11
Mar
08

my programmetjies

Ek is getag deur Roer om te wys watter programmetjies ek gebruik.  En Roer betreur sy rekenaarvaardighede, alhoewel hy dit reggekry het om steeds te wys hoe dit lyk.  Wel, ek vat nog shorter cut.  Jammer.  Ek gaan dit net lys.

Mozarella Vuurvos

Vinnige Uitkyk

Baie klein en sagte Woordjie

Adobe Leser 7.0

MP navigator (scanner printer multimasjientjie)

Internet Eksploreerder (Wat?? Ek gebruik dit dan lankal nie meer nie?)

Baie klein en sagte Kragpunt

Skype

Wie dink die Engelse name van hierdie programme uit?


6 Responses to “my programmetjies”


  1. Maart 11, 2008 at 4:32 nm

    Hey, laaste keer toe ek gekyk het was ek ‘n VROU. ;-) Sjoe, maar jy laat nie op jou wag nie. Dankie vir die saam speel. lol@vuurvos en jou ander vertalings.

  2. Maart 11, 2008 at 7:45 nm

    lol!

    Sorry, Roer. Dis nie die eerste keer wat ek dit ontdek nie, maar ek bly vergeet. No offense intended. Dankie vir jou inloer, ne!

  3. 3 maeree
    Maart 12, 2008 at 12:50 nm

    ek het internet explorer van daai menu af gedelete. maar ek dink nie jy sal weet hoe om dit te doen nie (-:
    moet net nie die hele program delete nie. sommige websites werk nie lekker met firefox nie – bid jou aan!

  4. Maart 12, 2008 at 1:15 nm

    Ag moenie vir jou laf hou nie, Maeree. Ek weet darem van regskliek. Maar inderdaad, vuurvos werk nie lekker met Unisa se biblioteeksite nie. Dis dalk hoekom Explorer daar sit waar hy sit. Nou toe, nou is jy ook getag, Mara. Wys ons bietjie.

  5. Maart 13, 2008 at 10:48 vm

    Freddy, maeree; ek gee vir julle IETab! Laai IE in ‘n Firefox teb, sonder om IE hoef oop te maak:
    https://addons.mozilla.org/firefox/1419/

    Handtekeninge later…

  6. 6 maeree
    Maart 14, 2008 at 7:57 vm

    oooohhhhh
    dat so ‘n brein moet vergaan.

    freddy, ek weet wat ‘n flippen tab is.


Leave a Reply