Ouma se slim kind

En julle het gekla oor As it is in Heaven se einde?

Ouma

Ek het nie lus om nog goed te skryf nie. Mooi beelde en so aan. Verder laat dit my dink aan

Het van Verlangekraal
Geknelde Land
Verskroeide Aarde
Kosie se lee bordjie
Sussie se laatnag-snikke

(Ek weet die helfte bestaan nie rerig nie, maar julle verstaan wat ek bedoel.)

En wat sou van die storie oorgebly het as die stomme siel bly leef het? Hu, hu? En kry mens regtig sulke evil karakters wat altyd met alles wegkom, en skielik ‘n driedubbele moord wil pleeg?

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Januarie 22, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 11 Kommentaar.

  1. ‘n EISH en ‘n EINA PYN!!!
    🙂

  2. Ek sou eerder hierdie enetjie wil sien as Poena, maar soos ek ons volkie ken, sal Poena seker die meeste geld verdien. Nou, verdien is sekerlik die verkeerde woord.

    Ek het bietjie gaan lees – jammer dat dit nou alweer ‘n ou koeie van apartheid opgrawe tranetrekker arme swartes fliekie is. Ek wonder of ons generasie die werklike einde van apartheid sal beleef…

  3. Machiel, ek is heel op jou golflengte wat jou laaste paragraaf betref.

    Ek glo, hoop en bid dat ons Volkie met sy briljante storievertellers, fliekmakers en akteurs, sal kan uitstyg bo die ‘jammer ons is wit’ storielyn, en sulke absolute lekker flieks soos die verdomde Australiers sal kan maak.

    Maar dis nou maar een maal die trant van ‘n fliek uit Afrikaanse geledere: wroeging, mishandeling, rassisme, agter-die-klip-geite.

    Sjoe, onthou jy nog werklik ‘Geknelde Land’? Ek dink ek was toe 8.

  4. Ja, hel, ek het nog nie ‘n sentjie uitgegee op Poena nie.

    Die movie het eintlik darem ‘n oorwegend positiewe gevoel aangaande die ras-ding. Ontsnap egter nie die Afrikaner treurmare nie.

  5. ek kan dit nie glo nie! ek’t regtig gedag jy maak ‘n grappie, dat jy en photoshop mekaar goed leer ken het. nou wil dit lyk asof daar regtig so ‘n fliek is. genugtig.

  6. Soms, as ek sommige comments lees, voel ek self nogal jammer ek is wit.

  7. Ten minste het die fliek rerig goed-gekonstrueerde komposisie gehad met baie van sy skote… was vir my nogals well-done in daai opsig. By the way… daar’s gladnie ‘n tema van rassisme en ‘jammer-ek-is-wit’ in hierdie fliek nie…

  8. Sommer net…………… ((((huggles))))

  9. Ek sal dit baie graag wil sien!!! Ek het ook twee baie ou video’s hier… Kan julle onthou vir Soekie? En … Vang vir my ‘n droom?? Ek kyk hulle nog steeds

  10. Ek het nog nie die fliek gesien nie, die resensies was nie baie goed nie. Maar soms is ‘n snik op sy tyd goed, die Afrikaners was en is mos maar ‘n geknelde nasie.

  11. Produksie was goed, dis dieselfde ou wat Bakgat! geproduce het (vir wat dit werd mag wees!) Maar ja, ons support maar local cinema. Iewers sal iemand nog ‘n gewone goeie Suid-Afrikaanse storie sonder voorbehoude maak. Ek sê julle, ons moet net die tienernovels begin verfilm.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: