Cloverfield

cloverfield

Dit is vir my so simpel om heel agter in die teater te sit en fliek kyk. Die hele idee is die groot skerm, dan nie? As jy so ver agter gaan sit, kan jy net sowel by die huis bietjie nader aan die TV gaan sit. Maar met hierdie movie was ek baie baie bly ek moes ordentlikheidshalwe amper heel agter sit. My kop het begin pyn van al die geskud en gebewe op die skerm.

Daar is ‘n paar frustrerende goed oor die fliek. Dit het my erg gepla, totdat ek begin wonder het oor 9/11 in dieselfde stad. Is hierdie nie ‘n hervertelling van New Yorkers se ervaring nie?

Kyk:

Jy sien filmskote van mense in ‘n mooi woelige stad wat rustig en vredig en opgewonde hulle lewe leef, drome droom en liefdeslewens probeer vestig;
Skielik is daar ‘n geweldige slag. Jy bevind jou tussen honderde mense wat gil en nie weet wat gaan aan nie;
Reuse geboue stort ineen;
Die Statue of Liberty verloor kop (jaja, ek weet die boeings het nie in die Green Lady vasgevlieg nie, maar Liberty is daarmee heen);
Net voor die eerste groot slag, skree iemand vir sy vriend: “It is time that you forget about the world and start caring about the people that you love.”;
Mense vlug in hulle hordes;
Die Twin Towers ego die hardste saam wanneer jy saamgaan om die meisie in haar woonstel te red: Twee amper identiese wolkekrabbers langs mekaar, waarvan die een inmekaargestort het terwyl die ander een nog staan;
Jy kom mettertyd agter hoe lyk hierdie monster wat verantwoordelik is vir die chaos. Verbasend genoeg, verwys niemand na die monster as Osama nie;
Jy weet nie waar kom die monster vandaan nie;
Hy het geen respek vir lewe nie;
Teen die einde van die fliek weet jy nie of hy dood is en of hy nog lewe nie;
Die groot terroris het ‘n klomp kleintjies ook losgelaat, en jy is redelik seker hier kom ‘n opvolg, al is dit net om die gediertes in die subways verder te vertroetel;
Die weermag sukkel gans te lank om te beredder, en kon nie betyds waarskuwings uitreik nie.

Verder gee die fliek ‘n gevoel van reality TV. Dit laat my dink aan die ervaring wat dit was om op jou TV-stel amateurvideos te sien van die World Trade Center se heengaan. Wat de hel gaan aan? Wat gaan volgende gebeur? En dit is hoe Cloverfield, wat my betref, ook eindig. Geen verklaring van waar die monster vandaan kom nie, geen bevredigende einde nie.

Die karakters word wel gekonfronteer daaroor om na te dink oor lewe: Wat is belangrik? Hoe het jy lief? Hoekom doen jy wat dit doen? Hoe neem jy besluite as jy nie al die feite kan kry nie?

Ek dink Hollywood het post-traumatiese stres. Met reg.

Jammer as dit bietjie depressing is, maar ek dink ‘n gepaste saamgesels teks is Klaagl. 1:1-2. Vir al die stede wat puin beleef het.

Luister Hot Gates van Laurika Rauch hierso. Kliek op MP3 en kies die lied.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Maart 4, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 8 Kommentaar.

  1. Al wat ek die hele tyd gedink het was, “Hier sou ek die kamera neergesit en gehol het”. Daai gedagte die hele tyd. Dit het gemaak dat ek my nie regtig in die fliek kon inleef nie. Nes Blair Witch Project. Die sentrale gegewe van die fliek val bietjie plat.

  2. Ek is nogal geneig om met jou saam te stem. Plus: My kamera se battery sou in die middel van die inleiding al pap gewees het.

  3. Dit klink soos klomp ander flieks wat al gemaak is, net met ‘n ander naam.

    Ek sien baie uit om die nuwe fliek te sien oor Edith Piaf se lewe.

  4. ek het baie voor gesit. met my kop in my hande, terwyl ek baie hard probeer om nie te kots nie. van alle flieks was dit die een wat die grootste fisieke effek op my gehad het.

  5. By the way…. ek MIS jou!!!

    Eish, ‘verskyn’ nou weer daar waar dit saakmaak toe??????????????
    🙂

  6. Die fliek het my baie laat dink aan 21 Mei 2011… Dis verstommend hoeveel van hierdie tipe eindtyd flieks deesdae die “lig” sien..

    Het God aan Eségiël dieselfde einde laat sien…

    (Eze 7:1) Daarna het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
    (Eze 7:2) En jy, mensekind, so spreek die Here HERE tot die land van Israel: Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land.
    (Eze 7:3) Nou is die einde oor jou, en Ek sal my toorn teen jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom;
    (Eze 7:4) en my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
    (Eze 7:5) So sê die Here HERE: Onheil op onheil, kyk, dit kom!
    (Eze 7:6) ‘n Einde kom, die einde kom, dit word wakker teen jou; kyk, dit kom!

    Wat Hy ook Daniel laat sien het…
    (Dan 8:17) Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.
    (Dan 8:18) En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig
    (Dan 8:19) en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.

    En ook vir Johannes …..
    (Openb 9:1) En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.
    (Openb 9:2) En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
    (Openb 9:3) En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.
    (Openb 9:4) En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.
    (Openb 9:5) En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.

    Dit was nog altyd God se plan om die verborgenheid aangaande die Einde eers teen die “tyd van die einde” aan sy dienaars bekend te maak…!

    Dan 12:9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
    (Openb 22:10) En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.

    Mag God ons (hardnekkige) afrikaner volk genadig wees…

    Die Einde …ons is amper daar!!!

  7. Ek het die film op dvd gesien, so ek was nie so baie geaffekteer deur die geskud van die kammera nie. (Bly by voorbaat maar weg van die film [Rec] – hy skud nog erger!)

    Ek het nie self aan die ooreenkomste gedink met 9/11 nie, maar ek het jou opvattinge daaroor baie interessant gevind – en verseker geldig. Ek wonder wat die makers hieroor te sê het.

    Is dit nie verrassend dat daar nou Hollywood films bestaan, waar die hero nie aan die einde, met ‘n klein snytjie bo sy oog en ‘n paar vuil kolle in die rigting loop van die sakkende son nie. Ek is mal hieroor!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: