The Devil wears Prada

Die duiwel koop jou stukkie vir stukkie

Ek like Meryl Streep. Sy vertolk haar rol ook baie goed as die gevreesde mode-diva in hierdie verhaal… het die hel uit my geïrriteer. Daar is mos nog ‘n storie waarin die duiwel feature en sy ook: She-Devil. Daar was sy darem regtig net TE erg in haar pienk wêreld.

Iets vreemds is aan die gebeur in baie van die flieks wat ek deesdae sien. Dalk is ek net te stupid om my vinger presies daarop te kan lê, maar dit het iets te doen met die plot of manier van karakter-ontwikkeling. In hierdie fliek en bv. You, Me & Dupreez voel dit nie asof iets gebeur nie. Die plot voel meer na ‘n plato. Wat was bv. die klimaks in Prada? Die selfoon wat in die fontein gesmyt word? (Me & Dupreez had ‘n paar klimakse, maar dit gaan daar oor ‘n ander soort.)

Nie dat dit saak maak nie. Dit voel asof flieks wegstap van oormatige spanningbou en dramatiese ontknopinge.

Terug by Prada. Plain genietfliek. Mens verwag van die begin af dat die hoofkarakter van die storie dalk haar waardes gaan moet prysgee om aan te pas by die eise van die mode-bedryf. Inderdaad gebeur dit, maar as kyker word jy saamgebôl. Want elke keer wat sy ‘n pro-mode-keuse doen, hou jy van wat jy sien. Totdat jy (te laat) agterkom dat elke keusetjie uiteindelik opgebou het tot ‘n verandering in karakter en waardes.

Dis waar ek gewonder het: Is EK nog dieselfde mens NA al die verwagtings wat jeens my gekoester word? Seker nie. Anders as die klassieke duiwelstorie waarin jy jou siel eensklaps verkoop om iets te kry, is hierdie storie nader aan die waarheid: dit gebeur stukkie-vir-stukkie. Vgl ook bespreking by http://www.hollywoodjesus.com.

Tekste: Ek dink mens sou nogal lekker humoristies kon inval by Simson en Delila, waar lg. as die verleidster voorgehou word en Simson stukkie vir stukkie sy identiteit verloor tot by die uiteindelike haarsny. Ek dink daar lê vele moontlihede met allusions na die mode-bedryf en Delila en Simson se haarkapper. Dis in Rigters iewers.

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Desember 31, 2006, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 1 Kommentaar.

  1. ek dink dis tragies as ‘n mens na 5 jaar nog dieselfde is. jy moet groei. maar alle verandering is sekerlik nie groei nie. ek kan dink dat as jy bv ‘n dominee is, dit kan gebeur dat ander mense se persepsies/verwagtinge/Die Dominee so swaar op jou druk, dat jy heeltemal verdwyn. wanneer dit gebeur, moet Die Dominee (of Die Dokter of Die Akteur of Die Joernalis) doodgeslaan word.

    delila, arme delila. het jy al opgelet dat nie een van simson se vele geliefdes hul verhouding met hom oorleef nie? delila is al een wat doen wat nodig is om te oorleef. simson was ‘n gebruiker – dis goed dat hy bietjie van sy eie medisyne gekry het. hy was anyway ONNOSEL om aanmekaar na haar terug te gaan – i mean, how stupid can you get? (wat sekerlik mooi inpas by die tema van jou preek)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: