Lady in the Water

Feëverhale sê vir ons riviere is van koeldrank, sodat ons vir ‘n moment kan onthou hulle is eintlik van water. (So het een of ander filosoof gesê. Ek onthou nie wie nie.)

Mense vrek oor stories. Jy kan ‘n kind baie verder beweeg deur haar eerder die regte storie te vertel as om ‘n reël neer te lê. Ek dink dis hoekom Jesus meesal stories vertel het wanneer Hy gepraat het.

Soms wil ons die Storie vat, die essensie ontgin of oes en dan die res weggooi. En so verloor die Storie sy lewe.

In Lady in the Water ontmoet ons ‘n horde mense wat oënskynlik niks met mekaar uit te waai het nie, behalwe dat hulle in dieselfde woonstelkompleks bly. Elkeen gaan sy/haar eie gang, besig met ‘n eie storie.

Totdat die misterieuse watervrou opdaag. Haar naam is Story. En ons ontdek dat die groot groep mense eintlik somehow connected is (amper ook soos die vreemde events in Shyamalan se Signs). Hulle is deel van ‘n groter storie. Elkeen se lewe op sigself maak nie veel sin nie, maar deur die connectedness wat hulle ontdek, gaan boekdele vir hulle oop.

In ons pogings om Story weer tuis te kry, ontdek ons dat elkeen waarde het, al het ons dit nie voorheen gesien nie. Wat oënskynlik niksseggende eienskappe was, was toe al die tyd belangrik.

En nes jy dink: Nou snap ek die Storie of ‘n karakter volledig, kom jy agter dat die plot jou nog effens ontwyk. Amper soos seep in die water.

Die Teks is onvolledig sonder My Storie.

Nes ons dink: “Nou het hulle dit beslis reg!” sien ons dat hulle weer moet probeer, nederig moet bly en selfs na kinders kan luister.

Die man met die gebreekte hart en streng reëls is toe nie die Guardian nie, maar die (Wounded?) Healer. Die man wat ‘n kenner is van stories en plot se slimmigheid het toe nie gehelp nie.

‘n Predikant sê sowaar nou die dag dat Gereformeerde teologie nooit met kontekstuele teologie versoen kan word nie.

!!

Wat is Gereformeerde teologie dan? Is dit nie juis om te sê: Die Storie moet weer en weer gelees word nie? Kom ons ooit op ‘n punt wat ons sê: NOU WEET ONS? Is dit nie maar net in ons eie storie wat ons daardie een probeer verstaan nie? Of ken ons die hele plot? Is dit nie wanneer ons te seker van ons saak is wanneer ons daardie graswolf in sy rooi oë kyk sonder dat ons dit eers weet nie?

Moontlike teks: Die mense van Joh. 4:1-26 was redelik seker van die plot: Wie is IN en wie is UIT. Wat mag, wat mag nie. Maar die Lady at the Water het anders ontdek. Jesus het haar storie/plot geken, en nogtans…

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Maart 11, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 5 Kommentaar.

  1. Ek sal binnekort ietsie se oor jou post. My bed roep…

  2. Ek is mal oor stories. Jy laat my dink aan iets wat die skrywer Ben Okri gesê het: “The parables of Jesus are more powerful and persuasive than his miracles.”

  3. Dis nou vir jou ‘n storie – baie waar oor die stelling dat ons geneig is om die vetjies af te sny en net die been van die storie as belangrik ag.

    En ook dat die Woord oneindinge waarheid koester wat aan ons geopenbaar word soos ons reg is daarvoor/nodig het om dit te weet. Jesus is beslis die Meester!

  4. Ons is almal belangrik. Ons sien net nie die klein goedjies raak elke dag waar ons ‘n verskil maak nie. En dis nie die tipe verskil in die klassieke sin van die woord waar ‘n klomp mense besluit om uit te reik en ‘n verskil te maak nie. Dis ‘n verskil wat jy kan definieer. Verskil=iets is anders as wat dit voorheen was. As ek vandag by ‘n vriendin gesit het en na haar geluister het, is iets anders. Sy voel ligter. Daai tipe verskil. Story het gekom om weer die connection te maak na daai besef. Om weer te verstaan dat ons lewe nie niksseggend is nie. Om weer te kan hoop. En weer lief te kan he. Story help ons om ons rol te ontdek. Watter deel van die verhaal gaan ek in speel? En wanneer almal reg is, dan is Story se doel vervolmaak. As ons by die punt van verstaan is, dan’s lewe meer as wat ons ooit kon dink, dan hakkel ons nie meer nie, en ons waardeer mekaar. As ons begin erken dat ons dalk nie die regte rol vertolk nie. As ons frustrasie met onsself deur baie “hoekom?” vrae omring word, dan’s ons reg vir verstaan. En reg om te begin lewe.

    Story se storie is ook my storie.

  5. ek hou van jou sin “Die Teks is onvolledig sonder My Storie”. (ek hou van al jou sinne, maar vandag is hierdie een die boodskap wat ek huis toe vat (-;)
    dis wat die skrif lewend maak – die feit dat my lewe en die teks mekaar engage. wat ook beteken die teks verander voortdurend, want my lewe verander.
    en dit beteken ook dat die teks net met my gaan praat wanneer ek die moeite doen om te gaan sit en tyd te gee dat my storie en die teks mekaar ontmoet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: