Ghost Rider

(Ek doen hierdie post teen my beterwete in. Dis nou nie juis ‘n fliek wat lank by jou spook nie.)

Dit lyk nogal lekker om nie ‘n bang haar op jou kop te hê nie. Jy klim op jou vuurperd en doen wat jy wil. As die mense jou kwaad maak, whoalah, spontaneous human combustion.

Maar Johny Blaze het in sy vuurspuwende vorm ‘n besondere gawe. As jy in sy oë (ekskuus?) kyk, sien en voel jy die leed wat jy ander aan gedoen het. Jy word daarmee gekonfronteer.

Ek wens ek het daardie gawe gehad. Daar’s nogal ‘n paar mense wat ek dan sonder my donkerbril onder vier oë sou wou spreek.

Dit kan mos nie ‘n gawe van die duiwel (of dan nou Mefistofeles of wie ook al) wees nie? Dis mos goed om iemand te wys wat h/sy aangevang het?

Klink my eerder na ‘n gawe van die Gees.

En toe verstaan ek.

Ghost Rider se blik laat jou as(!)vaal van skuldgevoel en pyn oor wat jy gedoen het. Dis ‘n waarheidskonfrontasie wat aankla.

Vir myself kies ek ‘n kyk wat waarheid raaksien, maar vrymaak.

Die Gees se kyk wys die seermaak, konfronteer óók met die pyn wat jy gebring het. Maar dit maak los.

Ek sou eerder so wou kyk. Maar ek sukkel.

Moontlike teks:

1 Joh. 4:17-18

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on April 17, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 1 Kommentaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: