Epic Movie

Eintlik word hierdie post steeds beïnvloed deur Lady in the Water, wat verlede week gedoen is.

Epic Movie is omtrent nou vir jou ‘n gespot met ‘n klomp ander flieks. Hulle spot nie fyn nie.

En tog is daar klomp goed wat ek nie gevang het nie. Gelukkig was daar iemand saam met my wat ook ‘n klomp goed gemis het, en ons kon mekaar help.

Dan sit ek met ‘n “hu?”-uitdrukking, en Johan verduidelik: Dis ‘n MTV-show, en hulle lyk presies net so. Dan lag ek vir hulle. Dan raak Johan doodstil, totdat hy later gefrustreerd vra: “Wie’s DIT!!!?” Dan verduidelik ek vir hom: “Het jy dan nie Da Vinci Code gesien nie?” Dan lag hý vir hulle. Ek word weer verduidelik van een of ander Punk-show en dan verduidelik ek hom weer van Chronicles of Narnia. So het ons saam-saam toe die hele fliek verstaan gekry, tot frustrasie van ons mede-fliekers.

Ek is mal oor “allusion”. Johan Swarts, as jy hier lees is jy welkom om ‘n Afrikaanse term vir my te gooi. Allusion is meer as verwysing. Dis amper so ‘n speelse, terloopse “in herinnering roep” van iets anders wat aan jou bekend is. (Weliswaar nie heeltemal Epic Movie se styl nie.)

Bv. in Eksodus 2 word die Moses-in-die-Nyl-storie só in Hebreeus vertel, dat elkeen wat bekend is met die Noag-en-die-ark-storie, die ark in herinnering sou roep wanneer hulle hoor van Moses se mandjie in die water. Of met die Matteusweergawe van Jesus se lewe word daar ook baie allusions gedoen na Moses: Gaan Egipte toe a.g.v. Josef, kom terug uit Egipte om ‘n volk te kom red, kindermoord, ens. Maar as jy die eerste storie nie ken nie, mis jy dit.

Met welbekende stories kan jy baie lekker speel met allusions, verwysings en metafore. Dis soos ‘n kind wat ek verlede week gehoor het met ‘n toespraak: hy het die Drie Varkies se storielyn gebruik om sy punt te maak.

Hoe gemaak wanneer ek nie die stories ken nie?

Wat ek en Johan gedoen het in Epic Movie, was dialoog.

(Maar hulle het darem regtig die Narnia tema gou-gou opgebruik en dit ongelukkig nie agtergekom nie.)

Moontlike teks: In Handelinge 17:16-34 gesels die neurotiese Paulus (aldus Carien) met die plaaslike Grieke, terwyl hy vol allusions en verwysings is na hulle eie wêreld. Hy haal hulle digters en stories en filosofie aan. Dit beteken hy het “engage” met hulle. Dis hoe dialoog werk.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Maart 22, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 1 Kommentaar.

  1. my mees nederige verskoning dat ek nou eers hierdie in my tesiskorpus raaklees!

    allude to = sinspeel op, doel op, verwys na.
    🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: