Bridge to Terabithia


“Children are our finest teachers. They already know how to grow, how to develop, how to learn, how to expand and discover, how to feel, laugh and cry and get mad, what is right for them and what is not right for them, what they need. They already know how to love and be joyful and live life to its fullest, to work and to be strong and full of energy. If only we didn’t get in their way.” Aldus Violet Oaklander.

In hierdie fliek is die brug in die genoemde titel ‘n plek waar jy oorgaan na ‘n ander wêreld. As’t ware ‘n ontsnapping van realiteit. (Sien ook die post by Amelie en Life is Beautiful).

Of is dit?

Vir eers is die vreemde karakters in die onvlugtingswoud vreemd en ver. Dit is te onwerklik vir woorde. En jy sien dit word die plek waar die twee kinders ontsnap uit moeilike skool-omstandighede en, vir die een, ‘n moeilike huis.

Maar mettertyd herken jy die vreemde karakters as eg. Dit is eintlik mense van hulle real life wat as towerkarakters in Terabithia voortbestaan. Dis nogal great om die ver-af monster kort-kort te sien. En soos wat die seun se verhouding met sy pa verbeter, kom die monster telkens nader en nader. Totdat die verhouding herstel en die monster verdwyn.

Ek het hierdie film terdeë geniet. Jy sien heelwording plaasvind in die kinders se droomwêreld.

Ironies dat die meisie sterf presies op die plek waar die brug na Terabithia is.

Maar ek hou daarvan so. Terabithia bly voortbestaan vir die seun. Dit is waar hy ook heel word van sy verlies. Hy bou selfs ‘n sterk brug na die towerbos vir sy sussie.

Ek soek na twee goed in my eie lewe n.a.v. hierdie eenvoudige fliek.

1. Vertroue in my eie ontvangde kreatiewe krag om die werklikheid te verstaan en sin daaruit te maak.
2. Ek wil ook sulke brûe help bou vir ander mense; diegene wat vasgeval sit.

Moontlike teks: Jesaja 44:1-5. Dis ‘n droomteks vir mense wat nie meer wou roer nie. Die “imagery” van die wilgerbome langs waterlope laat my ook dink aan die fliek.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Junie 26, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 2 Kommentaar.

  1. okay, ek sal die biets wees.
    ek dink die idee van kinnertjies wat alles is wat ons eintlik moes gewees het, is baie soos die idee van die “noble savage”.
    kindertjies is nie, bloot omdat hulle kinners is, meer in tune met die heelal as volwassenes nie.
    kinders is dom en naïef. en soms evil.
    there, i said it.

  2. Ja, Oaklander oordoen dit.

    Maar ek dink grootmense kom nogal in hulle pad.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: