Want ek kan nie wag nie.
Al waaroor ek wonder: Hoekom klink James Horner se musiek hierin so baie soos James Newton Howard s’n in Lady in the Water?
Want ek kan nie wag nie.
Al waaroor ek wonder: Hoekom klink James Horner se musiek hierin so baie soos James Newton Howard s’n in Lady in the Water?
Ek is getag deur Roer om te wys watter programmetjies ek gebruik. En Roer betreur sy rekenaarvaardighede, alhoewel hy dit reggekry het om steeds te wys hoe dit lyk. Wel, ek vat nog shorter cut. Jammer. Ek gaan dit net lys.
Mozarella Vuurvos
Vinnige Uitkyk
Baie klein en sagte Woordjie
Adobe Leser 7.0
MP navigator (scanner printer multimasjientjie)
Internet Eksploreerder (Wat?? Ek gebruik dit dan lankal nie meer nie?)
Baie klein en sagte Kragpunt
Skype
Wie dink die Engelse name van hierdie programme uit?
Dit is vir my so simpel om heel agter in die teater te sit en fliek kyk. Die hele idee is die groot skerm, dan nie? As jy so ver agter gaan sit, kan jy net sowel by die huis bietjie nader aan die TV gaan sit. Maar met hierdie movie was ek baie baie bly ek moes ordentlikheidshalwe amper heel agter sit. My kop het begin pyn van al die geskud en gebewe op die skerm.
Daar is ‘n paar frustrerende goed oor die fliek. Dit het my erg gepla, totdat ek begin wonder het oor 9/11 in dieselfde stad. Is hierdie nie ‘n hervertelling van New Yorkers se ervaring nie?
Kyk:
Jy sien filmskote van mense in ‘n mooi woelige stad wat rustig en vredig en opgewonde hulle lewe leef, drome droom en liefdeslewens probeer vestig;
Skielik is daar ‘n geweldige slag. Jy bevind jou tussen honderde mense wat gil en nie weet wat gaan aan nie;
Reuse geboue stort ineen;
Die Statue of Liberty verloor kop (jaja, ek weet die boeings het nie in die Green Lady vasgevlieg nie, maar Liberty is daarmee heen);
Net voor die eerste groot slag, skree iemand vir sy vriend: “It is time that you forget about the world and start caring about the people that you love.”;
Mense vlug in hulle hordes;
Die Twin Towers ego die hardste saam wanneer jy saamgaan om die meisie in haar woonstel te red: Twee amper identiese wolkekrabbers langs mekaar, waarvan die een inmekaargestort het terwyl die ander een nog staan;
Jy kom mettertyd agter hoe lyk hierdie monster wat verantwoordelik is vir die chaos. Verbasend genoeg, verwys niemand na die monster as Osama nie;
Jy weet nie waar kom die monster vandaan nie;
Hy het geen respek vir lewe nie;
Teen die einde van die fliek weet jy nie of hy dood is en of hy nog lewe nie;
Die groot terroris het ‘n klomp kleintjies ook losgelaat, en jy is redelik seker hier kom ‘n opvolg, al is dit net om die gediertes in die subways verder te vertroetel;
Die weermag sukkel gans te lank om te beredder, en kon nie betyds waarskuwings uitreik nie.
Verder gee die fliek ‘n gevoel van reality TV. Dit laat my dink aan die ervaring wat dit was om op jou TV-stel amateurvideos te sien van die World Trade Center se heengaan. Wat de hel gaan aan? Wat gaan volgende gebeur? En dit is hoe Cloverfield, wat my betref, ook eindig. Geen verklaring van waar die monster vandaan kom nie, geen bevredigende einde nie.
Die karakters word wel gekonfronteer daaroor om na te dink oor lewe: Wat is belangrik? Hoe het jy lief? Hoekom doen jy wat dit doen? Hoe neem jy besluite as jy nie al die feite kan kry nie?
Ek dink Hollywood het post-traumatiese stres. Met reg.
Jammer as dit bietjie depressing is, maar ek dink ‘n gepaste saamgesels teks is Klaagl. 1:1-2. Vir al die stede wat puin beleef het.
Luister Hot Gates van Laurika Rauch hierso. Kliek op MP3 en kies die lied.