300

Terwyl Bertus! so ontevrede is met chick flicks en graag kategoriee uitdeel, kom ons gesels bietjie oor een van die beste komedies wat in die laaste jaar uitgekom het:

300

Komedie is nie regtig my gunsteling genre nie, maar ek moet toegee, ek het letterlik geskree van die lag vir hierdie uitstekende een. Hierdie is ‘n movie waar 7de Laan kan kom leer van satire, melodrama en oordaad. Snaaks dat die video-winkel dit onder die kategorie van “Adventure” geplaas het… Ek meen, waar’t jy nou gesien dat in ‘n wilde samelewing met alle fokus op trots en fisieke krag die pappas hulle seuntjies soentjies gee na ‘n bloedige geveg. UITSTEKEND! Nie eers Casper de Vries kry sulke funny paradokse in sy shows ingewerk nie.

Ek wil tog graag vashaak by die verbeterde werklikheid van die gebeure. Ek dink nie ek was teenwoordige met die groot veldslag nie, maar in die fliek was dit tog asemrowend om te sien hoe:

* Fantastiese Lord of the Rings-tipe wesens figureer
* Bloeddorstige soldate enduit in pragtige rooi drapeersels rondwandel
* Xerxes in ‘n buitewereldse stem sy voorliefde vir BDSM aantoon
* Die koning se verkragte vrou mooitjies liberated en skerp die mes in die oortreder se pensie druk en uiter: “This is going to be slow, and you’re not gonna enjoy it.”

Dis nie net hierdie fliek wat die gewone lewe wil ophef na meer as wat dit is nie. Dis met baie goed so. I mean, kyk hoe fantasties lyk die pasta op jou Fatti’s & Moni’s se boksie. Maar haal dit uit daai boksie, en jy sien dis gewone gedroogte deeg. Gaan kyk na Wikipedia se prentjie van Thermopylae waar die geveg plaasgevind het, en jy sien ‘n gewone ou vlaktetjie tussen die berge. Ons hemel goete op om meer te wees as wat dit is. Ons maak van alles CV’s (verbeterde weergawes), omdat die gewone lewe heeltemal te gewoon is om te hanteer.

Why?

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Oktober 29, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 8 Kommentaar.

  1. ek het aan die slaap geraak in hierdie fliek.

    ewenwel, jou preek sou kon aangaan, na ‘n God wat nie oordadige oorwinningskrete skree nie, maar eerder “my God, my God, waarom het u my verlaat?”, na ‘n subversiewe geloof wat dit wat swak is, sterk maak, dit wat dom is, slim maak.
    of is dit te obvious? (ek is ‘n fan van jou subtiliteit.)

  2. ek het ongelukkig ook net 15min gehou in hierdie fliek.

  3. Die koning se vroutjie se “This is going to be slow, and you’re not gonna enjoy it” was die beste deel van die fliek!

  4. Liewe aarde, Roer! Nou weet ek hoekom jy so genoem word. Jy staan nie stil nie, comment sommer tjoptjop of 5 plekke.

  5. LOL! ADD dink ek.🙂

  6. Dis amazing hoe jy altyd hierdie goed raaksien. Thanx!

  7. hey, is hier nog niks van “pan’s labyrinth” nie?
    how did that happen?

  8. Ja nee hierdie flieg was legendaries in sy blatante swakheid…om nie van die onderliggende VSA propaganda-geurtjie te praat nie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: