Pan’s Labyrinth

Pan’s Labyrinth

Nadat ek self ‘n paar kruispaaie met die vakansieseisoen moes hanteer, is ek nou terug.  En met die comments wat al hoe meer dreigend klink, moet ek seker my tikvingers begin olie.

Sommige flieks word, na my mening, verkeerd gekategoriseer.  Neem bv. Shyamalan se “The Village” wat onder “horror” geplaas word.  (Of WWE wat as “sport” bemark word.  Dis dan ‘n sepie?)

Pan’s Labyrinth word bemark as ‘n “fairy tale for adults”, maar dit is g’n fantasie fliek nie.  (Ja, ek jok, maar net ‘n bietjie.)  En snaaks dat dit nou kastig vir volwassenes is, dit het aansienlik minder geweld as Jan en die Boontjierank, Hansie en Grietjie, Rooikappie, Drie Varkies en Tom & Jerry.

Dis eintlik twee stories.   Die een is die wêreld soos hy afspeel in die 50’s onder  ‘n Fascistiese regime.  Die meeste fliektyd gebeur hier.  Die ander een is die wêreld wat as fantasie beskryf kan word.  Met ‘n gedeelde karakter in beide stories: die meisie Ofelia.  So, kom ons wees simplisties, en praat van die realiteit en die fantasie.

 

Die fantasie in Pan’s Labyrinth lewer op aangrypende maniere kommentaar op die harde werklikheid van geweld en mag.   En ek sien dat:

  • Die wenner, is eintlik die verloorder;
  • Die verloorder, is die wenner (al is dit eers in die ander wêreld);
  • Die een wat sy lewe wou wen, verloor dit, en die een wat dit gee, wen dit;
  • Die een wat lyk of hy die mag het, het dit nie regtig nie; die magtelose meisie het eintlik die hef in die hand.

Hoekom die fliek vir my swaar was:

  • Dis baie effektief.  Die simboliek in die “fantasie” wat eintlik parallel loop met die “realiteit” is baie grafies.  Mens raak meer ontsteld oor geweld, magslus, disrespek, ignorance, seksisme, inhaligheid.
  • Die kleure is donker.
  • Die powerplay is ontstellend.

Maar ek herkou oor iets, veral sedert hierdie fliek.

Daar is ‘n interplay tussen die twee wêrelde in die storie.  Wanneer Ofelia doodgaan in die een lewe, keer sy eintlik terug na die ander wêreld – met n triomftog a la Jesus in 1 Pet. 3:18-22.  Hierdie selfde verse reken dat jy kan uithou en aanhou, omdat daar vir jou in ‘n ander wêreld vir jou ‘n tuiskoms wag.

Veronderstel dat daar in Pan’s Labyrinth nie ‘n ander wêreld was nie.  Dat sy net daar op daai grys klip doodgaan.  En dan is die storie klaar.  Het sy steeds “gewen”? (Die prag is natuurlik dat sy nie geweet het wat gaan daarna gebeur nie.)

Vragie vir jou, leser, en antwoord asb sommer net wat eerste by jou gedagtes opkom:

Is dit moontlik om eg te leef in die hier en die nou, terwyl jy bewus is van ‘n “destiny” wat wag?  Hoe is die interplay tussen die twee?  Is daar?

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Januarie 16, 2008, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 6 Kommentaar.

  1. ek “glo” nie in ‘n sg “hiernamaals” nie. moontlik (waarskynlik?) bestaan dit. maar dit maak nie op die oomblik vir my saak nie – dis nie deel van my verwysingsraamwerk of verstaan van die wêreld nie (ek besef ek sal heeltemal anders hieroor dink as ‘n nabye geliefde van my doodgaan). ek glo meer soos die mense in die Ou Testament. vir my is die hemel die plek waar jy naby aan God is – en dit kan ons hier al wees. hemel is dus om ‘n verantwoordelike lewe “coram Deo” te leef; ‘n lang lewe, soos wat ons dikwels in die Ou Testament lees.

    as ek in die hemel “geglo” het, in die sin dat dit my bestaan en lewe beïnvloed het, sou die lewe hier vir my heelwat minder sin gemaak het. hoekom sou ek dan hier bly leef, aanhou probeer cope met slegte goed, as ek net kan doodgaan (dit kan maklik gereël word) en in die hemel kan wees? as hierdie lewe nie regtig saak maak nie, maar eintlik ‘n toets is, ‘n tipe oefening vir die werklike lewe wat in ‘n ewigheid voor ons lê, dan sou ek erg depressief gewees het.

    die lewe hier en nou is reeds ‘n geskenk van God. wat hierna gebeur, is – vir nou – sy besigheid.

  2. Destiny is langs die ou lewe waarmee ons so worstel. Ons spring van die een na die ander en terug, sonder dat ons dit self eers altyd agterkom. Die lewe van afguns, geld najaag, haat ens. is ‘n haarbreedte verwyder van die een wat uit liefde bestaan.

  3. Ag, nou raak ek so opgewonde oor die koningkryke waarin ons leef, dat ek skoon vergeet om iets oor die fliek te sê! Ek het PL ontsettend geniet. Jy voel dat dit nie soseer vir volwassenes bedoel is nie, maar ek moet sê, die eksplisiete geweld daarin het my geskok – ek sê dit nie so gereeld nie, maar hierdie een het ek verseker geklassifiseer as “nie vir kinders nie”.

  4. Machiel
    Ek stem eintlik juis saam met jou. Dis nie dat ek voel dis nie vir adults nie – dit is juis. Ek voel eerder dat dit nie regtig deurgaan as fantasie nie. Daar is interpretasiemoontlikhede in die fliek dat dit wat oorkom as “fantasie” bloot Ofelia se droomwereld is. Verder spot ek ‘n bietjie met kinderverhale wat eintlik ook maar dikwels gewelddadig is. Imagine die brandende heks in die oond van Hansie en Grietjie.

  5. Sjoe, ek het hierdie fliek baie geniet. Sou dit nog meer geniet het as my geliefde se werk hom nie die eerste 40 minute van die fliek laat mis het en ek nie stoksielalleen in die donker teater moes sit nie, maar dis nou weer ‘n ander storie (hy het ingekom net soos die “Pale Man” met die oogbalhande sy verskyning gemaak het en het my met groot oë aangekyk en gevra “Wat de hel kyk ons?!”). Die einde was vir my hartseer want ek kon nie anders as om heeltyd te probeer dink, soos ‘n “grootmens”, dat sy maar net als opgemaak het en regtig dood is nie. Ek wou myself wil om te glo dat daardie fantasie wêreld regtig was, maar kon nie help om ook realisties te dink nie en dit het my baie hartseer gemaak. Dit was ook vir my baie erg om te dink dat daar regtig sulke wrede mense bestaan. Op ‘n ander noot was die kostuums en grimering van die gedrogte briljant.

  6. Ek het ook uiteindelik “Pan’s Labyrinth” gekyk. Ek dink dit was briljant gedoen! Die grootmens kant so erg realisties, sonder Hollywood opgeblasenheid. Die kinderkant so vergesog en fantasties dat dit mens meevoer. Ek dink dis rerig net ‘n grootmens wat iewers begin wonder of sy haar verbeel of nie. ‘n Kind sou nooit eers daarin twyfel nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: