Trois Couleurs Bleu

(Hierdie geselsie gebeur where angels fear to tread. Mens kan nie oor Blue iets sê sonder verdere gesprek nie – die fliek is so gemaak. Be my guest.)

Hoe gemaak met pyn?

Blue wys my wat Julie daarmee doen, en dit met haar. Direkteur Kieslowski kies filmskote wat onophoudelik met die storie saamgesels en my innooi om saam met Julie te kyk wat gebeur.

En hoe ontwikkel haar kyk nie! In die hospitaal sien jy eerste haar oog. Dan haal die veertjie voor haar neus asem. En jy kom later agter dat al wat sy KAN raaksien, haar eie pyn en verlies is. Maande verder in die koffiewinkel sit haar liefde voor haar met ‘n “liefdesaanbod”, maar al wat sy sien, is haar klontjie suiker wat koffie opsuig. Wanneer sy by die swembad telkens haar “musiek” hoor, probeer sy dit wegkeer. Want dit is hierdie musiek wat gepaard gaan met haar heelwording en lewe. Hoe meer sy hoor, hoe verder sien sy.

(Kom ons gesels kerk. Ek is bevrees ons sit maar meesal met ‘n suikerklont voor ons oë. Ons veronderstellings oor hoe mense moet lewe, ons wette en veroordelings belemmer ons visie. En ons kom nie agter ons belemmer so ons eie groei nie)

Ek was eerlik geskok met die einde van Blue. Kan dit dan wees dat ‘n direkteur die beste preek ooit oor 1 Kor. 13 kon maak? Versteen het ek geluister na die musiek wat ek deur die hele fliek heen gehoor het, maar nooit volledig nie. Wanneer die musiek klaarmaak, is daar selfs amper ‘n “hint” van ‘n mondhoek wat lig op Julie se gesig.

Ek dog tot in die middel van die fliek Julie is maar ‘n sukkelaar weens die trauma. Maar éintlik was sý die sterker een van al die karakters. Sy het die moed om haar man se minnares te ontmoet. En haar moed lê in die feit dat sy haar nie haat nie. Sy gee haar en die ongebore baba selfs ‘n huis. Sy gee haar kruisie aan die outjie wat dit opgetel het. Sy weier dat die vrou met die baie mans uit haar woonstelblok gesit word en gaan selfs vroetelplaas toe om hierdie vrou te ondersteun in ‘n krisis.

Julie faced the music.

Lewe, kompleet met dood en verlies. Sy’s nie vol antwoorde en klaar uitgewerkte strategieë vir die verwerking van pyn nie.

Liewe blogger, vragie vir ons: Julie se visie skuif van “hier by haar” tot by “daar ver”. Ek wonder: Word ons eie seer minder en ons depressie minder as ons wegkyk van onsself na ander? Of kry ons dit reg om na ander te begin kyk wanneer ons pyn minder raak? Of loop dit net saam?

“You’ve got to hold onto something” – ‘n tema in die fliek. Wat ookal gebeur, daar moet iets wees waaraan jy vashou. Vir die outjie wat die ongeluk gesien het, word dit die kruisie om sy nek. Vir die minnares word dit haar buik met die ongebore baba. Vir Julie se vriend word dit hulle matras. Julie hou blou kristalle van die kandelaar, wat gekoppel word aan musiek. Die straatmusikant bly klou aan sy instrument.

Wat is joune?

Wat is die kerk s’n? Ons kan dalk so onverskrokke aan ons vooroordele en moraliteite vasklou, dat dit ons visie inperk en 1 Kor. 13 onmoontlik maak.

Moontlike tekste: Oor lyding en wat gemaak daarmee, ongetwyfeld Job. Psalm 88. Psalm 22. Maar ek dink dat Josef se storie rondom Genesis 37 oor sy eie vreeslike verhaal waarin hy tog ander kon bly help het, ook kan werk.

Oor liefde: Ek sou ook wou sê 1 Kor. 13. Maar voor ek dit sou waag, wys ek eerder die hele fliek tot by die mooiste toonsetting van 1 Kor. 13 ooit.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Januarie 8, 2007, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 6 Kommentaar.

  1. Doen Rouge ook – Rouge was my favourite.

  2. wow. nou voel ek sommer om daai fliek weer te gaan kyk.

    james bond! skryf vir ons ietsie oor casino royale! (ek’s seker dorothy sal dit waardeer.)
    verkieslik nie oor hoekom dobbel sonde is en hoe mens die geluksgodin aanbid as jy dobbel nie, asb.

  3. Do Kwang: Sjoe, ek kan nie wag om Rouge ook te doen nie. (Ter wille van volledigheid sal ek dan maar later iewers Blanc ook doen. Wie sal ooit daai blondie se gille kan vergeet?)

    Hou dop.

    Maeree, ek sal ook Casino Royale doen. Moenie worry nie, ek sal ook nie ietsie skryf soos dat terroriste ‘n pyn in die *@* is nie.

  4. Voorwaar – die mooiste toonsetting van 1 Kor. 13.

    Dis verder, cinematografies gewys, die beste voorstelling van ‘n worsteling tot bevryding wat ek nog gesien het – so sonder te veel sentiment. Kieslowski is verlieflik.

  5. Freddy,

    Ek hou van wat jy geskryf het. Blue is seker een van my gunsteling flieks, seker ook maar oor waar ek in my lewe was toe ek dit gesien het. Wat my oor Blue gefassineer het, was die tema. Kieslowski het mos Blue, White & Red gemaak (kleure van die Franse vlag) met die temas van vryheid, gelykheid en broederskap. Blue het oor vryheid gegaan. Dit het ek nie mooi verstaan nie.

    Snaaks genoeg was dit ‘n Bybelvers (ek het toe nog Bybel gelees) wat vir my ‘n idee gegee het oor hoe vryheid in Blue pas. Die vers is Gal. 5:13. Ek dink dit is steeds relevant – ek sou net ‘n streep wou trek deur die deel waar die neurotiese Paulus aan die woord is. Na die ongeluk sonder Julie haarself af. Die vraag is of dit jou die vryheid kan bring wat jy soek. In die fliek begin Julie dan betrokke raak by ander mense. Dit is in die proses wat vryheid moontlik raak. (Jy verwys ook daarna.) Ek dink mens kan baie praat oor wat die vryheid presies behels – ek dink nie dit is net vryheid van haar pyn en smart nie.

    Jy vra ook oor die selfmoordmotief. Daaroor kan ek net spekuleer, maar ek wonder of mens dit nie binne die konteks van Camus (ek is nie seker of dit hy was nie, maar dit was in elk geval die een of ander depressiewe eksistensialis) se stelling dat die enigste sinvolle vraag is hoekom mens nie selfmoord pleeg nie (of so iets). Julie het blykbaar ‘n heel gelukkige lewe gehad wat haar ontneem is. Ek lees nou die dag van iemand wat skryf “the happier we are, the greater our potential heartbreak.” Ek dink Julie was daar en daarom is selfmoord ‘n geldige vraag. Het ‘n mens die moed om weer so volkome te leef met die wete dat jy alles kan verloor?

    In elk geval, my gedagtes.

    Ns. Ek vind dit baie interessant dat die hele 1 Kor. 13 nie in Song for the unification of Europe gebruik word nie, en veral die dele wat weggelaat is. Ek vermoed Preisner sal met my saamstem dat Paulus soms erg neuroties was.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: