Meet Joe Black

In my eerste gemeente het die hoofouderling die voorreg om die nuwe proponentjie eerste vir sy wyk te gaan wys.
Op pad na huis nr 3, vertel hy my dat die tannie se man onlangs oorlede is. “Maar wat, sy gaan goed aan.”
Ons klim uit die motor, hy klop aan die deur. Tannie vat bietjie lank. Onseker prewel die oom: “Ek hoop nie ons is nou voor dooiemansdeur nie.”
* * *
Ander keer is ek voor die begrafnis-ondernemers by die langslewende. Groot Oom se liggaam wag nog in die kamer. Die ondernemers daag op. (Ek sou verkies het dat hulle naam eerder “bo-nemers” moes wees.) Maar hulle bestaan uit: een sterke man, en een fyne vroutjie. Ek bereken vlugweg die gradiente van die gange en draaie en hoeke, en ek weet: Vandag is ek ‘n Draer.
Ek kry my eie paar blou handskoene. Hulle squeek. Verbouereerd staan Fyne Vroutjie opsy. “Dankie, Dominee.”
Ek en die sterk man moet ons draai ken. Ons two-step selfs hier-en-daar. Soms is die liggaam heeltemal vertikaal, en soms is ek darem weer vertikaal. Ek is later skoon dronk.
Sedertdien begryp ek wel hoekom is dit ‘n ondernemer. Dis swaarder onder.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Junie 29, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 4 Kommentaar.

  1. Baie oulike Six Feet Under storie!

  2. Molo buti. Kanjane whena?
    Se net eers, het jy in die afgelope tyd nie dalk iets geskryf oor “As it is in heaven” nie? Indien wel, datum? Wil bietjie daaroor gesels en soek ‘n gesprekspartner.

  3. Idi
    Dankie. Al is dit bietjie dooierig, ne?

    Oppietrap
    Hayi, ndisaphila, enkosi, akukho nto imbi. Ek het sowaar nie As it is in Heaven gekyk nie. Maar nou laat jy my wonder. Sal plan moet maak.

  4. Gaan kyk, gaan kyk! Min dat ‘n mens ‘n audience het wat sit totdat al die postcrips klaar gerol het. En dan hande klap. (Sal graag wil hoor wat jy van die einde dink…).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: