indigo children

indigo-child.jpg

Ja, ja, ek weet. Dit was nou eintlik tyd vir ‘n movie post. Maar ek wil graag weet:

Is hier dalk enigiemand wat hom/haarself beskou as ‘n Indigo Child? Vertel ons asb. daarvan en hoekom jy so dink. Of miskien ken jy so iemand. Ons wag om van jou te hoor… Maar jy weet dit seker reeds.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Desember 1, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 18 Kommentaar.

  1. Indigo’s is vir my so interessant. Hoekom vra jy nou daaroor?
    Ek is nie self een nie, ken ook nie een nie, maar het al bietjie gelees daaroor. Soos ek dit verstaan is die eerstes gebore hier van 1972 af. Hulle sukkel om in die gewone sisteme en riglyne van skool en die samelewing in te pas en word dikwels gediagnoseer as ADHD kinders. Mens kan hulle amper sien as ‘n nuwe ‘spesie’ van die mense, in lyn met evolusie. Hulle is hier om die mense op ‘n meer spirituele vlak bewus te maak, en sodoende die aarde op ‘n meer vreedsame pad te kry.

    In die spirituele kringe word hulle beskryf as siele wat spesifiek net vir hierdie doel inkarneer, so dis hulle eerste keer hier op aarde. Die dat hulle nie so lekker regkom met al die reëls nie. Dit gaan baie gepaard met die veranderinge wat verwag word in 2012.

  2. Tiger, maar jys vinnig.

    Ek vra hieroor omdat dit vir my lekkerder is om oor goed te gesels as om net daaroor te lees. Verder wonder ek of indigo children net met sg. “New Age” terme beskryf word.

    Vertel asb. meer oor 2012, of gee hyperlinks as jy wil… maar ek is ook bang dit sidetrack die gesprek. Ek sal graag eerder wil hoor van indigo persone of hulle kennisse. En waarom trigger dit jou? 🙂

  3. Geez Freddels..ek moes hierdie een eers gaan “google” om te verstaan waarvan jy praat. En nadat ek die “google” inskrywings gelees het is my enigste comment:”wat ;n klomp b.s.!” Dis omtrent in dieselfde lyn as fundemantele christene wat glo die aarde is in 6 dae gemaak!

  4. fredddels, ek wonder ook maar wat laat jou aan die onderwerp dink? My kennis daarvan stem ooreen met Tigerlily s’n en ek dink nie (?) dit word buite die sg. “New Age” gebruik nie (seker omdat dit steun op konsepte soos reïnkarnasie).

    Ek is wel effe skepties hieroor. Ek kan nie sien hoedat baie van die eienskappe wat aan indigo children toegeken word, uniek aan ons tyd nou is nie. Mense wat sukkel met die gewone sisteme en nie inpas nie? Hulle was nog altyd daar. As dit spesifiek oor ADHD gaan, moet ek bieg dat ek nie genoeg daarvan weet nie. Tog wonder ek of daar nie ander faktore is wat vandag ‘n rol speel nie? Die indigo children is ‘n teorie, maar ek sien nie bewyse vir die teorie nie.

    Ek dink wel dat daar ‘n ontwikkeling in ons bewussyn is (ek sê dit met groot huiwering). Dalk probeer mense dit verklaar met teorieë soos indigo children?

  5. Thanx vir die bydraes. En siende dat George ook wil weet hoekom ek nou hierdie vraag vra: Nie regtig ‘n spesifieke rede nie. Ek wonder al ‘n rukkie daaroor (en nee, dis nie selfondersoek nie). Is daar in elk geval mense wat regtig kan se hulle pas in die gewone sisteme in? Hou hulle nie maar net uit nie?

    Ek dink daar is vandag darem n groter openheid vir intuitiewe aanvoeling as voorheen.

  6. Wat is ‘n indigo child? Kan jy dalk ‘n verduideliking hier plaas vir diegene wat te lui is om te google? Pers is my gunsteling kleur.

  7. Vir die wat te lui is vir google – (Bertus🙂 )
    The Indigo Children have been incarnating on the Earth for the last 100 years. The early Indigos were pioneers and wayshowers. After World War II, a significant number were born, and these are the Indigo adults of today. However, in the 1970s a major wave of Indigos was born, and so we have a whole generation of Indigos who are now in their late twenties and early thirties who are about to take their place as leaders in the world. Indigos continued to born up to about 2000, with increasing abilities and degrees of technological and creative sophistication.

    The Crystal Children began to appear on the planet from about 2000, although some date them slightly earlier. These are extremely powerful children, whose main purpose is to take us to the next level in our evolution, and reveal to us our inner power and divinity. They function as a group consciousness rather than as individuals, and they live by the” Law of One” or Unity Consciousness. They are a powerful force for love and peace on the planet.

    The Indigo and Crystal Adults are composed of two groups. Firstly, there are those who were born as Indigos and are now making the transition to Crystal. This means they undergo a spiritual and physical transformation that awakens their “Christ” or “Crystal” consciousness and links them with the Crystal children as part of the evolutionary wave of change. The second group is those who were born without these qualities, but have aquired or are in the process of aquiring them through their own hard work and the diligent following of a spiritual path. Yes, this means that all of us have the potential to be part of the emerging group of “human angels”.

    The following extract describes the difference between Indigo and Crystal Children. It is from Doreen Virtue’s article Indigo and Crystal Children:

    The first thing most people notice about Crystal Children is their eyes, large, penetrating, and wise beyond their years. Their eyes lock on and hypnotize you, while you realize your soul is being laid bare for the child to see. Perhaps you’ve noticed this special new “breed” of children rapidly populating our planet. They are happy, delightful and forgiving. This generation of new lightworkers, roughly ages 0 through 7, are like no previous generation. Ideal in many ways, they are the pointers for where humanity is headed … and its a good direction!

    The older children (approximately age 7 through 25), called “indigo Children”, share some characteristics with the Crystal Children. Both generations are highly sensitive and psychic, and have important life purposes. The main difference is their temperament. Indigos have a warrior spirit, because their collective purpose is to mash down old systems that no longer serve us. They are here to quash government, educational, and legal systems that lack integrity. To accomplish this end, they need tempers and fiery determination.

    Jammer Freddels, maar ek hoop dit spaar jou die tyd!

  8. 2012 is een van daai datums wat baie mense alweer blikkieskos en kerse voor bymekaarmaak. Dit is die einde van die Mayan Kalender en baie mense bespiegel oor wat dan sal gebeur. Actually is dit net ‘n baken vir wanneer ons aardbewoners bietjie meer ‘enlightened’ word. Dit gebeur al reeds en mense is klaar meer oop vir verskillende spirituele oorwegings.
    Soos alle spirituele sake dink ek dis ‘n baie persoonlike ding wat jy self moet ondersoek.
    Indigo Children is net hier om ons te help met die oorgang.

    Hulle interesseer my spesifiek, oor dit net vir my sinmaak dat ons nogsteeds besig is met evolusie. Als verander, en dit is bedoel om te verander. Al wat ons kan doen is om vas te hou en…enjoy the ride!!!

  9. Sjoe, Sonkind, thanx. Ek het nie geweet van die Crystal Children nie.

    Ek weet daar is iemand wat by UNISA navorsing gedoen het oor die Indigo Children, maar ek kry dit nie nou afgelaai nie.

  10. You’re my little indigo girl…

  11. Kat
    Ekskuus??

  12. Hier word kat en muis op my blog gespeel.

  13. ek dink indigo is maar net ‘n pretensieuse naam vir millenials.
    en adhd bestaan nie.

  14. is adhd nou attention deficit disorder?? Ek was so in Std. 1

  15. Thought provoking. This is indeed thought provoking. Hmm… It does sound so New-Age and unscientific in some senses, one wonders if it can be true?

  16. Wat kwalifiseer as New-Age? En wat is fout daarmee? Net oor iets nie Scientific is nie, beteken dit nie dis vergesog nie! Life is a miracle! Allesbehalwe wetenskaplik.

  17. Ek’t nou kans gehad om bietjie te gaan lees. Wikipedia was maar my bron van info vir nou. Daar is ‘n paar interessante idees geheg aan die “label” van “indigo child”, maar daar is ook ‘n klomp dinge wat ek reken maar snert is. Dis maar altyd die geval: elemente van waarheid, elemente van nonsens, saam gemeng. En ons job in al die? Om met die swaard die goeie van die slegte af te sny, die koring te vind en iets nuttigs daarmee te maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: