dr jekyll & mr hyde (2003)

jekyll hyde

Ek verstaan nou hoekom ek hierdie weergawe oor die lewe van ‘n ongekompliseerde man nog nie gesien het nie. (Ongekompliseerd, want hy het net twee gesigte. Meeste mense wat ek ken, het heelwat meer.) ‘n Mens verwag van ‘n nuwer weergawe om beter effekte te gebruik as net “slow motion” en snaakse geluide.

Maar dit was tog lekker om vir ‘n oomblik te wonder: sou planeet aarde nie ‘n wonderliker plek gewees het as ons ons evil kant kon bottel nie?

Dr Jekyll reken evil is deel van instink. En hy wil dit skei. Sy tydgenote reken dis ‘n keuse; met niks te skei nie. Mens ril vir die vieslikheid van Hyde. Maar jy sien dieselfde trekke in die ander karakters. “Hyding”. Ook in myself.

Vreemd dat ek gisteraand na die fliek op ‘n snaakse manier afkom op die laaste 10 minute van The Dark Crystal op Youtube:

Ek was in std 1 toe Dark Crystal in ons dorpie se kine kom wys het. Sal nogal graag wil hoor wie kan nog die fliekie onthou?

In The Dark Crystal is dieselfde tema op ‘n manier teenwoordig: Die Skeksis (slegte outjies) en die Mystics (goeie outjies) is twee soorte wesens, maar was oorspronklik saamgevoeg as een: die urSkeks. In hierdie laaste 10 minute snit sien ons hoe die twee (goed en sleg) saamsmelt. (En snaaks, dan is dit net goed..)

Lyk my Paulus skryf ook oor die stryd tussen goed en sleg in homself: Romeine 7:7-24. “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek”.

Dr. Jekyll (half-histeries en moeg ge-act): I will control you, my body with my mind!!
Mr Hyde (helemal histeries en nog moeer): Ah, yes, but who will control the mind?

Instink? Keuse?

Ek dink tog dit kom neer op ‘n vryheid van keuse… oor hoe jou gedagtes beheer word. Ek aanvaar my evil kant as myne. It shouldn’t be Hyding. Maar ek hoef nie daaruit te leef nie.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Januarie 28, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 2 Kommentaar.

  1. Halleluja!!!! Ek het Dark Crystal net so twee weke gelede uitgeneem en my omtrent besnik en besnuif toe ek dit gekyk het. Daai arme ou kraaie wat die bad guys is maar vir wie mens nie anders kan om jammer te kry nie. En daai lelike ou vrou met die pasteigevreet en die uitpeulogies wat die sterre dophou. Jimmel, they don’t make ’em like that anymore.

    Skryf asseblief ‘n hele post net oor THE DARK CRYSTAL!!

  2. Eerste keer dat ek hier kuier. Lekker blog. Kom besoek my gerus: http://boegels.wordpress.com/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: