Iron Man

Jammer oor my virtuele afwesigheid die afgelope ruk. Hier’s ek weer (x2).

Ons storie begin met ‘n ikoon, die superster tipe (nie die Patricia Lewis soort nie, hierdie een se bates is in die vorm van geld. Maar mens staar tog later ongelowig na sy borskas OOK, want daar skyn ‘n blouerige liggie wat sy hart aan die gang hou. Tehehehe.)

Hy is ‘n ikoon omdat hy Amerika red met fantastiese wapentegnologie. Ons sien wel dat hy nie verantwoordelikheid neem vir die gevolge van sy wapens nie.

En op ‘n dag is hy aan die ontvangkant van sy self-ontwerpte skietgoed. Dit tref hom na aan die hart. En met sy “nuwe hart”, kyk hy skielik anders na die situasie. Hy wil sy besigheid draai – om eerder na vrede te streef.

Maar hy loop homself vas in die mens wie hy was. Hy het ‘n erfenis gelaat wat hom nie maklik toelaat om nou anders te kies nie. Ons sien dit wanneer sy verraaier ‘n groter Iron Man bou as hyself. In ‘n sekere sin baklei Stark met homself wanneer hy teen hierdie ou te staan kom. In elk geval, die Stark wat hy was.

Ons storie eindig met ‘n ikoon. Nie omdat hy wapens maak nie, maar omdat hy bereid is om te erken wie hy is: “I am Iron Man”. Met sy nuwe hart kies hy om eienaarskap te neem van sy besluite.

“I am…” het ons al iewers gehoor, dan nie?

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Mei 21, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 16 Kommentaar.

  1. Oe, oe, oe, ek gaan tog vanaand Indiana Jones kyk! Oe, oe ,oe! Kannie waggie! Kannie waggie! Was lanklaas so opgewonde oor ‘n fliek. Mieskien laas voor Star Wars Episode I. En dit het my so teleurgestel dat ek myself belowe het ek gaan nooit weer so opgewonde raak oor ‘n fliek nie. Maar kommaan, dis INDIE! Indie kan nie teleurstel nie, kan hy?!

  2. Ek moes nou die aand kies tussen Indiana Jones en Iron Man. Toe lees ek Indiana loop hom vas teen Aliens, en besluit dit is darem te vergesog… Maar daardie tema-musiek van Indiana is darem net great, ne?

  3. Tin te rittteeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee, tin te reeeeeeeee. Tin te ritteeeeeeeeeeeeee, tin te riiiiii teeeeeeeee teeeeeeeeeeeeee.

    NIKS is te vergesog vir Indie nie, nie eens aliens nie! Maar sover ek weet begin dit eers vandag, of kan hy time travel ook? Anyway, die ure sleep om na vanaand toe.

  4. Van my dorpie se flieks kan mens baie dinge nie se^ nie. Maar jy kan wel oorvertel dat hy dit soms regkry om ‘n fliek te wys voor Ster Kinekor.

  5. Tensy daar nie baie is om oor te vertel van die akkuraatheid van die advertensies in ons koerantjie nie.

  6. Nee dis seker heel moontlik op jou dorpie. Ek het al snaakser goed op daai dorpie gesien.

    Ek dink daardie tema-musiek sal nogal cool klink op ‘n orrel om die diens mee te begin, dink jy nie? Wed jou daar is nie ‘n dominee in ons land wat braaf genoeg is om dit te doen nie.

  7. Dalk is jou dorpie se flieks net so agter die tyd dat hulle ‘n volle sirkel gemaak het en nou voor die tyd is. Of so iets. ai, die opgewondenheid maak my waansinnig (duidelik)

  8. Ai. Ek moet regtig leer om nie so opgewonde te raak nie. Dan word mens net teleur gestel (laas jaar en 1995 se wereldbekers was uitsonderings).

    Dis nie ‘n swak fliek nie, maar regtig, aliens?! Toe ons uitstap se^ my vroutjie : “Dis asof hulle nie geweet het hoe om die einde te skryf nie, toe besluit hulle maar op aliens. Dis al weer daai bleddie aliens”.

  9. AG nouja. Dankie dat jy jou eie aarde-toe-kommery met ons deel. Dis jammer. Maar, ek HET jou gewaarsku oor die aliens…

  10. Hey, ek het niks teen aliens nie. Ek hou net soveel van aliens as die volgende vuurpylwetenskaplike. Maar die boring, copout manier wat aliens in hierdie fliek gebruik word om te probeer sin gee aan die storie is net weereens ‘n bewys dat George Lucas nie meer die magic het nie.

  11. zuit, jy’s ‘n tonic
    ons dominee het al star wars se klankbaan gespeel terwyl ‘n video gewys het met teks wat oor die skerm beweeg: “a long time ago in a galaxy far far away”, wat toe die eindtye verduidelik.

    een ding van hierdie fliekie het my erg gepla: dis okay as die wapens gebruik word om onbekende mense van midde-oosterse afkoms moer toe te blaas, maar laat dit nou net teen die arme noord-amerikaners gebruik word, DAN ewe te skielik is dit evil. tjaaag!!!!

  12. Ek was maar teleurgesteld met Iron Man. As ek hierbo lees, lyk dit of ek dieselfde gaan voel oor Indie4.

  13. lol@maeree.

    Iron Man het in die Marvel Comics eintlik dikwels saamgewerk met Captain America. Need you be surprised?

  14. Somehow i missed the point. Probably lost in translation🙂 Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Burn!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: