Vandag is ek weer lus vir die lewe. Ek het gisteraand As it is in Heaven gekyk. En ek is amper te bang om enigiets te sê.
“Everything begins with listening”.
So begin die fliek ook met die geluid van singende koringkore. Dit eindig ook daar (a la Gladiator).
Wat luister jy?
Na musiek wat reeds daar is. Dis oral. Die uitdaging is: Vind jou eie “core”. Soos ‘n stemvurkie het jy jou eie stem. Kry dit. Maar dan moet jy kan luister.
Sommige karakters luister vanself. Snaaks genoeg, dis die verstandelik gestremde Tore wat reeds sy innerlike stem ken. Danksy hom eindig die fliek op ‘n “hoë noot”. Ander karakters ontdek nooit in die fliek hul eie stem nie. Soos ‘n fietsryer wat nie self kan fietsry nie, het hulle ander nodig om hulle regop te hou: Die patetiese predikant wat ‘n hele gemeente vol nodig het, of Conny wat sy vrou as ‘n dromstel gebruik.
Daniel is die messias wat op die dorpie aankom. Hy word “gekruisig”, want mense is bang vir dit wat hy in ander wakker maak. “I am afraid of it. It is too much.” Dis eintlik hierdie vrees wat emosionele en physical abuse aan die gang hou.
Ontdek die innerlike stem, en jy hoor hoe dit resoneer met die ander stemme om jou.
Maar ek is nog ‘n bietjie bang.
Luister na die temalied, Gabriella’s Song hier:
En loop lees gerus hierdie post. Dis vandag se saamgesels-teks deur ‘n medeblogger. Uittreksel:
“‘n Vreemde gedagte, maar een wat skielik sin gemaak het toe ek afkom op die oorsprong van die woord Cantare. Dit is die Latynse woord vir sing. Die oorspronklike betekenis van cantare was “om te toor” of “om gesond te maak.” En die woord Carmen wat hiervan afgelei is, is die Latynse woord vir gedig. Die oorspronklike betekenis van Carmen was “towerformule.” ’n Cantor was dus iemand wat gesond gemaak het met klanke en musiek.”

ek hoop ek kan dit hier te siene kry!!!