Archive for February, 2008

11
Feb
08

Bladsy 123 van my naaste boek

Ek is deur Hugo getag om die volgende te doen:

  1. Tel die boek naaste aan jou op – dit moet meer as 123 bladsye he, vir obvious redes. Moenie kul nie.
  2. Blaai na bladsy 123.
  3. Tel die eerste vyf sinne af.
  4. Post die volgende drie sinne.
  5. Tag vyf ander boggers (spelfout intended deur Freddy).

Nouja, hier is dit, vasbyt:

“Environmentalism is a science-based movement. Sometimes it is bad science, but it none the less pretends to know what happens to nature, and to humans, revealing the truth hidden by vested interests of industrialism, capitalism, technocracy, and bureaucracy. While criticizing the domination of life by science, ecologists use science to oppose science on behalf of life.” (Manuel Castells: The Power of Identity)

En nou taguleer (bwahaha) ek vir Windpompe en Vygies; Kat of Vlermuis; Rosalind Franklin; Oopkop (dalk is die boeke al uitgepak) en Platterfuss. Kat, indien die nuutste uitgawe van Playboy of FHM meer as 123 bladsye het, beskou hierdie uitnodiging as gekanselleer. Maeree, jy is nie getag nie. Ons wil nie jou aandag van jou week se tema aflei nie.

08
Feb
08

My favourites

Nelba het my getag om my 5 gunsteling inskywings te verklap.

favourites

Dit oorvleuel so effens met my favourite flieks.

Maar hier is hulle:

Toiletpapier (oor Prinses Belle, Spiderman, slakke, miere, genadedood en toiletpapier)

Apocalypto (oor nog ‘n Mel Gibson fliek met ‘n astronomiese fakeblood rekening)

Konstruk (‘n foto wat ek geneem het waaroor ek my wou slaplag. Trouens, ek het.)

Selfopenbaring (‘n spotprentjie wat my bietjie geboul het)

Amelie en Life is Beautiful (oor ek nooit seker is wat is die verskil tussen droom en lewe nie).

En dan tag ek nou vir Maeree Maeree quite contrary. Sy is die ene wat die blogosfeer aan my bekend gestel het. Toe, Maria, wat is jou vyf bestes? (Update: Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir besoeke aan Maeree se blog nie.  Sal my leer om nie EERS weer te gaan kyk nie voor ek hiperlienks opsit nie.)

05
Feb
08

Amazing Grace

amazing grace

Ek sit verstom en luister na die argumente oor slawerny. Verstom dat mense regtig vir jare lank so goed ingelig kan wees, en steeds voortgaan met hulle praktyke. Die fliek maak klaar. Die Skotse orkes teen die einde van die fliek ontroer. Ek is soooo bly oor dit wat Wilberforce reggekry het, al het dit eintlik sy hele lewe gekos.

Terwyl ek luister, word stukkies van my kinderlewe op snaakse onthou-plekke wakker.

Laerskooltyd.

Ons het een keer per jaar na die dorp se museum toe gegaan. Die juffrou het gesorg dat ons vooraf ingelig is oor hoe die Britte ons verdruk het en dit onmoontlik gemaak het om in die Kaap met boerdery voort te gaan.

Dan het ons in die muwwerige museum ingebondel. Ek kan niks onthou anders as die een betrokke skildery nie. My klasmaats was al klaar in die museum, dan het ek nog grootoog by die skildery gestaan. Die skildery het gewys hoe Zoeloes ‘n groep Afrikaners wat kamp opgeslaan het, aanval. Jy sien vlamme. Mense wat nakend dood lê. Maar my fokus was op die impi’s se lang spiese. Op die punte was wit babas, wat deurboor is met die spiese. Die zoeloes swaai die spiese rond.

By die skool leer die juffrou ons verder van die Britte en die slawerny en dat hulle niks verstaan het van hoe Afrika werk nie.

Ek sien skielik weer die TV-skerm voor my en hoor “was blind, but now I see.”

Vir die eerste keer bring ek Wilberforce en die Groot Trek in verband met mekaar. Die afskaffing van slawerny deur die Britte is immers afgeforseer in Suid-Afrika, en was ‘n direkte aandeel tot die Groot Trek. Die fliek laat my innig dankbaar vir mense wat hulle lewens opgeoffer het vir gelykheid. En ek wonder ook hoe dit kan gebeur dat ‘n hele Britse Koninkryk opgebou kan word tot ‘n ryk nasie, en dan, wanneer hulle ryk genoeg is en gerieflik later eers geleer het van menslikheid, kan hulle skielik vir ander besluit wat is reg en wat is verkeerd.

Maar my kop spin. Want wat Wilberforce reggekry het, MOES ten alle koste deurgaan na die res van die wêreld.