krities oor kritiek

Voor ek nou enige fliek wil bespreek, het ek besluit dis nou eers my beurt om gal te braak.   Juis hieroor: Galbraak.

Wat het van balans in hierdie lewe geword?

Ek is sommer geirriteerd oor die feit dat ek min mense hoor wat positief en negatief gelyk wil hanteer.  Oor ‘n spesifieke saak, is alles sommer net fantasties, of alles is sommer net aaklig.  Dit het wel die inding geword om geweldig (lees: moerse) krities te wees oor enigiets.  As jy kan uitstaan met jou opinie, is dit omdat jy dit reggekry het om met die regte byvoeglike naamwoorde en tussenwerpsels iets af te skiet as totale gemors.  Veral as dit iets is waarmee klomp ander mense tevrede is.  (Nee, ek verwys nou nie hier na Zuit se post oor plastiek klompe nie).

Ek vat lankal nie meer die ouens ernstig op wat met mening eenvoudig MOET verskil van die status quo nie.  Ek self is dikwels geirriteerd met die status quo, maar hel, is ALLES dan sleg?

Hoekom moet ons alles tot op die been en tot in die murg dissekteer om al die vrot kolle uit te snuffel?  Ja, dit is daar.  Altyd.  Maar is dit al?

(Ek onthou op universiteit het jy meer punte gekry as jy die vrot kolle kon uitwys en aangaan en aangaan daaroor.  Ek verkies om die universiteit vd lewe ietwat anders in te span.)

Nagedagte: Ek wonder wel: Het hierdie neiging om harder te moet moan gekom weens die feit dat mense net nie meer na mekaar luister nie?

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on November 11, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 12 Kommentaar.

  1. Ek het ‘n lang tyd terug iewers op ‘n verlore blogsite met hierdie saak geworstel. Suid-Afrikaners ly gereeld aan ‘n ongeneeslike geval van niks-is-goed-genoeg-nie. Veral as dit by politiek en sport kom. As niks goed genoeg is nie, is dit lekker maklik om te sê: Ek het mos so gesê. Hel ek haat dit! (Ek wou gevloek het maar dit gaan klaar vir my moeilik wees om in die hemel in te kom)

    As alles goedgaan en as mens saamstem met alles, is daar niks om oor te gesels as die manne/meisies om die vuur staan nie. En niemand wil dit hê nie…

  2. fredddels, wanneer het mense na mekaar geluister?

    Dit is baie makliker om krities te wees, want daar is baie om oor krities te wees🙂. Dit is moeiliker om op oplossings te fokus. Dit is harde werk. Buitendien dink ek mense dink hulle voel beter na ‘n goeie bitch-sessie.

  3. Wat het hierdie galbraak aangebring? Gee besonderhede van die spesifieke voorval en wie die varke is, anders gaan almal wat hier lees dink jy praat van hulle.

  4. Stem saam met Bertus, want ek is nou oortuig dis my klompe storie😉

    Jy’s reg, mense likes van moan. Soos Lambo sê, dis makliker om negatief te wees, want dan word jy nie so teleurgestel as iets verkeerd loop nie. Dan kan jy darem goed voel dat jy reg was oor die verkeerde sameloop van omstandighede (amper soos mense in SA wat vir die All Blacks skree).

    Mense is defnitief meer negatief oor die algemeen as 2 of 3 jaar terug. Ek kon nie glo hoe positief almal oor die toekoms was toe ons terugkom van Engeland af nie (3 jaar terug). Toe het huispryse die hoogte in geskiet en almal het geld gemaak, en almal was “proudly South African”. Nou dat daar meer onsekerheid is, het mense weer begin negatief raak en moan almal oor misdaad en affirmative action. Ek weet nie baie van meme’s nie, maar dit klink vir my soos een. (http://en.wikipedia.org/wiki/Meme). Hoe stop mens dit? Deur self te kies om meer positief te wees? Is dit genoeg?

  5. Was dit dalk hierdie restaurant review wat jou laat gal braak het?
    http://lifeandhealth.guardian.co.uk/food/story/0,,2203404,00.html

    Een van die snaakstes wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Ek sal dit amper oorweeg om na daardie restaurant toe te gaan net om te gaan sien of dit regtig so sleg is (gelukkig is dit in Londen, so dis nie ‘n opsie nie).

  6. Nee, Bertus!, ek het regtig nie iemand spesifiek in gedagte nie. Dis tog soms ek self ook. Dit voel net tans vir my of die hele hele wereld thrive op sterk negatiwiteit. Dis asof mense se: “This is the world, thank goodness I’m not part of this.”

    En deur gal te braak, is die ironie dat ek juis dit doen. Nee wat, medebloggers, julle is nog cool, hoor.

  7. ‘n Ernstige onderwerp hierdie. Dirkie Smit (US) het onlangs ‘n praatjie gehou oor “die storie van publiek”. Hy gebruik Habermas se filosofie van die “ideal speach situation”. Die krux van die saak is dat ons – agv die openbare media (wat in ons tyd meer ingestel is op vermaak en nie op debatstimulasie nie) – nie meer weet hoe om te debatteer nie. Saamstem en/of afkraak is nie debatteer nie. Vraag is, hoe help ons (wat in rolle is van opinievorming) mense om te debatteer? Of wil ons he hulle moet soos ons dink?

  8. Lammervanger – dan kan ek nou maar vandag klaar vergeet om hemel toe te gaan, want my vloekboekie is oorvol🙂

    Ek moet se – hier is so een of twee bloggers wat ten minste elke tweede post so bitch dat ek al gedink het die arme persoon het waarlikwaar geen lewensvreugde nie. En NEE, dis nie een van julle hier bo nie!

    Ek glo natuurlik dat, oor die algemeen, dit mense is wat nie innerlike vrede en geluk het nie, wat so negatief is, wat so bitch en moan en teem. Ek meen, elkeen staan soms met altwee verkeerde voete uit di ebed uit op en ek self is elke Sondag mislik – seker ‘n Sondag wanbalans in my brien. maar geen mens kan 24/7 net verdomp teef nie.

    En alles kan nie NET sleg wees nie. Shit man, meeste van die tyd is die lewe actually flippin lekker, al bly ons nou in Suid-Afrika😆

    En nou het ek ook genoeg ge-bitch!

  9. Ek is ‘n weegskaal en glo aan balans. Na elke eb moet daar ‘n vloed wees en na elke dag nag. Goed, sommige goed is net sleg, jammer Zim. As mens wil kan jy net soveel juig as wat jy sanik. Mense wil net nie. Hulle weet nie wat hulle mis nie.

  10. Mense wat uit gewoonte uit altyd kla, sonder dat hulle eers dink waaroor hulle nou alweer bitch, dis hulle wat ek ook net wil verdrink.

  11. /me lig een wenkbrou
    Ek het dit geweet! Dis oor my kraam post ne?

  12. Dominee Spikkels, het jy gehoor van die Rapport-boikot eerskomende Sondag? Gaan jy vir ons ‘n voorbeeld stel en deelneem?😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: