tagged

As jy hier lees en nie verstaan waaroor die 8 onthullings gaan nie, beskou jouself ook as getag, en loop doen dieselle op jou blog.  Hartlike dank.

1.  Ek het in die VSA vir ‘n Jamaican gewerk as karwasser.  Die ou tannies het goed getip as jy bereid was om ‘n soen ook te aanvaar.

2.  Ek gril vir ‘n roomysstokkie tussen my tande.

3.  Ek gee nie te veel om om aan ‘n lyk te vat of ‘n brein op te tel nie, maar ek kan nie Hostel of Saw kyk nie.

4.  ‘n Blou-aap het my regterbeen gebyt in Amanzimtoti.  Ek het nie teruggebyt nie.

5.  Pinnochio het my nagmerries gegee… dink dit was sy angstige stem.  Ek kyk vandag steeds nie Supersterre nie.

6. Ek kon nog nooit besluit tussen blou of groen as my gunsteling kleur nie.

7.  Ek is al met ‘n rewolwer gedreig deur ‘n daggagerookte.  Toe nooi ek die ou maar vir ‘n kuier, en toe besluit hy dis beter om weg te ry.

8. Ek het al ‘n ervaring gehad van Sleep Paralysis.  Maar blykbaar is dit redelik algemeen.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on November 28, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 9 Kommentaar.

  1. Ek het ook al sleep paralysis gehad; myself doodgeskrik en gedog dis ‘n demoon.🙂

  2. Ons het AMPER iets in gemeen. Ek was in ‘n kar wat ‘n blou aap dood gery het in Amanzimtoti (oppad Illovo Beach toe). Soos ek se^, amper… Die blou ape van Amanzimtoti darem.

  3. SP is nie baie lekker nie.

    En Kruidjie, dan is jy nou my hero. Ek is seker dit was DAARDIE blou-aap gewees…

  4. Hehehe! Dankie vir die ‘seriaaaaaaaaaaaas’ smile!!!

    *dink* … Ek hoop die aap het ‘n veearts gaan sien na daai ‘byt’??!! *winks*

    Jy mag darem maar ‘n ding ‘vertel’… Laaik nog allie pad die plek!!!

    E

  5. wat is sleep paralysis?

  6. Platter
    Ek dink nie die aap het ‘n veearts gaan sien nie, maar hy het verseker gaan bad. Die skrik was groot.

    Neykie
    Dis wanneer jy wakker word en aware is van alles om jou, maar jy kan nie roer nie. Jy voel hoe jou lyf slaap en jou asemhaling rustig is, maar jy kan nie eers jou oe oopmaak nie. Dit gaan gepaard met “lucid dreams”. Kyk hier:
    Sleep paralysis

  7. HEHE!!! ‘n Bek@kkingswaardige oomblik gewees???

  8. ek het geweet dat jy nie omgee om breine op te tel nie.
    het jy al ooit ‘n mens-brein in iemand anders se rugsak gesit?

  9. Stem nie saam nie. “Lucid dreams” is iets anders, waar jy aktief beheer vat oor jou drome. Sleep paralysis is waar jy wakker word, voor jou brein se beheer oor jou liggaam wakker is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: