Borat


Ek het sowaar Borat gaan kyk. En moet erken: het lanklaas so gelag. Ek het egter ook lank laas soveel keer my asem ingetrek.

Jy lag vir almal: Die Jode, die Amerikaners, die Christene, noem maar op. Dit was baie erg om te sien hoe die man misbruik maak van nice mense se gasvryheid. Nogtans lag jy.

Die swernoot bôl jou self natuurlik ook. Jy lag so lekker vir almal, maar iewers in die fliek “feature” ‘n groepie of ‘n individu met wie jy jouself dalk sou kon assosieer. (Nee, nie die mense met die rubberarm nie.) En wanneer dit gebeur, voel jy die ongemak in jou rug kriewel.

Die fliek is bar. En tog dink ek dit is ook sosiale kommentaar.

Dink net: Is dit vir enigiemand snaaks om verby ‘n winkelvenster te loop met ‘n kaal winkelpop daarin? Of dan met slegs onderklere aan? Nie vir my nie. Maar in die fliek staan Borat oop en bloot en bevredigd na die poppe en staar. “Die vark!” dink jy. “Sommer so oop en bloot!” En dan besef jy: Eintlik is almal maar met hulle broek op hulle knieë betrap. Kan dit as normale gedrag beskou word om kaal poppe in winkelvensters uit te stal vir almal om te aanskou? Ons dínk so, want niemand frons nie.

En jy lag lekker vir die prostituut waarmee hy spot. Totdat jy iets van haar menslikheid sien, en weer sit die flippen ongemak in jou ruggraat. Ek verstom my aan mense se vooroordele, en oomblikke daarna word ék uitgevang.

Dis baie snaaks om te sien hoe etiketkenners (klink soos ‘n woord uit Huisgenoot – daar is dit mos altyd: “kenners beweer…”) beterweterig is oor ander se doen en late. En om jouself uit te vang dat jy dink: Ék sou darem nie só stupid gewees het nie.

En so word ek toe deel van die mense met wie daar gespot word. Mens voel bietjie kaal as jy daar uitstap.

Moontlike teks: Kyk net hoe onbeskof is twee dissipels in Mat. 20:20-28. En eintlik is dit nie net hulle tweetjies nie. Veral vers 25 sien ons in Borat. Want ons weet die mense van Kazakstan is nie REGTIG soos uitgebeeld nie. En tog is hulle “not quite as cultivated”, dink ons.

(Maeree, kom ons sê as ek drie of meer kommentare hierop kry, jou eie uitgesluit, skuld jy my daardie roomys…)

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Februarie 6, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 6 Kommentaar.

  1. Jy is nou een kommentaar nader aan jou roomys.

  2. ek wonder of hy regtig mense geflous het en of dit nie maar alles toneelspel was nie? (ek hoop vir lg.)

  3. Daar was defnitief toneelspel in sommige dele, maar dit was redelik duidelik. Tog het genoeg mense al vir my staaltjies uit Leon Schuster flieks vertel wat vir hulle skreeusnaaks was, maar tog duidelik toneelspel was. Dit verstom my nogal hoe naïf baie mense is.

    Ek en die vroutjie is/was beide groot aanhangers van Borat op TV, maar die fliek het darem net te ver gegaan. Dis asof hy te veel Leon Schuster flieks gekyk het voor hy besluit het om die fliek te maak. Die grappies in die TV reeks is net soveel meer subtiel en daarom baie snaakser. ‘n Gunsteling uit die TV-reeks is waar hy na ‘n gimnasium in Amerika gaan (Ali G in the USAiii). Sy onhandigheid en klaarblyklike onbewustheid van persoonlike ruimte is skreusnaaks.

  4. Danksy youtube kan julle sien waarvan ek praat hier bo.

  5. jou roomys is in die pos

  6. Lewer asb kommentaar op my nuutste inskrywing. (Ek soek jou kommentaar, nie ‘n roomys nie…)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: