Scream

Ek kan al SKRREEEE as ek ‘n epos kry met die titel: “Dringende oproep aan alle Christene”.

As ek my aan elkeen van hierdie dringende oproepe gesteur het, sou ek niks anders doen nie as om:

Te bid vir onbekende ontvoerde blanke kinders agterin twincam bakkies;
Gebed 6 keer per dag op spesifieke tye wanneer God beskikbaar is;
24 uur gebedskettings (is dit nou nie snaaks nie? Dieselfde ouens wat boeke skryf oor “bevryding”, dink nuwe kettings uit);
Petisies te rig aan Bush en/of Clinton en/of Mugabe en/of Mbeki en/of…;
Dreigbriewe te onderteken aan Hollywood;
Bewerig eposse te forward wat reken dat as ek dit nie doen nie, ek eintlik nie regtig vir God lief is nie;
Angsbevange my eposse in te wag;
Ad infinito

Movie more.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Februarie 26, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 2 Kommentaar.

  1. Aan die begin het ek mooi eposse terug gestuur wat verduidelik dat die epos ‘n hoax is, met ‘n skakel na nsopes.com indien relevant. Toe begin ek nasty raak en sarkastiese eposse stuur wat verduidelik hoe dom jy is om die goed aan te stuur, en dat jy geld/bandwydte mors. Gelukkig is ek nou daar waar ek dit net ignoreer.

  2. op maandag, 26 februarie 2007, sê freddy: “movie môre”.
    dis nou vrydag, 2 maart 2007.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: