Amazing Grace

amazing grace

Ek sit verstom en luister na die argumente oor slawerny. Verstom dat mense regtig vir jare lank so goed ingelig kan wees, en steeds voortgaan met hulle praktyke. Die fliek maak klaar. Die Skotse orkes teen die einde van die fliek ontroer. Ek is soooo bly oor dit wat Wilberforce reggekry het, al het dit eintlik sy hele lewe gekos.

Terwyl ek luister, word stukkies van my kinderlewe op snaakse onthou-plekke wakker.

Laerskooltyd.

Ons het een keer per jaar na die dorp se museum toe gegaan. Die juffrou het gesorg dat ons vooraf ingelig is oor hoe die Britte ons verdruk het en dit onmoontlik gemaak het om in die Kaap met boerdery voort te gaan.

Dan het ons in die muwwerige museum ingebondel. Ek kan niks onthou anders as die een betrokke skildery nie. My klasmaats was al klaar in die museum, dan het ek nog grootoog by die skildery gestaan. Die skildery het gewys hoe Zoeloes ‘n groep Afrikaners wat kamp opgeslaan het, aanval. Jy sien vlamme. Mense wat nakend dood lê. Maar my fokus was op die impi’s se lang spiese. Op die punte was wit babas, wat deurboor is met die spiese. Die zoeloes swaai die spiese rond.

By die skool leer die juffrou ons verder van die Britte en die slawerny en dat hulle niks verstaan het van hoe Afrika werk nie.

Ek sien skielik weer die TV-skerm voor my en hoor “was blind, but now I see.”

Vir die eerste keer bring ek Wilberforce en die Groot Trek in verband met mekaar. Die afskaffing van slawerny deur die Britte is immers afgeforseer in Suid-Afrika, en was ‘n direkte aandeel tot die Groot Trek. Die fliek laat my innig dankbaar vir mense wat hulle lewens opgeoffer het vir gelykheid. En ek wonder ook hoe dit kan gebeur dat ‘n hele Britse Koninkryk opgebou kan word tot ‘n ryk nasie, en dan, wanneer hulle ryk genoeg is en gerieflik later eers geleer het van menslikheid, kan hulle skielik vir ander besluit wat is reg en wat is verkeerd.

Maar my kop spin. Want wat Wilberforce reggekry het, MOES ten alle koste deurgaan na die res van die wêreld.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Februarie 5, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 6 Kommentaar.

  1. Sou hierdie fliek so graag wou sien, maar het nog nie kans gehad nie.

  2. Ek wil dit ook nog sien. Verder sal ek liefs my mond hou, omdat dit een van my gunsteling seepkis-onderwerpe is. Ek sal volstaan met die mening dat die wêreld vandag meer Wilberforces nodig het.

  3. Is vir my cool dat sy naam 2 konsepte uitlig wat deurgaans in die fliek teenwoordig was. “Will”, en “force”. As dit nie vir sy knaende “will” was nie, was slawerny dalk steeds afge-“force”, en menseregte geskend tot in die n-de graad.

  4. Ek sidder ook nou en dan as ek dink aan die geskiedenislesse van my laerskooldae. Nog nie die fliek gesien nie. Sal uitkyk daarvoor.

  5. Freddels jy’s getag om vyf van jou eie gunstelinge te lys. Ek besef jy lys reeds jou gunstelingflieks, maar dis nie noodwendig jou gunstelinginskrywings nie. Ek dink jy skryf vrek goed oor ander onderwerpe ook. Laat waai!

  6. Dis ‘n baie goeie fliek. As ons dit kyk, dink ons almal ons identifiseer met die goeie ouens, maar eintlik is ons almal die slegte ouens.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: