As it is in Heaven (Deel 2)

As it is in heaven fiets

“My dream is to open peoples’ hearts through music”.

Een van die goed waarmee die fliek mens tref, is eenvoud.

‘n Klein plattelandse kerkkoortjie met gewone mensies wat mooierig sing.
Die pret van ‘n fietsrit.
Wanneer die koortjie by die dorpsfees sing, wil jy amper giggel oor die naiwiteit van die gesigte en die blomme agter die ore.
By die romanse-hoogtepunt, begin sulke amper cheezy musiek speel. Maar dit word gesing deur die een vrouekarakter self, en jy weet dit. Maar dit werk, want dis sommer net eerlik en eg.

En aan die einde van die fliek, verwag jy ‘n groot fanfariese hoogtepunt in die Oostenrykse ouditorium. Maar dit kom nie. In musiekterme gebeur ‘n gewonerige ding. In menslike terme gebeur ‘n wonderwerk. Hulle harte gaan oop deur die musiek.

Ek soek nog soms die vervulling van my drome in groot fanfares en asemrowende suksesse. Maar ek dink dis wanneer ek nie regtig in touch is met my eie drome nie. Gewone lewe is nie gewoon nie.

Die koninkryk het naby gekom. Lees gerus Mat. 18:1-5.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Oktober 24, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 13 Kommentaar.

  1. Self het ek van die fliek gehou, maar ek was ook nogal chaffed dat daar ‘n resensent in die Sunday Times was wat dit gehaaaaaat het. Net omdat ek ongemaklik raak as die hele wêreld so saamstem oor iets. Van die ou se kritiek: (1) daar is te veel subplots, (2) die storie raak nogal voorspelbaar, (3) hoekom gaan swem die vrou kaal maar die man hou sy broekie aan, en (4) die einde was stupid. Almal is waar, maar punte 1-3 het my nie gepla toe ek die fliek gekyk het nie. Punt 4 is egter besonder geldig, dit het my ook opgeval en ek het daai kritiek al teenoor ander gelug.

  2. Ek hoor wat daai ou se vd Sunday Times.

    1. Persoonlik vrek ek oor honderde subplots. Dis redelik hoe die lewe werk.
    2. Ek stem nie saam nie. Daar was n paar plekke waar ek gedink het die hoofkarakter groet nou.
    3. Die ou swem nie saam nie, hy retireer en jaag weg
    4. Die einde was myns insiens als behalwe stupid. Dis juis daarom nie voorspelbaar nie, en sy hele droom vir sy hele lewe word op daardie moment waar. Dit gaan nie meer vir hom oor wen en kompetisie nie. Hy kry sy droom reg terwyl hy besig is om dood te gaan. Ek dink dis uiters wonderlik.

    Terloops, julle het tog seker al agtergekom ek blog nie net oor sg “goeie” flieks nie.

  3. Dit was baie erudiet.😉

  4. 1. ‘n Fliek kan nooit te veel subplots hê nie, mits hulle almal “behandel” word, en nie net “vergeet” word nie. Die film “Noise” is ‘n onlangse voorbeeld van wat ek bedoel.
    2. Ek sou dit nie regtig voorspelbaar noem nie, ek sou liewer sê dat daar nie regtig verrassings (twists) was nie.
    3. Hoekom wil die resensent van Sunday Times so graag die ou sonder sy broek sien? (My vrou se mond het gewater vir hierdie man en ek moet sê ek het lanklaas so ‘n sexy vrou soos Frida Hallgren in ‘n film gesien!)
    4. Ek het hoendervleis gehad. En daai laaste blik op die koringland – pragtig.

    Ek dink die grootste probleem met hierdie film is dat die verwagting wat geskep word, deur die pers en medemense, veel te hoog is.

  5. Hoekom moes die ou gesterf het aan die einde? Sou die fliek swakker gewees het as hy bly lewe het? Nee, maar dit sou minder melodramaties wees.

    Dis ‘n ou lyn van flieks soos American Beauty en As It Is In Heaven – laat ‘n ou hom inwoel in ‘n situasie wat nie volhoubaar is nie, en laat sterf hom dan in die einde eerder as om die ding deur te werk.
    Ga! Baaaag! Ga! Gmf!

  6. Ag, nice try, Bertus! Lol. SPeel net. Ek het dieselfde gevoel gekry met City of Angels en Message in the Bottle. Dit gebeur dikwels in movies. Maar in HIERDIE geval weet jy van die begin af die ou is siek en afgeleef. Ek dink dit sou simpel gewees het as hy ewe mooi gesond geword het en happily ever after geleef het.

  7. Ja wel soos ek gese^ het, dis nog voorspelbaar ook.

  8. *Proes*
    Ek kan met redelike sekerheid voorspel dat ek ook sometime gaan sterf.

  9. CHICK FLICK!!!!!!

  10. Mosterd na die maal om nou by die gesprek betrokke te raak, synde 2 ander movies al bespreek word. Maar nietemin, hoop dit kom dan by jou uit Fredddddels. Thanx vir die post. Aanvanklik het ek die fliek in Rosebank gaan kyk en ok maar gedog, “ag, nog ‘n sweetie”. Die slot scene was vir my so “fliekerig”. Maar toe gebeur dit dat Liewe Desmond sy uitspraak maak dat die Dalai Lama hemel toe gaan (en die kerke snak na hul asems), en ek besluit: voila, dalk le die antwoord vir my in die fliek. Weer gaan kyk. En voila, skielik maak die slot sin. En ky ek dit oor en oor. (En nou dat ek daaraan dink, die Dalai Lama en Desmond het albei hul noot in die lewe gekry…).

  11. RMB

    Bitter jammer, ek moes net eenvoudig aanbeweeg…
    … ek hoop darem dat hier nog n rukkie gepraat gaan word, Bertus! probeer darem sy deel doen hier. (De Gogelaar is darem nie regtig ‘n fliek nie, maar ek het gereken dit kan net sowel wees!)

    Ek like van wat jy se oor die Dalai Lama. My arme evangeliese moeder is baie geskok oor Desmond se uitsprake en hoop sy saak is darem nog reg met die Here.

  12. rightsaidreverend

    Ek vermy goed wat die hele wêreld oor rave. Maar ek moet erken, ek is ook mal vir As it is in heaven. Ek stem saam daaroor dat die subplots die storie vir my laat werk. Dit was darem almal aan een rugraat geweef. Soos ‘n goeie storie moet. Maar die einde het my effens aan ‘n Disneyfliek herinner. Ek dink dit pla my omdat die hele saal saam begin geluide maak het. Maar RMB het my nou weer so bietjie laat dink…

    Ek hoop jou moeder kom gou oor haar skok. Ek het my skoonsussie so geskok verlede week toe ek vir haar beduie dat Sakkie Spangenberg darem nie Niek homself is nie. Nou wil sy weet of my saak met die Here darem nog reg is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: