24
Aug
07

Bourne Ultimatum


“I remember everything.”

Ons sien hoe het dit gebeur dat Jason Bourne hy geword het. Maar Jason Bourne wil weer terug na wat was. Of eerder, wie hy eintlik is.

Vasgevang in ‘n lyf en ‘n persoonlikheid wat nie ooreenstem met sy oorspronklike bestaan nie, spring, val, vlieg en jaag hy van dak tot dak om uit die tronksel genaamd Bourne te ontvlug. Ek wonder wanneer hy kans gekry het om te piepie, want ek kon nie ‘n sekonde mis om noodverligting te doen nie.

Hoe het hy Jason Bourne geword? Hy het daarvoor gekies. Maar dis dikwels eers agterna wat ons agterkom hoe ons verkeerde keuses ons in dodelike geheime agente verander het. En dan, op ‘n dag, kom die skok: Dit was al die tyd ek.

Dalk is ek bietjie te moedswillig, maar ek het opgelet dat:

  • Jason Bourne kies teen sy huidige identiteit, vir dit wie hy eerder wil wees.
  • Hy konfronteer dan nie net die agent wat hom wil doodskiet nie, maar ook vir my: Weet jy ooit hoekom jy doen wat jy doen? (Vasgevang in jou eie vorige keuses.)
  • Onmiddellik daarna spring hy tot sy oënskynlike dood.
  • Hy verdwyn onder water.
  • Ons sien hoe Jason Bourne onder water “sterf”.
  • Na hierdie doop, begin David Webb swem.
  • En die TV-verslaggewer verkondig dat hulle na DRIE DAE tot die gevolgtrekking gekom het dat Jason Bourne weg is.

My rugspiere is vandag styf.

Moontlike teks: Matteus 10:39 “Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.”


9 Responses to “Bourne Ultimatum”


  1. 1 Bertus!
    Augustus 25, 2007 at 5:47 nm

    Daai fliek is eintlik vier high speed chase scenes met interludes van so twee minute elk tussen-in. Nie dat ek kla nie . . .

  2. 2 idiwidi
    Augustus 26, 2007 at 2:46 nm

    My kaartjie is gebook vir Woensdagaand… ek gaan probeer vergeet wat Bertus gesE het.

  3. 3 Bertus!
    Augustus 26, 2007 at 8:15 nm

    Hei Idiwidi
    Bertus! het nie gekla nie. Ek het gedink dit was ‘n great fliek.

  4. 4 Freddy
    Augustus 27, 2007 at 6:21 vm

    Wat my nou laat wonder: Obviously het hierdie blog gereeld spoilers van movies. Behoort ek te waarsku wanneer dit gebeur, of aanvaar lesers maar dat ek dalk belangrike gedeeltes van die fliek kan weggee?

  5. 5 maeree
    Augustus 27, 2007 at 8:09 vm

    ons aanvaar jou so.
    ek’t gedink die gejaag na niks is boring.
    nou besef ek dit was ‘n reis na die doop en heroorweeg ek my oordeel.

  6. 6 machiel
    September 21, 2007 at 1:31 nm

    Ek het afgelope Woensdagaand die eerste helfte van die fliek gesien. Ek het toe maar afgesit, want dit was te deurmekaar. Ek sal hierdie naweek verder kyk.

    Was dit deurmekaar, of was ek net te moeg om genoeg te konsentreer om te sien waarom hierdie fliek as so briljant beskryf word…?

  7. 7 Freddy
    September 21, 2007 at 2:26 nm

    Waar het jy gelees dat die fliek briljant is?

    Dit is uitgerekte jaagtogte, so jy was waarskynlik te moeg ook daarvoor.

  8. 8 machiel
    September 26, 2007 at 11:49 vm

    IMDB, om maar een te noem. Hy is 93ste op die top 250. Ek het nog steeds nie krag gehad om die tweede helfte te kyk nie…

  9. Oktober 29, 2007 at 4:29 nm

    Ek het nogal gedink dis ‘n baie goeie fliek.


Leave a Reply