Golden Compass

golden compass

Die persoon wat my aangegryp het, is Ma Costa.

Lank gaan die heersende sisteem van die dag net aan en aan.  Min sien kans om daarteen op te staan.  Maar daar is tog ‘n profesie oor ‘n kind wat op pad is:

“Fra Pavel: Are you familiar with the Prophecy of the Witches?
Marisa Coulter: You think she is that child? She must be found.”

Ma Costa en die ander Gyptians byt vas.  Eendag is eendag, dan sal die mag van die verdrukker verbreek word.  En dan gebeur dit.  Sy kry die kans om die kind te aanskou.  “I am so glad I could live until this day. I’m ready to die now,” jubel sy, en my hart jubel saam.

Die kind kom om vryheid en waarheid te bring.

Aan al die Ma Costa’s van die aardbol, dankie vir julle geduld en julle gewag.  Soms is julle selfs onder die groot manne te vinde (a la Simeon, Lukas 2:28-32).  En ek weet die evangelie van Lyra stuur af op God wat doodgaan in die derde boek, maar then again, het Matteus, Markus, Lukas en Johannes ook dit reeds vir ons vertel.

Ns.: Moet bieg,  het ‘n rukkie gevat om agter te kom James Bond feature in die fliek. Tweedens, Nicole Kidman is nog mooier as wat ek onthou het, al is haar siel ‘n regte aap. Derdens: “Cool” ysbere.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Desember 11, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 12 Kommentaar.

  1. freddy, jou ou genius.
    daai insig van jou dat ons reeds vir God doodgemaak het, gee my telkens hoendervleis.
    en ek verstaan nie die fassinasie met nicole kidman nie (james bond ok nie, for that matter. gelukkig steek sy baard/snor in dié fliek sy opgestopte bolip weg).

  2. Lol @ Maeree: “gelukkig steek sy baard/snor in dié fliek sy opgestopte bolip weg”

  3. Thanx vir hierdie review! Mens kry vreeslike reaksie deesdae as jy net praat van fliek. Die tannies kan jou nie gou genoeg sê om tog net nie hierdie te gaan kyk nie! Ek kan egter nie wag om juis dit te doen nie.

  4. is vir my simpel dat te veel kritiek gee word sonder ‘n denkproses aan die agterkant. Mense praat net oor die fliek sonder om rerig te gaan dink soos jy dink… uitstekende post!

  5. Aan die twee Tiere wat ook kom comment het:
    Thanx. Ek dink nogal met die meeste goed in hierdie lewe, gaan dit oor wat jy met dit maak. Met ‘n broodmes maak ek lekker toebies, ‘n ander ou pleeg moord. En wat jy te se het oor goete, verklap die bril wat jy voor jou oe het.

  6. Ek het gisteraand, met veel moeite, deur die eerste 15 minute van hierdie fliek geworstel, voordat ek opgehou kyk het. Ek weet ek gaan dit ‘n vervelige fliek vind, maar ek voel tog verplig om dit te kyk, al is dit net om ook my eie opinie te kan vorm. Ek is nie ‘n fan van die epiese avonturefilms van ons tyd nie. Harry potter, lord Of The Rings, Narnia, Stardust en nou die goue kompas… Sug. My tipe avontuurfilms het vasgesteek in die 80’s by “Jewel of the Nile”, “Romancing The Stone” en Indiana Jones. Die tyd voor rekenaaranimasie…

  7. Laaik jou review

    Toe ek Da Vinsi Code wou lees toe se mense dieselfde dinge vir my, ” Nee dis van die Duiwel” toe ek hulle vra of hulle die boek gelees het om te staaf wat hul se toe se hulle nee hulle het nie.Toe se ek vir hulle daar’s ‘n boek op die mark wat hul eerder moet vermy, dit gaan oor ‘n ou wat by sy dogters kinders gehad het en oor ‘n ou wat st siel aan die duiwel verkoop het, en oor mense wat onskuldig vervolg het, baie oorlog, egbreuk, sodomie ens.

    Toe hul my vra wat is die boek se naam, toe se ek:

    Die Bybel

  8. Indien jy ‘n review oor 30 Days of Night beoog het, moenie. Worst movie I saw in years.

  9. Dankie vir die resensie. Ek dink ek gaan ook kyk net om te kan weet waaroor alles gaan. Ek hou veral van jou ontsluiting dat die drie evangelies in elk geval vertel hoe die kind in die krip aan ‘n kruis op Golgota tot ‘n einde kom.

  10. Ek’s bevrees Salige Rus is iets van die verlede. Die universiteit het my eposaccount toegemaak, nou kan ek nie meer by my wordpress password uitkom nie. Helaas. Dankie vir alles.

  11. kleinswemmertjie

    doom attie: Ek dink darem ‘n mens moet sê “oënskynlike einde”. Jesus sterf en net wanneer die vyand dink hy het die oorwinning behaal, staan Jesus op. Die graf is leeg. Dit is tog die goeie nuus van die evangelie.Nie waar nie?

  12. Nicole Kidman is asemrowend in die fliek, maar die fliek self is boring en langdradig. (Ek gaan nie praat oor die ‘undertones’ daarin nie. Ek het my se^ gese^ daaroor op my blog.) Daar’s beter ‘special effects’ in Poena is Koning 🙂 (RE die patetiese ‘landing’ van die heks op die skip ens.) Moet se^ die ysbere WAS impressive. Om nie eers te praat van my GUNSTELING akteur Sam Elliot nie. Daniel Craig kan gaan slaap (007).

Lewer kommentaar op Thinus Kanselleer antwoord