion of the Christ nie

Atonement

Bridget Jones’ Diary

Dan in Real Life

Land of the Dead

Wat is op jou lysie?

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Augustus 21, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 23 Kommentaar.

  1. Hoekom nie Dan in Real Life nie? Dis heel oulik.

    En hoekom nie Atonement nie? Bang die fliek spoil die boek?

    Cahinsaw is ook op my lysie. Nog op my lysie :

    **** Movie (bv Teen Movie, Scary Movie, etc)

    Enige iets waarin Steven Segal, Chuck Norris, J-Lo, Bill Flynn/Paul Slabolepsky, The Rock speel

    Enige fliek waarmee Leon Schuster te doen gehad het in enige hoedanigheid

    Enige van die Harold & Kumar flieks

  2. Zuit, as JY my vertel Dan is heel oulik, dan skrap ek hom vd lysie…

    Atonement: Ek is nie n feel good movie jagter nie, maar hel…

  3. Ja wat, skrap hom maar. Juliette Binoche is nogal hot.

  4. Ek het nie geweet Julie Binoche speel daarin nie! DIT VERANDER ALLES!

  5. Ek vertrou geen mens wat nog nie Land of the Dead gesien het nie.

    Maar regtig, eendag moet jy by my kom kuier, dan begin ons by die begin. Ons kyk eers Night of the Living Dead, doen dan Dawn of the Dead, Day of the Dead en dan die 28 movies. Dan verduidelik ek al die subtekste. En ons kan chocolates vreet en coke drink terwyl ons dit doen. Dis pret.

  6. Flieks wat ek nie kyk nie. Enigiets met Hugh Grant in. En Monty Pythons.

  7. Ek wil net Juliette Binoche se hotness beaam.

    fredddels, ek stem min of meer met jou lysie saam. Ek kyk nie horror nie (met een of twee uitsonderings).

    Ek (het en) sal wel Bridget Jones kyk. Maar dalk omdat ek deesdae dikwels voel of ek met die bunny costume rondloop.

  8. haha, dis nie Juliette Binoche nie, dis Keira Knightley
    Ja, kyk Dan in real life dit is baie oulik.

  9. Bertus!

    Siesa. Ok, ek is game, maar ek twyfel of ek sal chips eet terwyl daai flieks wys.

    George – wat is die bunny costume? (Onthou die fliek is op die nie-kyk lysie).

    Eilandkind: Dit is toe wel Julie… http://www.imdb.com/title/tt0480242/. Nou moet ek ‘n opening iewers kry om Dan in die regte lewe te kan kyk.

  10. My magtag, wie durf my beskuldig van daarvan dat ek nie in staat is om tussen Keira “Mej Platteland” Knightley en Juliette “Hotnesssssssssssssssss” Binoche te onderskei nie?! Dun ys Eilandkind, DUN YS!

    Volgende gaan iemand seker sê Nicole Kidman is nie hot nie. Dan loop ek.

  11. Hoekom sal jy nie Hotel Rwanda en Bridget Jones’ Diary kyk nie?

    Juliette Binoche…..Verseker!!!!!

  12. Boertjie!! Lekker om van jou te hoor.
    Hotel Rwanda: Ek het net nie lus nie. Bridget Jones’ Diary: Ek het probeer. Halfpad opgehou. Bridget Jones’ Verbal Diarrea.

    Juliette is van die hoofredes hoekom ek hou van Blue, Chocolat, Breaking and Entering. Ek moet nog Country of My Skull kyk.

  13. saving private ryan

    kan ek ook jou party saam met bertus bywoon? ek sal planet terror saam bring.

  14. Freddy, dink openbare vernedering. Sy daag by ‘n partytjie op met ‘n Playboy bunny costume want sy het gedink dit is so ‘n party. Dit was toe nie. Allesbehalwe.

    Op my nie-kyk lysie is ook al die movies waaroor Maeree en Bertus! so opgewonde raak.

  15. Baie jammer Pienk Zuit, my brein het erens uitgehak, ek dog toe jy praat nog van Atonement! Ja-nee Juliette is hot en ek het nie eens sulke neigings nie! 😉

  16. (Juliette in Unbearable was onhoudbaar goed/mooi)

    Wat ek nie sal kyk nie wat ek weet sommer klaar dis bollie:

    Snakes on a plane

    Enige fliek waar iemand geheue-verlies het en dan sukkel om uit te vind wie hulle is

    Superman, spiderman, hulk en daai goed

    Enige iets met “wedding” in die titel

  17. enige fliek wat in die laaste 5 jaar verskyn het met Mike Myers & Robin Williams
    o ja…”the deer hunter” – ek het vir jare nagmerries gehad na ek die fliek op DVD gesien het.

  18. Flieks wat ek vermy is waar hulle se^: based on true events. As ek ware gebeure wil sien kyk ek die nuus.

  19. Juliette Binoche laat my aan my ma dink… Gee vir my liewer Eva Mendes, ha ha!

    Campus movies. American Pie ens. ens. ens.
    Maar, ek was 16 toe “Revenge Of The Nerds” uitgekom het en ek was (toe) mal daaroor!
    Verder is ek versigtig vir flieks met “dead” of “zombie” in die titel.

  20. Enigiets met Will Ferrell in. Ek kan die kotsgesig nie hanteer nie. Ek weet baie mense het gedink hy is skreeusnaaks in Wedding Crashers en al daai ander crap wat hy opdis, maar hy suck balls. Punt.
    Die Chainsaw of Sawchain. Die flieks oor die Hostels (in elk geval nie WEER nie…)
    Enigiets met Paris Hilton in. Of Robin Williams se onlangse goed (ek bedoel, hy het selfs August Rush vir my gespoil). Of die toppunt sal wees ‘n fliek waarin die laasgenoemde tweetjies saamspeel en dan is hy ‘n ryk ou Omie met ‘n eiland en Paris is ‘n weeskind wat hom dan date net vir sy geld en sy eiland en dan Britney Spears liedjies sing soos in Mamma Mia en dan vind hulle op die ou end uit Robin is haar pa… Yeach!!

  21. Knocked Up, Pirates Of The Caribbean 2 en… 3 (? is daar ‘n 3?). Stem saam oor al die Saw’s, en dan omtrent elke horror movie (almal is ‘the’ something… ). Die Hansie Movie. Will Ferell is ook besonders irriterend, ja.

    Ek het ‘n baie vreemde movie-rekord. Ek het ‘n maand of wat terug my eerste Bond movie gesien, een van die oooues nogal. Nog nooit ‘n Indy-movie gesien nie, nog nooit ‘n Shrek of ‘n Finding Nemo gesien nie. Maar ek kyk baie flieks. Veral flieks met subtitles.

  22. ek het die naweek “dan in real life” gekyk. yawn. het meeste daarvan op ffw gekyk.
    waar’s die czombies?!?!?!

Lewer kommentaar op George Maru Kanselleer antwoord