as it is in heaven (3)

as it is

Vrees en hoop.

Die een blokkeer liefde, want jy is BANG jy verloor dit weer. Die ander een ontsluit jou eie stem, maak jou oop om liefde te kan hê.

So om lief te hê, stel jou bloot. Dis ‘n vulnerability wat sê: “Hier is ek. Ek word deel van jou, al loop ek die risiko om jou weer te verloor.”

Die mense wat by ‘n begrafnis die hartseerste is, is die mense wat die liefste gehad het. Maar die alternatief is erger.

Ek dobber tussen vrees en hoop. Soms bang om voluit te leef, voluit lief te hê, voluit te sing. Wil dit nie weer verloor nie.

Moontlike teks: Romeine 5:5.

Ns.: Is daar ‘n verband tussen die fliek As it is in Heaven met die temalied: “Gabriella’s song”, en die fliek The Mission met die theme song “On earth as it is in heaven” waarin “Gabriel’s Oboe” as musikale tema voorkom? Toevalligheid? Asprisgeid? Is daar iets wat ek mis? Of hardloop my verbeelding te ver?

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Desember 5, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 8 Kommentaar.

  1. Ek dink As It Is In Heaven spreek ‘n diep behoefte aan wat alle mense het – mense wil nie met gebrokenheid saamleef nie, hulle wil hê ‘n figuur van elders moet hul lewe binnekom en alles regmaak sodat hulle weer heel kan voel en daar ‘n gelukkige einde vir alles kan wees. Dis maar die mens se onvermoë om met pyn saam te leef wat aan die wortel van die meeste religiee sit, en ook onderliggend aan die rolprent se gewildheid is.

  2. Bostaande is nie red flag listening nie, dis ‘n eerlike bepeinsing oor die moewie.

  3. Liewe Bertus
    As ek jou een keer beskuldig het van red flag listening, beteken dit darem nie ek dink jy luister altyd so nie🙂

    As jou eerste comment hierbo waar is oor mense se ongemak met pyn, sit dit ook aan die wortel van die beste movies van ons tye:

    Blue
    Red
    Beautiful mind
    Kolya
    Life is Beautiful
    en so meer.

    Maar het daai ou alles kom fix? Of het hy ‘n “space” voorsien waar die mense self hul eie fix-werk gedoen het?

    Hy het gehelp dat die groep eerlik reguit kon wees. Maar dit was steeds die groep. Daai blonde het groot rol daarin gespeel, van die begin af. Sy was geen outsider nie.

    Maar ek dink tog jy het reg oor pyn. Wat de hel maak mens met pyn? Wat maak JY met dit? “Everybody hurts” – so dalk sit dit ook aan die wortel van alle goeie musiek? George Maru, wat seg jy?

  4. ek probeer altyd seer wegsteek. ek weet ek doen dit. maar die effek daarvan is dat ek kan sien hoe ander mense ook hulle seer wegsteek, want ek ken die tegnieke… en dan maak dit ook seer, want ek sien myself in elke 2de persoon… en ek kry myself en hulle baie jammer… als is soms vir my baie silly.

  5. Dankie vir daai mooi stukkie musiek! Ek het The Mission se klankbaan nog op tape gehad en dit gespeel tot daar letterlik niks meer oor was daarvan nie.

    Verder wil ek nie regtig iets sê oor die post nie, mense gee veel te veel krediet aan die negatiewe dinge in die lewe – tob te veel oor bang, pyn, leiding… Ons leef maar 70 jaar, waarvan ek ruim oor die helfte is. Jammer, ek het nie tyd vir dobber nie, daar’s ‘n lewe daar buite om voluit van te geniet! Doen dit! Nou!

  6. Machiel
    Ek like jou comment. Ek dink nogal iets daarvan kom in hierdie fliek uit.

  7. Fredddy,

    Aggenee, hoekom móét jy nou dat ek weer bieg? Ek het nog nie As it is in heaven gesien nie! So ek lees jou posts selektief, omdat ek wel vrees dat jy die storie gaan weggee en ek dit nog wil sien. Eendag.

    Ek gaan ook jou vraag oor die verband tussen goeie musiek en pyn ignoreer (ek dreig nou al maande om ‘n post te doen oor Gorecki se 3de simfonie, “Symphony of Sorrowful Songs”, want dit sluit aan by RMB se vraag en oor die relevansie van ‘n godheid. Ek kan egter nie in die silly season met sulke goed deal nie. Dit sal moet wag tot die nuwe jaar.)

    Waaroor ek wel die afgelope tyd baie wonder, is oor iets wat Karen Armstrong in Buddha geskryf het: “There is a creeping new orthodoxy in modern society that is sometimes called ‘positive thinking.’ At its worst, this habit of optimism allows us to bury ou heads in the sand, deny the ubiquity of pain in ourselves and others, and to immure ouselves in a state of deliberate heartlessness to ensure our emotional survival. The Buddha would have had little time for this. In his view, the spiritual life cannot begin until people allow themselves to be invaded by the reality of suffering, realize how fully it permeates our whole experience, and feel the pain of all other beings, even those whom we do not find congenial.”

    Spiritualiteit en pyn loop hand aan hand. My hele lewe rebelleer ek nog teen die idee, maar die probleem is, ek vermoed die Boeddha is reg. Ongelukkig.

    Dit sluit aan by die konsep van die “sacred heart” (ek is nou te lui om te vertaal, vergewe my): It means that a person who feels tortured, exposed, despondent and betrayed, will stay open to encompass the total range of human experience. A person will not allow herself to harden or close. It means that a person stays connected to people and the sources of their most profound purposes even in the midst of defeat and despair. Through this experience of connectedness, people come to realise they are part of something bigger than the self. Die Sufi’s praat van die wond van die oop hart.

    Ek dink dit neem guts om so te leef. Klink of daar raakpunte in As it is in heaven is hiermee. Maar daaroor spekuleer ek net.

    Sorry vir die lang post.🙂

  8. George
    Wow, nee, jy hoef nie verskoning te vra vir die lang post nie. Ek drink die woorde in. En ek besef weer hoekom Gestalt terapie soms gemaklik hande vat met Buddhistiese lewensuitkyk. Gestalt reken elke mens het ‘n kontakgrens waarmee jy kontak maak met ander mense (of jouself isoleer). Maar jy kan emosies in jouself ook isoleer en kies om dit sover moontlik eenkant toe te skuif. Maar dis steeds daar en deel van jouself. Dit belemmer jou lewe in die hier en nou en jou voel onvolledig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: