Apocalypto

Ek sit van vanoggend af met ‘n kopseer. Dis Apocalypto se skuld, want ek het dit uiteindelik gekyk. Nogal walglik.

“Fear is a disease. Strike it from your heart.” Makliker gesê as gedaan. Ek was vir ‘n paar oomblikke bang die fliek kry nie klaar nie. Ná hierdie ontblote harsings, drillende harte en oopgekerfde kele is die volgende fliek seker Hanniball Rising. (Vergeet daarvan…) Die arme tapir se wrede slagting in die begin van die fliek is klaar erg genoeg.

Die openingstoneel en die slottoneel vorm ‘n toebroodjie (alhoewel nie vegetaries nie): ‘n mooi stukkie bos. Dit begin met plante en eindig met plante. Maar die vulsel tussenin is vol mense en dus ook vol bloed.

Die tema van vrees het my aan die wonder gesit. Die mense in die fliek het vrees vir dood, geweld, verlies, vernedering, afskeid, misgeboorte, you name it, dit is daar. Maar op die ou einde word meeste van die geweld in die fliek gedryf deur vrees vir God.

Wanneer is mense bang vir God?

Ons is bang vir Hom wanneer ons dink Hy is kwaad.

Is God kwaad?

Hoe kwater God is, hoe meer geweld pleeg ons in die naam van godsdiens.

Snaaks dat die fliek se naam Apocalypto is. Ek verstaan die Mayan samelewing het ‘n obsessie gehad met tyd. Beginne en eindes. ‘n Apocalypse verwys soms na ‘n eindtyd, of ‘n finale fight voor alles klaar is. “We seek a new beginning,” verklaar Fish Hunter aan Jaguar Paw.

Ek soek dit ook.

Ek besef die kruis staan eintlik ook teenoor die Christendom self. Ek wonder of Gibson gereken het die koms van die kolonialiste was die “new beginning”. Ek is versigtig om dit te sê. Tog het die kruis saam met die skepe gearriveer. Ek sou wou hê dat die kruis beteken: Geen offers meer nie. Daarom geen onreg, geen uitbuitery, geen ekonomiese verdrukking, geen geforseerde skeiding, geen bang kinders, geen verkragting, geen vernedering, geen geweld, geen vrees –

ook nie vir God nie.

Moontlike teks: 1 Joh. 4:18-19

Ek het steeds kopseer.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Mei 31, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 7 Kommentaar.

  1. Jou blog is baie cool.

  2. Thanx, Idiwidi! Ek sien jy oorweeg om the Fountain te kyk. Volgens jou foto’s reken ek jy sal die fliek wel kan geniet weens die visuele prettigheid daarvan. Ek dink net nie die acting en die storiesirkel is baie impressive nie.

  3. Ek het gedink Apocalypto was cool

  4. ek weet nie of ek van die fliek gehou het nie.
    ek hou van jou gedagtes oor die fliek.
    maar ek verstaan steeds nie wat hulle probeer doen het nie.

  5. Ek dink ook die fliek gee ‘n idee van hoe die mense se vrees vir God ook maar soms die mens kan lei om euwels in die wêreld tot stand te bring. Ek sien maar weinig verskil tussen hierdie uitgebeelde konflik, en die ontwikkeling van iets anders in oorsprong Iraq.

  6. Ek was ook bietjie naar na Apocalypto. Maar die origin story wat die ou met die af arm aan die begin vertel het ek al in ‘n preek gebruik, so ek kan seker nie te veel kla nie.

  1. Terug pieng: My favourites « Kinekansel

Lewer kommentaar op Freddy Kanselleer antwoord