Truman Show

Nouja, na aanleiding van Johan Swarts en Anja en almal wat nou hulle 5 onbekende dinge aan almal verkondig, laat ek dan ook probeer.

1. My regtermiddelvinger is bietjie korter as my linkermiddelvinger. Ek was 5 jaar oud toe die wind ons voordeur op hom toegeklap het. Ek gooi dus zap-signs net met my linkerhand, anders snap hulle dalk nie.
2. As ek in ‘n vervelige vergadering sit, doen ek in my verbeelding picasso-tekeninge van die mense om my. As dit nog meer vervelig raak, doen ek dit in suiwer swart en wit.
3. My laerskooljare was in Vryheid, 16km vanaf Bloedrivier. Ek het gebly in Afrikanerstraat en my skool was Nieuwe Republiek Laerskool. Ek moes met Deputasie-straat op my fiets skool toe ry. You can’t imagine…
4. Ek vind dit onmoontlik om trappe te klim sonder om hulle te tel. (Maar ek is nie bang vir vuil hande of krake in die sypaadjie nie, relax.)
5. Wanneer my neus toegaan van sinus of verkoue of so iets, begin dit eers by die linkerneusgat. Hehe.
6. Ek steur my nie altyd aan die reëls nie.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on April 24, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 6 Kommentaar.

  1. Dink jy mense het die behoefte om meer van hulleself aan ander mense te vertel?

  2. Jou no 1 laat my dink aan nog een vir my:

    My tone is omtrent almal ewe lank (met die uitsondering van die kleintoontjie). My voete lyk dus soortvan soos die die hekse se voete wat Roald Dahl in The Witches beskryf. Dankie tog ek hoef nie punt skoene soos vrouens te dra nie.

  3. Ek het ‘n ruk gelede vir twee weke lank verkoue gehad net aan die een kant. Dit was weird.

  4. Kat
    Almal wie se blogs ek lees, onthul eintlik heeltyd goed van hulself.

    Zuit
    Ek dink die Hang Ten Company kan jou gebruik vir hulle bemarkingsveldtogte.

    Idiwidi
    Unbelievable! So wanneer jy dan kruipslag swem, haal jy heeltyd net aan die een kant asem?

  5. minellipienk

    Freddy, wanneer gaan fliek jy weer?

  6. Bestaan hierdie blog nog?
    Ek wil graag iets oor Jesus of Montreal lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: