Archive for September, 2007

29
Sep
07

Brother Son, Sister Moon

Grampa

The old man must have stopped our car two dozen times to climb out and gather into his hands the small toads blinded by our lights and leaping, live drops of rain.
The rain was falling, a mist about his white hair and I kept saying you can’t save them all, accept it, get back in we’ve got places to go.
But leathery hands full of wet brown life, knee deep in the summer roadside grass, he just smiled and said they have places to go to too.
-Joseph Bruchac

20
Sep
07

The Lost World



Hiermee die redes hoekom ek lanklaas ‘n post gedoen het.

Ek kon, maar ek was regtig egtig nie lus nie.

10
Sep
07

Oor Noag

My vierjarige seuntjie reken hy is alwetend. Hy vertel dit in soveel woorde. Soms vra hy iets, en as jy hom die inligting voorsien, antwoord hy: “O ja. Ek weet nog steeds alles, ek het net bietjie van DIT vergeet.”

Gisteraand moet ek vir hom ‘n Bybelstorie lees. Die kinderverhaalweergawe van Noag en die ark. Teen die einde, lees ek toe: “God het toe ‘n reenboog geverf. So iets sou nooit weer gebeur nie.”

Ek lees verder. Doen die gebedjie ding. Maar hy onderbreek die gebed halfpad.

“Nee,” protesteer hy, “dis nie eintlik so nie. Daar was klaar ‘n reenboog. Want eintlik, as ‘n mens met ‘n boot gaan ry, dan sien jy mos ‘n reenboog.”

Ek vrek oor my kind se geloof.