Archive for November 11th, 2007

11
Nov
07

krities oor kritiek

Voor ek nou enige fliek wil bespreek, het ek besluit dis nou eers my beurt om gal te braak.   Juis hieroor: Galbraak.

Wat het van balans in hierdie lewe geword?

Ek is sommer geirriteerd oor die feit dat ek min mense hoor wat positief en negatief gelyk wil hanteer.  Oor ‘n spesifieke saak, is alles sommer net fantasties, of alles is sommer net aaklig.  Dit het wel die inding geword om geweldig (lees: moerse) krities te wees oor enigiets.  As jy kan uitstaan met jou opinie, is dit omdat jy dit reggekry het om met die regte byvoeglike naamwoorde en tussenwerpsels iets af te skiet as totale gemors.  Veral as dit iets is waarmee klomp ander mense tevrede is.  (Nee, ek verwys nou nie hier na Zuit se post oor plastiek klompe nie).

Ek vat lankal nie meer die ouens ernstig op wat met mening eenvoudig MOET verskil van die status quo nie.  Ek self is dikwels geirriteerd met die status quo, maar hel, is ALLES dan sleg?

Hoekom moet ons alles tot op die been en tot in die murg dissekteer om al die vrot kolle uit te snuffel?  Ja, dit is daar.  Altyd.  Maar is dit al?

(Ek onthou op universiteit het jy meer punte gekry as jy die vrot kolle kon uitwys en aangaan en aangaan daaroor.  Ek verkies om die universiteit vd lewe ietwat anders in te span.)

Nagedagte: Ek wonder wel: Het hierdie neiging om harder te moet moan gekom weens die feit dat mense net nie meer na mekaar luister nie?