Bladsy 123 van my naaste boek

Ek is deur Hugo getag om die volgende te doen:

  1. Tel die boek naaste aan jou op – dit moet meer as 123 bladsye he, vir obvious redes. Moenie kul nie.
  2. Blaai na bladsy 123.
  3. Tel die eerste vyf sinne af.
  4. Post die volgende drie sinne.
  5. Tag vyf ander boggers (spelfout intended deur Freddy).

Nouja, hier is dit, vasbyt:

“Environmentalism is a science-based movement. Sometimes it is bad science, but it none the less pretends to know what happens to nature, and to humans, revealing the truth hidden by vested interests of industrialism, capitalism, technocracy, and bureaucracy. While criticizing the domination of life by science, ecologists use science to oppose science on behalf of life.” (Manuel Castells: The Power of Identity)

En nou taguleer (bwahaha) ek vir Windpompe en Vygies; Kat of Vlermuis; Rosalind Franklin; Oopkop (dalk is die boeke al uitgepak) en Platterfuss. Kat, indien die nuutste uitgawe van Playboy of FHM meer as 123 bladsye het, beskou hierdie uitnodiging as gekanselleer. Maeree, jy is nie getag nie. Ons wil nie jou aandag van jou week se tema aflei nie.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Februarie 11, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 13 Kommentaar.

  1. Lees jy Castels vir die lekkerte of is dit om jou ‘n beter begrip van die postmodernisme te gee?

  2. Bert, hierdie keer het jy self die “p”-woord in die gesprek gebring…

  3. The H in solubility tables 2.121 to 2.144 is the propotionality constant for the expression of Henry’s Law, p=Hx, where x = mole fraction of the solute in the liquid phase; p = partial pressure of the solute in the gas phase, expressed in atmospheres; and H = a proportionality constant expressed in units of atmospheres of solute pressure in the gas phase per unit concentration of the solute in the liquid phase. (The unit of concentration of the solute in the liquid phase is moles solute per mole solution). Ek ‘tag’ vir Sonkind, Da Mario, neykie en Johan Swarts

  4. okay, ek weet jy’t my nie getag nie, maar jy weet hoe ek raak as ek nie ‘n bydrae kan lewer nie:

    “Iemand wie se hare uitval sodat sy kop kaal word, is nie daarvan onrein nie. Ook wanneer net die hare op sy voorkop uitval, sodat sy kop daar kaal word, is hy nie onrein nie. As daar egter ‘n rooierige ontsteekte plek verskyn waar sy kop kaal raak, is dit ‘n teken dat hy aan sy kopvel ‘n velsiekte het wat hom dalk onrein maak.” (ek het nie gekroek nie. ek sit maar altyd so met my hand op die bybel. in my bybel is bl 123 by levitikus 13/14)

  5. Kat
    Sies man, joune ook.

    Maeree
    Ag, is dit nou nie pragtig nie! Nou voel ek nie meer so onrein nie, het gewonder.

  6. Gits, ek wil self weet hoekom jy Castells lees? Ek het met hom kennis gemaak in IT (The Informational City en sy idees oor tegnologiese determinisme). Waar sou jou paaie met die Marxiaan gekruis het?

  7. George

    Ek moet die boek lees en benut vir studies oor identiteitsvorming en waardes. Die grap is, die universiteitsbiblioteek het vir my twee kopiee daarvan gestuur, maar ek gaan dit beslis net een keer lees.

    Is bietjie weird hoe mense uit verskillende velde met hom te doene gekry het. Amper so erg soos Ken Wilber. Daardie is nou n ou wat ek nog nie begryp nie. My kop is te plat.

  8. Ag nee man Freddels: ek het my gereed gemaak vir ‘n morsige sin of 2 uit die erotiese roman wat jy tans lees. Wat se boring boeke lees jy?

  9. frok tog! julle lees slim… hoe moet ek nou voel met my groot letter mills and boons?

    Het nie eers soveel bladsye nie!

    Hehe! To be honest, ek het weke laas gelees… 1ste keer in jare! Ek sal my tag antwoord? gee in die week!

    ((hugz))

  10. Ek moet darem regtig ook bieg: Daar is ‘n groot verskil tussen:

    “tel die boek naaste aan jou op” en “tel die boek op wat jy besig is om te lees”. Daars baie boeke om my wat ek nog nooit gelees het nie.

  11. ek daag jou uit om ‘n preek te skryf oor enige van hierdie twee flieks: http://inderdaad.wordpress.com/2008/02/19/sexy-flieks/
    (ek besit albei, as jy dit nie op jou eie kan bekom nie)

  12. Ek aanvaar die uitdaging. Moet dit net eers kyk. Sal laat weet as ek nie die…. uhm…. spesifieke flieks kry nie.

  13. Tog jammer dat hierdie blog nie meer bestaan nie. Ek het hom nogal geniet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: