Archive for Junie, 2007
Meet Joe Black
Bridge to Terabithia
“Children are our finest teachers. They already know how to grow, how to develop, how to learn, how to expand and discover, how to feel, laugh and cry and get mad, what is right for them and what is not right for them, what they need. They already know how to love and be joyful and live life to its fullest, to work and to be strong and full of energy. If only we didn’t get in their way.” Aldus Violet Oaklander.
In hierdie fliek is die brug in die genoemde titel ‘n plek waar jy oorgaan na ‘n ander wêreld. As’t ware ‘n ontsnapping van realiteit. (Sien ook die post by Amelie en Life is Beautiful).
Of is dit?
Vir eers is die vreemde karakters in die onvlugtingswoud vreemd en ver. Dit is te onwerklik vir woorde. En jy sien dit word die plek waar die twee kinders ontsnap uit moeilike skool-omstandighede en, vir die een, ‘n moeilike huis.
Maar mettertyd herken jy die vreemde karakters as eg. Dit is eintlik mense van hulle real life wat as towerkarakters in Terabithia voortbestaan. Dis nogal great om die ver-af monster kort-kort te sien. En soos wat die seun se verhouding met sy pa verbeter, kom die monster telkens nader en nader. Totdat die verhouding herstel en die monster verdwyn.
Ek het hierdie film terdeë geniet. Jy sien heelwording plaasvind in die kinders se droomwêreld.
Ironies dat die meisie sterf presies op die plek waar die brug na Terabithia is.
Maar ek hou daarvan so. Terabithia bly voortbestaan vir die seun. Dit is waar hy ook heel word van sy verlies. Hy bou selfs ‘n sterk brug na die towerbos vir sy sussie.
Ek soek na twee goed in my eie lewe n.a.v. hierdie eenvoudige fliek.
1. Vertroue in my eie ontvangde kreatiewe krag om die werklikheid te verstaan en sin daaruit te maak.
2. Ek wil ook sulke brûe help bou vir ander mense; diegene wat vasgeval sit.
Moontlike teks: Jesaja 44:1-5. Dis ‘n droomteks vir mense wat nie meer wou roer nie. Die “imagery” van die wilgerbome langs waterlope laat my ook dink aan die fliek.
Fracture
Dit voel of ek stadig besig is om wakker te word na ‘n lang, ongemaklike slaap.
Dit is te danke aan ‘n werkswinkel wat ek verlede week bygewoon het deur die skrywer van hierdie boek:

Sedertdien bestudeer ek die boek, en dit maak soveel sin.
Snaaks genoeg, die dag voor die werkswinkel was ek aan’t fliek kyk. En die raakpunte tussen die boek en die fliek is glashelder.
Fracture wys ons dat almal eintlik maar onvolmaakthede het. Ons hou van sukses en beter-wees-as-ander (soos in meer bekwaam).
In die storie is die yuppie-prokureur besig met sy opbloeiende loopbaan. Die moordenaar verkies hom in die hof. Hoekom? Oor sy bepaalde “fracture”. “And what is mine?” wil hy weet. Die moordenaar glimlag. “Winning.” Die prokureur skud sy kop. Hoe kan “winning” ‘n onvomaaktheid wees?
Dit openbaar die fliek.
Op ‘n plek sien ons die moordenaar met een van sy oulike speelgoed. Dis ‘n komplekse konstruksie wat albasters laat rondrol in spesifieke patrone. Die konstruksie het een klein foutjie in en die albaster ontspoor. Wat jy sien, LYK volmaak, maar dit is toe nie.
Dis waaroor Luister na die Lig gaan. Die teorie is dat ons van kleins af voorwaardelike liefde ervaar. Ons split ons “self” in twee. (Van nou af gebruik ek Fracture-taal.) Die een self met die fractures word onderdruk, weggesteek. Die ander een, Winner, word opgeblaas. Ons wys net wat beloon word. Ons ontken waarvan die wêreld nie hou nie. In die proses begin selfhaat om die split in stand te hou. Maar tog ontspoor die albaster.
Fracture konfronteer ons met ons eie onvolmaakthede. Luister na die Lig nooi ons om hierdie onvolmaakthede te embrace en jouself lief te hê.
Hoekom?
Want eers dan is jy in staat om werklik lief te hê.
Moontlike teks: Efesiërs 2:13-22 gaan eintlik oor twee soorte mense. Maar ek sien dit ook as ‘n teks wat my eie storie vertel van twee selwe wat in Christus verenig is. Die een is ‘n aanvaarbare ekke, wat ‘n goeie dominee is, wat nice blogs skryf, wat sy woord goed kan doen, ordentlik en slim is en weet hoe om kinders op te psyche. Die ander een is die onaanvaarbare ekke, wat selfgesentreerd is, wat soms jok om goed te lyk, wat moeg raak vir mense, wat strukture wil afbreek. (Sorry, overshare. Maar sien, ek sê sorry omdat ek veronderstel is om net die goeie deel te wys.)
Wat is jou goeie deel en slegte deel? Maak dit sin dat dit verenig kan word? Is jy (1) bewus van jou fracture en (2) kan jy dit embrace?
Rondloper
Ek loop ook hierdie week rond. Op ‘n konferensie waar teologie en sielkunde hande vat. Nee, dis nie die sinode nie.

