Archive for Januarie, 2008

28
Jan
08

dr jekyll & mr hyde (2003)

jekyll hyde

Ek verstaan nou hoekom ek hierdie weergawe oor die lewe van ‘n ongekompliseerde man nog nie gesien het nie. (Ongekompliseerd, want hy het net twee gesigte. Meeste mense wat ek ken, het heelwat meer.) ‘n Mens verwag van ‘n nuwer weergawe om beter effekte te gebruik as net “slow motion” en snaakse geluide.

Maar dit was tog lekker om vir ‘n oomblik te wonder: sou planeet aarde nie ‘n wonderliker plek gewees het as ons ons evil kant kon bottel nie?

Dr Jekyll reken evil is deel van instink. En hy wil dit skei. Sy tydgenote reken dis ‘n keuse; met niks te skei nie. Mens ril vir die vieslikheid van Hyde. Maar jy sien dieselfde trekke in die ander karakters. “Hyding”. Ook in myself.

Vreemd dat ek gisteraand na die fliek op ‘n snaakse manier afkom op die laaste 10 minute van The Dark Crystal op Youtube:

Ek was in std 1 toe Dark Crystal in ons dorpie se kine kom wys het. Sal nogal graag wil hoor wie kan nog die fliekie onthou?

In The Dark Crystal is dieselfde tema op ‘n manier teenwoordig: Die Skeksis (slegte outjies) en die Mystics (goeie outjies) is twee soorte wesens, maar was oorspronklik saamgevoeg as een: die urSkeks. In hierdie laaste 10 minute snit sien ons hoe die twee (goed en sleg) saamsmelt. (En snaaks, dan is dit net goed..)

Lyk my Paulus skryf ook oor die stryd tussen goed en sleg in homself: Romeine 7:7-24. “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek”.

Dr. Jekyll (half-histeries en moeg ge-act): I will control you, my body with my mind!!
Mr Hyde (helemal histeries en nog moeer): Ah, yes, but who will control the mind?

Instink? Keuse?

Ek dink tog dit kom neer op ‘n vryheid van keuse… oor hoe jou gedagtes beheer word. Ek aanvaar my evil kant as myne. It shouldn’t be Hyding. Maar ek hoef nie daaruit te leef nie.

22
Jan
08

Ouma se slim kind

En julle het gekla oor As it is in Heaven se einde?

Ouma

Ek het nie lus om nog goed te skryf nie. Mooi beelde en so aan. Verder laat dit my dink aan

Het van Verlangekraal
Geknelde Land
Verskroeide Aarde
Kosie se lee bordjie
Sussie se laatnag-snikke

(Ek weet die helfte bestaan nie rerig nie, maar julle verstaan wat ek bedoel.)

En wat sou van die storie oorgebly het as die stomme siel bly leef het? Hu, hu? En kry mens regtig sulke evil karakters wat altyd met alles wegkom, en skielik ‘n driedubbele moord wil pleeg?

16
Jan
08

Pan’s Labyrinth

Pan’s Labyrinth

Nadat ek self ‘n paar kruispaaie met die vakansieseisoen moes hanteer, is ek nou terug.  En met die comments wat al hoe meer dreigend klink, moet ek seker my tikvingers begin olie.

Sommige flieks word, na my mening, verkeerd gekategoriseer.  Neem bv. Shyamalan se “The Village” wat onder “horror” geplaas word.  (Of WWE wat as “sport” bemark word.  Dis dan ‘n sepie?)

Pan’s Labyrinth word bemark as ‘n “fairy tale for adults”, maar dit is g’n fantasie fliek nie.  (Ja, ek jok, maar net ‘n bietjie.)  En snaaks dat dit nou kastig vir volwassenes is, dit het aansienlik minder geweld as Jan en die Boontjierank, Hansie en Grietjie, Rooikappie, Drie Varkies en Tom & Jerry.

Dis eintlik twee stories.   Die een is die wêreld soos hy afspeel in die 50’s onder  ‘n Fascistiese regime.  Die meeste fliektyd gebeur hier.  Die ander een is die wêreld wat as fantasie beskryf kan word.  Met ‘n gedeelde karakter in beide stories: die meisie Ofelia.  So, kom ons wees simplisties, en praat van die realiteit en die fantasie.

 

Die fantasie in Pan’s Labyrinth lewer op aangrypende maniere kommentaar op die harde werklikheid van geweld en mag.   En ek sien dat:

  • Die wenner, is eintlik die verloorder;
  • Die verloorder, is die wenner (al is dit eers in die ander wêreld);
  • Die een wat sy lewe wou wen, verloor dit, en die een wat dit gee, wen dit;
  • Die een wat lyk of hy die mag het, het dit nie regtig nie; die magtelose meisie het eintlik die hef in die hand.

Hoekom die fliek vir my swaar was:

  • Dis baie effektief.  Die simboliek in die “fantasie” wat eintlik parallel loop met die “realiteit” is baie grafies.  Mens raak meer ontsteld oor geweld, magslus, disrespek, ignorance, seksisme, inhaligheid.
  • Die kleure is donker.
  • Die powerplay is ontstellend.

Maar ek herkou oor iets, veral sedert hierdie fliek.

Daar is ‘n interplay tussen die twee wêrelde in die storie.  Wanneer Ofelia doodgaan in die een lewe, keer sy eintlik terug na die ander wêreld – met n triomftog a la Jesus in 1 Pet. 3:18-22.  Hierdie selfde verse reken dat jy kan uithou en aanhou, omdat daar vir jou in ‘n ander wêreld vir jou ‘n tuiskoms wag.

Veronderstel dat daar in Pan’s Labyrinth nie ‘n ander wêreld was nie.  Dat sy net daar op daai grys klip doodgaan.  En dan is die storie klaar.  Het sy steeds “gewen”? (Die prag is natuurlik dat sy nie geweet het wat gaan daarna gebeur nie.)

Vragie vir jou, leser, en antwoord asb sommer net wat eerste by jou gedagtes opkom:

Is dit moontlik om eg te leef in die hier en die nou, terwyl jy bewus is van ‘n “destiny” wat wag?  Hoe is die interplay tussen die twee?  Is daar?