Spiderman 3

(Vandag staan ons stil by ‘n 3-minute moment van Spiderman 3, wat volgens my, ‘n deurlopende tema uitbeeld.)

Ons sien die kerktoring van ‘n kerkgebou in Manhattan. Die kruis op die toring vertoon duidelik. Die volgende moment is ons net onder die dak van die toring, en ons sien ons spinnekopheldjie verbete veg met homself / buiteruimtelike plasma.

En ek weet instinktief: Dis my geveg daai. En dit vind plaas direk onder daardie kruis wat ons gesien het, al sien ons dit nie nou nie.

In dieselfde kerkgebou sit die pseudo-fotograaf en bid dat Spiderman bietjie Doom kry. Spiderman moet sterf, vra hy.

En saam met hom, sien ons hoe dit gebeur. Onder die geklank van die kerkklok, kom die swart plasma van Spiderman af. Die plasma het gevoed op Spiderman se wraaklus. Onder die geklank van dieselfde kerkklok, onder dieselfde kruis, val die swart plasma bo-op die pseudo-fotograaf. Dit word sy dood wat hy kies, en Spiderman se redding.

Net hierna is Spiderman in die stort. Die water stroom van hom af. Dit is ‘n dooptoneel, as jy my vra. Onder die kruis is sy klewerige haat afgegooi, het redding gekom onder die geklank van die klok. Die doop is immers “die afsterwe van die ou mens en die opstanding van die nuwe mens”.

Dan hoor jy sy tannie klop aan die deur. Die deur sukkel nog heelmiddag (hang af hoe laat jy fliek). Hy gryp die deurknop, en dit kom af. “Ha!” dink ek, “nice scene, hy het iemand van buite nodig om die deur oop te kry”. Maar hy probeer weer, harder, en kry dit reg. En van hier af sien jy nie weer dat die deur sukkel nie. Dit was die draaipunt van die karakter. Redding het vir hom gekom. Hy het dit gekies, al was dit moeilik.

“You always have a choice!” hoor ons aan die einde van die fliek.

Onder dieselfde kruis, onder dieselfde klok, was dieselfde swart plasma, en twee mense. Die een het lewe en vergifnis gekies, die ander wraak en die dood. Vir die een was die klank van die klok, die klank van lewe, vir die ander was dit die klank van die dood.

Moontlike teks: 2 Kor. 2:14-16

(Terloops: Ek kan alles glo wat ek in die fliek sien: Sandman, Green Goblin, Spiderman, Alienagtige plasma. Maar daar is een flippen ding wat my in al drie flieks uit die verbeel uit irriteer: Hoekom de dinges kry Spiderman dit reg om vinniger te val as alle ander objekte en mense? Dit maak dat Spiderman heeltemal ten gronde gaan…)

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Mei 17, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 6 Kommentaar.

  1. Lammervanger

    Jy gaan eendag die dominee op my troue moet wees.

  2. Ek doen dit met graagte. Sorg jy net vir die video-projektor🙂

  3. briljant briljant briljant

    ek weet nie of ek glo dat jy altyd ‘n keuse het nie. ek’s te gereformeerd. uitverkiesing en daais.

  4. Maeree

    Dalk.

    Maar ek dink God sou vir Homself en ons almal baie moeite gespaar het as Adam en Eva dan maar reeds nie vryheid van keuse gehad het nie.

  5. Het nou net terug gekom van Spidey 3 af (uit eindelik gesien!). Beste Spidey van die 3.

    Hy val vinniger, want hy trek homself ondertoe met sy webbe.

    Iemand moet nog eendag vir my mooi verduidelik hoe uitverkiesing nie onregverdig is nie. Ek dink ek verstaan dit soortvan, maar ek dink nie ek kan dit vir iemand anders verduidelik nie.

  1. Pingback: Incredible Hulk « Kinekansel

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: