Archive for Augustus, 2008

21
Aug
08

flieks wat ek nooit gaan kyk nie

Saw

Saw II

Saw III

Saw IV

Saw V

Saw VI

(Wat is die versamelnaam hiervan?  Chainsaw!)

Hostel

Hotel Rwanda

Nooit weer Passion of the Christ nie

Atonement

Bridget Jones’ Diary

Dan in Real Life

Land of the Dead

Wat is op jou lysie?

21
Aug
08

Kung Fu Panda

Nee genade, my bestaan op WordPress is aan’t disintegreer. Hier’s ek weer, hier’s ek weer (sonder ‘n rooi rok).

Ek worstel vanoggend ‘n bietjie.

Ek kon iets doen, maar ek het nie.  Het jy al ooit so gevoel?  Vertel asseblief.  Imagine nou net Panda het sy kans laat verbyglip…

Dan wonder ek oor nog twee goete wat in hierdie fliek gesê word:

1.  One often meets your destiny on the road to avoid it.  (Klink so bietjie soos Jona, Jo-o-o-ona, gaan na Nineve)

Is dit waar vir jou?

2.  Daai wyse ou mannetjie wat gecopy is van die karakter uit Star Wars (regtig nou: Wat presies is die verskil tussen Shifu en yoda?) reken hy was te trots op sy “aangenome seun”.  Is so iets dan moontlik?  Kan jy iemand te lief hê?  Liefde is mos nie dieselfde as bederf nie?

Wie weet: Ek kon iets, maar ek het nie.  As punt 1 hierbo waar is, it will still be coming…