Archive for December, 2007

17
Dec
07

Stille Wag

Ek dink ek gaan die volgende paar weke bietjie minder blog.  Vir die volgende gereelde lesers, my beste wense vir 2008: (in volgorde van laaste commentators eerste)

Bertus!, dankie vir jou droe humorsin en onverdraagsaamheid teenoor onverdraagsaamheid.  Jy is baie lief vir jouself, maar toemaar, ons ook vir jou.  En om vir jouself lief te wees, maak baie ruimte om lief te wees vir ander en die diertjies.

Attie, vir jou pastorskap wat nie patronise nie.  En dis eg.  Dankie.

Machiel, vir jou heads on opinie oor flieks en eerlike nuuskierigheid oor wat ek dink.

Kat, vir jou halstarrige commitment aan groeigeleenthede.  Vriendskap met vlerke.

Tigerlily, ek ken jou nog nie lank nie, maar dankie vir jou vars bries.

Maeree, dankie vir die feit dat jy inderdaad omgee.

Hugo, jy laat my kop spin… dankie vir jou ingesteldheid om mense te wil verstaan (jouself ingesluit)

Amanda, vir die insig in die Amerikaners wat jy ons bring, en vir Afrikaanse pret oor die oseaan heen.

George Maru, sjoe, dankie vir jou rivier sonder end.  Dis seker baie voorbarig van my om so iets van enigiemand te durf se, maar my gevoel is dat Fowler jou sou plaas by Stage 6 van Faith Development.  Moenie my vra hoekom ek so dink nie.

Sonkind, jy het die regte naam gekies.

Platterfuss, jy kry dit reg om bitterlik snaaks te wees en terselfdertyd ‘n klomp waarhede oor ons uit te breek.  En en en! :-)

Kruidjieroermynie, dankie dat ons maar MAG roer.  Nie almal laat toe dat daar aan hulle gevat word nie, maar jy doen dit.  Thanx.

Idiwidi, wow, ek kyk nuut na my wereld om my.  Jy het bygedra.

Pienk Zuit, jy is die snaaksste rocket scientist op aarde.  Jy s^e goed eenvoudig, terwyl dit ‘n mens baie breinwerk kos om daar uit te kom.  Dis lekker.

Carien, ons praat min met mekaar, maar ons neem kennis!  Dankie dat jy die lewe met verwondering geniet en ons saamnooi.

Jo-Ann Schou, jys ‘n legende.  Kan ons iewers vir jou stem?

RMB, ons mis jou.  BLOG NOU!

Lammervanger, jy het haar toe gevang.  Geluk.

Rightsaidreverend, hou aan om reg te s^e.  Ek lees graag :-)

Johan Swarts, jy hou my lekker op hoogte van nuwe trends.  Vertel ons tog asb. net iewers in 2008 wat de hel beteken 0wnz0rs.  En 1337.

Ons verander weer saam die wereld in 2008.  DV.  En as ek wil.

11
Dec
07

Golden Compass

golden compass

Die persoon wat my aangegryp het, is Ma Costa.

Lank gaan die heersende sisteem van die dag net aan en aan.  Min sien kans om daarteen op te staan.  Maar daar is tog ‘n profesie oor ‘n kind wat op pad is:

“Fra Pavel: Are you familiar with the Prophecy of the Witches?
Marisa Coulter: You think she is that child? She must be found.”

Ma Costa en die ander Gyptians byt vas.  Eendag is eendag, dan sal die mag van die verdrukker verbreek word.  En dan gebeur dit.  Sy kry die kans om die kind te aanskou.  “I am so glad I could live until this day. I’m ready to die now,” jubel sy, en my hart jubel saam.

Die kind kom om vryheid en waarheid te bring.

Aan al die Ma Costa’s van die aardbol, dankie vir julle geduld en julle gewag.  Soms is julle selfs onder die groot manne te vinde (a la Simeon, Lukas 2:28-32).  En ek weet die evangelie van Lyra stuur af op God wat doodgaan in die derde boek, maar then again, het Matteus, Markus, Lukas en Johannes ook dit reeds vir ons vertel.

Ns.: Moet bieg,  het ‘n rukkie gevat om agter te kom James Bond feature in die fliek. Tweedens, Nicole Kidman is nog mooier as wat ek onthou het, al is haar siel ‘n regte aap. Derdens: “Cool” ysbere.

05
Dec
07

as it is in heaven (3)

as it is

Vrees en hoop.

Die een blokkeer liefde, want jy is BANG jy verloor dit weer. Die ander een ontsluit jou eie stem, maak jou oop om liefde te kan hê.

So om lief te hê, stel jou bloot. Dis ‘n vulnerability wat sê: “Hier is ek. Ek word deel van jou, al loop ek die risiko om jou weer te verloor.”

Die mense wat by ‘n begrafnis die hartseerste is, is die mense wat die liefste gehad het. Maar die alternatief is erger.

Ek dobber tussen vrees en hoop. Soms bang om voluit te leef, voluit lief te hê, voluit te sing. Wil dit nie weer verloor nie.

Moontlike teks: Romeine 5:5.

Ns.: Is daar ‘n verband tussen die fliek As it is in Heaven met die temalied: “Gabriella’s song”, en die fliek The Mission met die theme song “On earth as it is in heaven” waarin “Gabriel’s Oboe” as musikale tema voorkom? Toevalligheid? Asprisgeid? Is daar iets wat ek mis? Of hardloop my verbeelding te ver?

01
Dec
07

indigo children

indigo-child.jpg

Ja, ja, ek weet. Dit was nou eintlik tyd vir ‘n movie post. Maar ek wil graag weet:

Is hier dalk enigiemand wat hom/haarself beskou as ‘n Indigo Child? Vertel ons asb. daarvan en hoekom jy so dink. Of miskien ken jy so iemand. Ons wag om van jou te hoor… Maar jy weet dit seker reeds.