Stille Wag

Ek dink ek gaan die volgende paar weke bietjie minder blog.  Vir die volgende gereelde lesers, my beste wense vir 2008: (in volgorde van laaste commentators eerste)

Bertus!, dankie vir jou droe humorsin en onverdraagsaamheid teenoor onverdraagsaamheid.  Jy is baie lief vir jouself, maar toemaar, ons ook vir jou.  En om vir jouself lief te wees, maak baie ruimte om lief te wees vir ander en die diertjies.

Attie, vir jou pastorskap wat nie patronise nie.  En dis eg.  Dankie.

Machiel, vir jou heads on opinie oor flieks en eerlike nuuskierigheid oor wat ek dink.

Kat, vir jou halstarrige commitment aan groeigeleenthede.  Vriendskap met vlerke.

Tigerlily, ek ken jou nog nie lank nie, maar dankie vir jou vars bries.

Maeree, dankie vir die feit dat jy inderdaad omgee.

Hugo, jy laat my kop spin… dankie vir jou ingesteldheid om mense te wil verstaan (jouself ingesluit)

Amanda, vir die insig in die Amerikaners wat jy ons bring, en vir Afrikaanse pret oor die oseaan heen.

George Maru, sjoe, dankie vir jou rivier sonder end.  Dis seker baie voorbarig van my om so iets van enigiemand te durf se, maar my gevoel is dat Fowler jou sou plaas by Stage 6 van Faith Development.  Moenie my vra hoekom ek so dink nie.

Sonkind, jy het die regte naam gekies.

Platterfuss, jy kry dit reg om bitterlik snaaks te wees en terselfdertyd ‘n klomp waarhede oor ons uit te breek.  En en en!🙂

Kruidjieroermynie, dankie dat ons maar MAG roer.  Nie almal laat toe dat daar aan hulle gevat word nie, maar jy doen dit.  Thanx.

Idiwidi, wow, ek kyk nuut na my wereld om my.  Jy het bygedra.

Pienk Zuit, jy is die snaaksste rocket scientist op aarde.  Jy s^e goed eenvoudig, terwyl dit ‘n mens baie breinwerk kos om daar uit te kom.  Dis lekker.

Carien, ons praat min met mekaar, maar ons neem kennis!  Dankie dat jy die lewe met verwondering geniet en ons saamnooi.

Jo-Ann Schou, jys ‘n legende.  Kan ons iewers vir jou stem?

RMB, ons mis jou.  BLOG NOU!

Lammervanger, jy het haar toe gevang.  Geluk.

Rightsaidreverend, hou aan om reg te s^e.  Ek lees graag🙂

Johan Swarts, jy hou my lekker op hoogte van nuwe trends.  Vertel ons tog asb. net iewers in 2008 wat de hel beteken 0wnz0rs.  En 1337.

Ons verander weer saam die wereld in 2008.  DV.  En as ek wil.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Desember 17, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 17 Kommentaar.

  1. (((hugggggles))) Dankie vir die kompliment! *bloos*

    Gaan jou mis….

    Hoop jou en jou familie se feesseisoen is…. ongelooflik!

  2. Jou moer ook. En geseende Kersfees.

  3. Ag nee man, Bertus! Dit is mos ‘n goeie ding wat ek van jou se? Die meeste mense wat mislik en moeilik in die lewe is, is mense wat dit nie regkry om vir hulleself lief te wees nie. *tongklik*

  4. Toema Bertus! Fredddy dink eks halstarrig…

    Die kat halstarrig asem.
    🙂

  5. Geniet die vakansie. Sien mekaar weer in die nuwe jaar. Geseënde Kersfees, en groete vir die gesin.

  6. Alles van die beste. Lekker rus!

  7. Dankie Freddels (ek dink). Ek moet dit tog vir my familie en vriende vertel. Hulle reken ek is on’roer’baar. ‘n ‘Vreemdeling’ ken my beter! /ek klap ook tong. ‘n GeseEnde Kersfees vir jou en jou gesin ook en voorspoedige nuwe jaar en blah blah blah. You get the picture.🙂

  8. Freddels!

    Ek is geeerd om op jou blog genoem te word!

  9. Hiert! Hoe nou? Maar dankie Freddie! Hoop jou blaaskansie was vet pret.

  10. Psst, sal op julle nommers druk as dit ooit so ver kom. As wat ek nou gesê het jou die war in het, wag net ‘n wyle vir klaarheid.

  11. bwahahaha

    awe, geseënde kersfees en nuwejaar en gelukkige verjaardag en so aan daar ook. en ek belowe ek sal die 0wnage en 1337z0rz op my bloglysie sit😉

  12. Mag jy nou nooit ooit weer blog nie??????

  13. Hoe lank hou ds’s vakansie?!😀

  14. Hmm… dalk moet ons maar vir tyd en wyl in sy plek blog, tot hy terugkom?😉

  15. knock knock

    doen “i am legend”
    en “hitman”

    okay?

  16. Bestaan hierdie blog nog? Of is dit ‘n rottende karkas?

  17. Nou ja, eerder laat as dood, ne. Dankie, en ek’s bly om te sien daar is darem inskrywings na hierdie een – ek sien die ander bloggers raak aggro in die gesig van onttrekkingsimptome.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: