Wil iemand my nie bietjie help nie, asb?
Ek dink Graeme Codrington help ons vandag nogal baie om vorentoe te kyk en te dink. In Suid-Afrika was hy een van die baanbrekers om die verskillende generasies effens beter te verstaan. (En net so interessant is sy blog oor die emerging church).
Ek het nou net ‘n vragie oor generasie X. Volgens die generational teorie is die X’ers gewoonlik mense wat nie juis opgewonde raak oor ‘n instansie of lojaliteit aan ‘n maatskappy nie. Hoofsaak is eerder verhoudings met mense en hoe dit op die langer pad gaan werk.
Dit lyk nou egter vir my asof die Generasie Xers huidiglik besig is om verhoudingvoos te raak. My subjektiewe ervaring is dat die Boomers huidiglik besig is om te ontwaak in hulle verhoudings met ander mense, en probeer om in te haal op wat hulle uitgemis het. Maar die Lost Generation is besig om dit te verloor. Ek dink Generasie X is besig om hulle “Last Stand” (verhoudings) ook af te staan.
Praat ek nonsens?
