Archive for Oktober, 2007

29
Oct
07

300

Terwyl Bertus! so ontevrede is met chick flicks en graag kategoriee uitdeel, kom ons gesels bietjie oor een van die beste komedies wat in die laaste jaar uitgekom het:

300

Komedie is nie regtig my gunsteling genre nie, maar ek moet toegee, ek het letterlik geskree van die lag vir hierdie uitstekende een. Hierdie is ‘n movie waar 7de Laan kan kom leer van satire, melodrama en oordaad. Snaaks dat die video-winkel dit onder die kategorie van “Adventure” geplaas het… Ek meen, waar’t jy nou gesien dat in ‘n wilde samelewing met alle fokus op trots en fisieke krag die pappas hulle seuntjies soentjies gee na ‘n bloedige geveg. UITSTEKEND! Nie eers Casper de Vries kry sulke funny paradokse in sy shows ingewerk nie.

Ek wil tog graag vashaak by die verbeterde werklikheid van die gebeure. Ek dink nie ek was teenwoordige met die groot veldslag nie, maar in die fliek was dit tog asemrowend om te sien hoe:

* Fantastiese Lord of the Rings-tipe wesens figureer
* Bloeddorstige soldate enduit in pragtige rooi drapeersels rondwandel
* Xerxes in ‘n buitewereldse stem sy voorliefde vir BDSM aantoon
* Die koning se verkragte vrou mooitjies liberated en skerp die mes in die oortreder se pensie druk en uiter: “This is going to be slow, and you’re not gonna enjoy it.”

Dis nie net hierdie fliek wat die gewone lewe wil ophef na meer as wat dit is nie. Dis met baie goed so. I mean, kyk hoe fantasties lyk die pasta op jou Fatti’s & Moni’s se boksie. Maar haal dit uit daai boksie, en jy sien dis gewone gedroogte deeg. Gaan kyk na Wikipedia se prentjie van Thermopylae waar die geveg plaasgevind het, en jy sien ‘n gewone ou vlaktetjie tussen die berge. Ons hemel goete op om meer te wees as wat dit is. Ons maak van alles CV’s (verbeterde weergawes), omdat die gewone lewe heeltemal te gewoon is om te hanteer.

Why?

25
Oct
07

De Gogelaar

Op elke balletjie staan ‘n groepie mense en skree vir diegene op die ander balletjies. Maar die blouballetjie-bevolking verstaan nie die rooibal-roekeloses nie. So hulle skree al hoe harder vir mekaar. Die groen-balletjie-groepie is nader aan die blou-bevolking, en praat soms saam op RSG, maar is ander kere gillend aan’t verskil.

balletjies

Dis baie uitputtend om brugbouer te wees. Elke balletjie dink jy bly op ‘n ander een.

strandbal

24
Oct
07

As it is in Heaven (Deel 2)

As it is in heaven fiets

“My dream is to open peoples’ hearts through music”.

Een van die goed waarmee die fliek mens tref, is eenvoud.

‘n Klein plattelandse kerkkoortjie met gewone mensies wat mooierig sing.
Die pret van ‘n fietsrit.
Wanneer die koortjie by die dorpsfees sing, wil jy amper giggel oor die naiwiteit van die gesigte en die blomme agter die ore.
By die romanse-hoogtepunt, begin sulke amper cheezy musiek speel. Maar dit word gesing deur die een vrouekarakter self, en jy weet dit. Maar dit werk, want dis sommer net eerlik en eg.

En aan die einde van die fliek, verwag jy ‘n groot fanfariese hoogtepunt in die Oostenrykse ouditorium. Maar dit kom nie. In musiekterme gebeur ‘n gewonerige ding. In menslike terme gebeur ‘n wonderwerk. Hulle harte gaan oop deur die musiek.

Ek soek nog soms die vervulling van my drome in groot fanfares en asemrowende suksesse. Maar ek dink dis wanneer ek nie regtig in touch is met my eie drome nie. Gewone lewe is nie gewoon nie.

Die koninkryk het naby gekom. Lees gerus Mat. 18:1-5.

23
Oct
07

As it is in Heaven

As it is in Heaven

Vandag is ek weer lus vir die lewe. Ek het gisteraand As it is in Heaven gekyk. En ek is amper te bang om enigiets te sê.

“Everything begins with listening”.

So begin die fliek ook met die geluid van singende koringkore. Dit eindig ook daar (a la Gladiator).

Wat luister jy?

Na musiek wat reeds daar is. Dis oral. Die uitdaging is: Vind jou eie “core”. Soos ‘n stemvurkie het jy jou eie stem. Kry dit. Maar dan moet jy kan luister.

Sommige karakters luister vanself. Snaaks genoeg, dis die verstandelik gestremde Tore wat reeds sy innerlike stem ken. Danksy hom eindig die fliek op ‘n “hoë noot”. Ander karakters ontdek nooit in die fliek hul eie stem nie. Soos ‘n fietsryer wat nie self kan fietsry nie, het hulle ander nodig om hulle regop te hou: Die patetiese predikant wat ‘n hele gemeente vol nodig het, of Conny wat sy vrou as ‘n dromstel gebruik.

Daniel is die messias wat op die dorpie aankom. Hy word “gekruisig”, want mense is bang vir dit wat hy in ander wakker maak. “I am afraid of it. It is too much.” Dis eintlik hierdie vrees wat emosionele en physical abuse aan die gang hou.

Ontdek die innerlike stem, en jy hoor hoe dit resoneer met die ander stemme om jou.

Maar ek is nog ‘n bietjie bang.

Luister na die temalied, Gabriella’s Song hier:

En loop lees gerus hierdie post. Dis vandag se saamgesels-teks deur ‘n medeblogger.  Uittreksel:

“‘n Vreemde gedagte, maar een wat skielik sin gemaak het toe ek afkom op die oorsprong van die woord Cantare. Dit is die Latynse woord vir sing. Die oorspronklike betekenis van cantare was “om te toor” of “om gesond te maak.” En die woord Carmen wat hiervan afgelei is, is die Latynse woord vir gedig. Die oorspronklike betekenis van Carmen was “towerformule.” ’n Cantor was dus iemand wat gesond gemaak het met klanke en musiek.”

10
Oct
07

Music & Lyrics


(Hierdie post is eintlik vir Freddy homself. Then again: is daar enige skrywer wat nie vir homself skryf nie?)

Van al die Drew Barrymore-rolle, hou ek slegs van haar rol wat sy in ET gespeel het. Dis die enigste ene waarvan ek weet dat sy nie praat asof ‘n beechie aan haar verhemelte vassit nie, en sy word nie so erg histeries en handgebaar-gemeen nie.

Ek kan nou nie juis dieselfde vertel van Hugh Grant nie. Hy het immers nie in ET gespeel nie.

Maar nou, ‘n paar weke sedert ek hierdie fliek gesien het (en myself slap gelag het vir Pet Shop Boys en Wham! wat ek in die gespot herken), raak ek verbouereerd oor die fliek.

Want daardie gesukkel van Alex Fletcher ego in my eie dagboek.

Hy was ‘n hit op sy tyd. Jy sien kort-kort skares juig by sy optredes, maar dis klein groepies mense wat maar net vaskleef aan wat verby is. Dan kry hy die geleentheid om ‘n lied te skryf en saam te sing met ‘n pop-diva’tjie. Sy is die hit van die oomblik, en maak orgasmiese musiek (no pun intended, dit verwys eksplisiet slegs na seks). Alex Fletcher (aldus Jessica met selle van) het nou egter ‘n raaisel om op te los: Hoe maak jy ‘n nuwe hit met jou eie “tradisie”, maar dit val in die smaak van die Popmeisie van die Oomblik?

Want sien, ek het ook ‘n jubelende skare voor my. Maar daar is ‘n gap tussen hierdie skare en die res van die “huidige wereld”. Alex Fletcher het besef sy styl moet aanpas. Maar hoe?

Dis waar Drew Barrymore toe inkom met haar plantwassery. Al blaarvrywende poets sy sommer gou-gou nuwe lirieke uit. (Hoewel dit seer klink uit haar mond.) Onpretensieus. Eerlik. Plain.

In die connection tussen die twee mense trou die musiek en die lirieke met mekaar. ‘n Nuwe song word hieruit gebore, en Popmeisie van die Oomblik is in ekstase hieroor. Vir die eerste keer in 20 jaar luister die mense weer na Alex Fletcher wanneer hy sing. Dis nie meer 80’s nie. Dis wel steeds Alex Fletcher se musiek. (As dit ‘n Oprah-show was, was dit die moment waar almal in die gehoor uitroep: Aaawwwwwww! In die kerk sit jy dan net die “-men” by.)

Alles te danke aan daardie eerlike connection.

Ek weet nou nie of Alex Fletcher se fans so opgewonde was oor sy versaking van die ou weg nie. Maar die musiek in sy bloed het nie verander nie. Wel die mate van eerlikheid en “realness” van die lied.

Uittreksel:

Since I met you, my whole life has changed
It’s not just my furniture you’ve rearranged
I was living in the past, but somehow you’ve brought me back
And I haven’t felt like this since before Frankie said, relax

And though I know
Based on my track record
I might not seem like the safest bet
All I’m asking you is
Don’t write me off just yet

Moontlike saamgesels-teks: 1 Kor. 9:19-23.

Dis nie die lamp se lig wat verander nie, maar wel die dinge waarop dit skyn.

Ns.: As jy nou nog nie weet wie is Jessica Fletcher nie, dink aan Maandae-aande 20 jaar gelede 19:00, Murder She Wrote.

03
Oct
07

Children of a Lesser God


Sekere vorme van doofheid is onverskoonbaar.