Monster House

Om te sluk of nie te sluk nie

Dit voel soms asof almal vandag graag ‘n merkie iewerste wil maak. Die kortste of maklikste pad om dit reg te kry, is blykbaar om agressiewe kritiek te lewer. Lees maar Deon Maas of Steve Hofmeyr se uitlatings as ‘n begin. (Of kyk Borat)

Die gevolg is dat ons almal ook maar deurloop onder kritiek. Groot monde wat vrot tamaties uitspoeg en jy moet maar net koes.

Die monster van ‘n huis in die fliek fokus nie soseer op kritiek wat gelewer word nie, maar eerder wat jy daarmee doen. In die huis se geval, wel, word dit gesluk. En ongelukkig word mense en veral kinders beskou as ‘n kritiese aanval op die huis.

Monster House raak ook die kwessie aan van kritiek tussen generasies heen. Ironies genoeg is al die ouer-kind verhoudings in die storie maar sukkel-sukkel; dit is egter die ou man wat aanvanklik as die monster in die storie beskou word, wat ‘n sinvolle verhouding met die kids ontwikkel. Dit is veral hier waar mens ontdek dat jy nie te vinnig kan kritiseer nie, maar ook dat jy jouself dalk te dikwels steur aan ignorant eiergooiers.

Wat breek die mure af tussen misverstanende partye? Moed, volharding, onselfsugtigheid, bereidheid om te “let go”.

Moontlike tekste: Jakobus skryf baie oor een tong en twee ore, vgl. ook Spreuke. (Daar IS natuurlik ook die versie oor beter om te gee as om te ontvang, maar ek sou dit nie graag op kritiek van toepassing wou maak nie :-))

About fredddels

Ek dink alles kan geld as teks. Dis jou bril en jou eetlus wat bepaal wat jy raaklees.

Posted on Desember 31, 2006, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 2 Kommentaar.

  1. baie interessante perspektief! ek was te vlak om die subteks in dié fliek raak te sien.
    ek het wel gewonder: wie presies is hul target market? die fliek is hopeloos te scary vir klein kindertjies, ouer kinders is te cool om tekenprente te kyk en dis duidelik nie volwassenes nie, want dis ‘n tekenprent.

    om die een of ander rede is daar nie plek vir kommentaar onder die prada post nie. fix dit. ek sal graag bietjie vir arme delila wil opkom.

  2. Haai, shame, ja, arme Delila.

    Ek sal kyk wat ek kan doen…

    Ek is definitief deel van die mark vir animasie, maar ek weet ons is in die minderheid. My kinders het dit saam met my gekyk. Dit was vir hulle heelwat minder traumaties en heelwat meer geloofwaardig as 7de Laan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: